Brande suid van Etosha-pan is beheerde brande

Loading player...
Meer inligting is bekend rakende die brande wat laat Woensdag suidoos van die pan in Etosha Nasionale Park waargeneem is. Kosmos 94.1 Nuus het by die omgewingsministerie aangeklop en die woordvoerder Vilho Hangula het die publiek verseker dat daar geen rede tot kommer is nie. Hy bevestig dat dit beheerde brande is wat deur die ministerie uitgevoer word as deel van voorbereidings vir die komende veldbrandseisoen.
18 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamPol, forum het dronkbestuur in die visier

Namibië Brouerye, die Namibië Padveiligheidsforum en die Namibiese Polisie het vandag die Bestuur Onder die Invloed Assessering- en Afdwingingsprogram van stapel gestuur. Die gesamentlike inisiatief is daarop gemik om 'n betroubare, datagedrewe beeld te skep van alkohol se impak op bestuurdersgedrag en padveiligheid in Namibië. Hoof van NamPol se verkeerswetstoepassing,…
18 Jun 10AM 1 min

Blywende versoening benodig erkenning, respek: NNN oor slawerny

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanmiddag haar hooftoespraak gelewer in Accra, Ghana by die hoëvlakkonferensie oor die volgende stappe tot die belangrike VN-resolusie oor die trans-Atlantiese handel in Afrika-slawe. Nandi-Ndaitwah sê hoewel dit 'n lang reis was, gaan Namibië voort om te pleit vir 'n omvattende en beginselvaste benadering tot die…
18 Jun 10AM 1 min

Raad van Kerke pleit vir gedienste erwe

Die Namibiese Raad van Kerke dring aan op dringende en gekoördineerde optrede om 'n verergerende behuisings- en sanitasiekrisis wat duisende gesinne reg oor die land raak, aan te spreek. Terwyl die regering se verklaring van die krisis as 'n nasionale ramp verwelkom word, sê Uhuru Dempers, sosio-ekonomiese beleidsadviseur by die…
18 Jun 10AM 1 min

Etosha Fishing-werkers pleit vir sardynkwota

Meer as 430 poste by Etosha Fishing Corporation is in gevaar en werkers en hul vakbond versoek die regering om dringend sardynkwotas aan die maatskappy toe te ken. Die groep, gelei deur die Mynbou-, Metaal-, Maritieme en Konstruksiewerkersunie, het van Walvisbaai gereis en vanoggend 'n petisie by die lynministerie se…
18 Jun 9AM 1 min

Bafana-afrigter kap na sosiale media-kritici

Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê hy sal dinge steeds op sy manier doen en steur hom nie aan die onsin oor hom op sosiale media nie. Suid-Afrika gaan vandag teen die Tsjeggiese Republiek probeer om sy Wêreldbeker-veldtog reg te ruk. Broos het onder hewige kritiek deurgeloop na…
18 Jun 9AM 1 min