
34 000 SA werklose gekwalifiseerdes opgelei vir kiesersregistrasie
Loading player...
Die Verkiesingskommissie het 48-duisend-212 personeellede aangestel en opgelei om die komende naweek se spesiale kieserregistrasieproses te ondersteun. Uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het bevestig ongeveer 34-duisend van hulle is werkloos, maar gekwalifiseerd. Hy beklemtoon die rol wat verkiesingsbedrywighede speel om tydelike werk en waardevolle vaardigheidsontwikkelingsgeleenthede te skep. Mamabolo sê 37-duisend aangesteldes is vroue:

