
Vance verdedig ooreenkoms met Iran
Loading player...
Internasionaal en Iran se opperleier, Mojtaba Khamenei, het in 'n boodskap op staatsmedia gesê hy het aanvanklik nie met die memorandum van verstandhouding wat met die VSA onderteken is saamgestem nie. Hy het egter toestemming daarvoor gegee na versekerings van die Iranse president dat die land se regte en die belange van die “Weerstandfront” beskerm sal word. Intussen het Amerika bevestig dat die blokkade van Iranse hawens gelig is. Amerikaanse visepresident JD Vance het die ooreenkoms aan Amerikaners verdedig.

