
Veldbrande: Grondeienaars moet voorberei
Loading player...
Nes plaaslik is brande ook 'n risiko in Suid-Afrika. AfriForum sê grondeienaars, boere en gemeenskappe moet voorberei vir 'n moontlike strawwe winterveldbrandseisoen. Die waarskuwing volg na 'n vooruitsig deur die nasionale rampbestuursentrum wat 'n hoë brandrisiko in dele van Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Gauteng, Limpopo en Noordwes toon as gevolg van warm, droë en winderige toestande. Tarien Cooks van AfriForum sê bogemiddelde temperature, sterk wind, digte plantegroei en moontlike El Niño-toestande kan die risiko van vinnig verspreidende veldbrande in die komende maande verhoog:

