
Bibbernaweek lê voor vir Namibiërs
Loading player...
Die land sal die naweek buitengewoon koue en nat toestande ervaar, gedryf deur 'n intense afsny-laedrukstelsel langs die kus. Die Namibiese Meteorologiese Diens se voorspeller, Albertina Anderson, sê swaar donderbuie en kitsvloede word in die suidelike streke verwag, terwyl die sentrale en oostelike dele geïsoleerde buie en skerp, ysige winde sal sien.

