Dinsdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

Loading player...
SPREUKE 1
1Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel.
2Dié spreuke is bedoel
om mense wysheid te leer en hulle te onderrig
sodat hulle sal weet
wanneer iemand verstandig praat.
3So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid.
4Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word,
jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree.
5Selfs wyse mense kan na die spreuke luister
en so tot dieper insig kom.
Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer
6om spreuke en sinspelings,
woorde en raaisels van wyse mense te begryp.
7Kennis begin met die dien van die Here;
dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.
25 Aug 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Bergh Muller

LUKAS 15 Die gelykenis van die verlore skaap (Matt. 18:12-14) 1Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. 2Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.” 3Toe vertel Jesus vir…
30 Aug 1PM 20 min

Sondagoggend Erediens - Ds Bergh Muller

MATTEUS 18 'n Broer wat sondig (Luk. 17:3) 15“As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. 16Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat…
30 Aug 3AM 23 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

1 KORINTIËRS 15 22Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. 23Maar daar is 'n volgorde: die eersteling is Christus, daarna, by Christus se koms, dié wat aan Hom behoort. 24Daarna kom die einde, wanneer Hy die koningskap aan God die…
29 Aug 2AM 17 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

1 KORINTIËRS 6 15Weet julle nie dat julle liggaam deel is van Christus nie? Sal ek nou 'n deel van Christus neem en dit 'n deel van 'n ontugtige vrou maak? Beslis nie! 16Of weet julle nie dat iemand wat met 'n ontugtige vrou omgang het, liggaamlik een met haar…
28 Aug 2AM 17 min