Trump erken Iran-oorlog kan sy party in November-verkiesings benadeel

Loading player...
 President Donald Trump van Amerika erken dat die sewe maande lange oorlog teen Iran die Republikeinse Party se kanse in die November-middeltermyn-verkiesing kan belemmer. Hy het voorheen gewaarsku Teheran wil nie voor die verkiesing ʼn ooreenkoms bereik nie. Iran het onlangs ʼn skietstilstand van sewe dae voorgestel, en dat die Straat van Hormoes in fases heropen word. Amerika het ʼn teenaanbod gemaak wat Iran tans oorweeg. Trump het by ʼn Peterbilt-fabriek in Denton, Texas, gesê hulle sal die oorlog wen:  
2 Oct 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eskom se energie-beskikbaarheidsfaktor bereik ses-jaar-hoogtepunt

Eskom toon steeds bedryfsverbeterings in sy kragopwekkingsvloot, met sy energie-beskikbaarheidsfaktor op 68,2-persent tot dusver hierdie boekjaar, die hoogste vlak in ses jaar. Woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die prestasie weerspieël volgehoue bedryfsverbeterings en strukturele ingrypings wat op Eskom se kragopwekkingsvloot toegepas is. Mokwena sê Eskom se voortgesette fokus op bedryfsverbeterings sal…
12 Oct 4AM 1 min

Rivers International vra duidelikheid rondom Baynesdam-projek

OvaHimba- en OvaTjimba-gemeenskappe en die omgewingsorganisasie International Rivers doen 'n beroep op die Namibiese regering om te verduidelik waarom 4 miljard Namibiese dollar se finansiering vir transmissielyne gekoppel aan die voorgestelde Baynesdam goedgekeur is voordat omgewingsevaluerings en gemeenskapskonsultasies voltooi is. Hans-Christian Mahnke van International Rivers het aan Kosmos 94.1 Nuus…
12 Oct 4AM 1 min

DA bevraagteken Landbank-ondersoeker se moontlike botsende belange

Die DA dring aan op 'n onafhanklike ondersoek na 12 betwiste insolvente boedels wat deur die Landbank hanteer word, met moontlike botsende belange vir die ondersoeker Angelena Poole. Sy is een van twee persone wat aangestel is om die geskille te ondersoek en het verskeie bestaande professionele bande met die…
12 Oct 3AM 1 min

N$1,000 basiese inkomstetoelaag kan armoede verlig en werksgeleenthede skep

Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah steun 'n voorstel vir 'n basiese inkomstetoelaag en voer aan dat 'n maandelikse betaling van 1 000 Namibiese dollar kan help om armoede te verlig, klein besighede te ondersteun en toegang tot onderwys en gesondheidsorg te verbeter. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat…
12 Oct 3AM 1 min

Zuma se gesondheid mag nie in ‘n nasionale spektakel ontaard nie

Die Jacob Zuma-stigting veroordeel wat hy as "media-waansin" beskryf, en sê dit word aangeblaas deur gerugte, verkeerde inligting en meedoënlose openbare obsessie oor die voormalige president se gesondheid. Die 84-jarige Zuma word sedert verlede week by die Netcare St Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal behandel. Die stigting se woordvoerder Mzwanele Manyi…
12 Oct 3AM 1 min