
Zuma se gesondheid mag nie in ‘n nasionale spektakel ontaard nie
Loading player...
Die Jacob Zuma-stigting veroordeel wat hy as "media-waansin" beskryf, en sê dit word aangeblaas deur gerugte, verkeerde inligting en meedoënlose openbare obsessie oor die voormalige president se gesondheid. Die 84-jarige Zuma word sedert verlede week by die Netcare St Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal behandel. Die stigting se woordvoerder Mzwanele Manyi sê Zuma verdien dieselfde waardigheid, privaatheid en respek wat alle mense met 'n gesondheidsuitdaging verdien. Hy voeg by sy gesondheid behoort nie 'n geleentheid vir sensasie te wees nie:

