
Ballotti: Skoolhoofde moet verantwoording doen vir openbare en private fondse
Loading player...
Die adjunk-onderwysminister, Dino Ballotti, waarsku skoolhoofde en streekbeamptes om streng verantwoording te doen vir alle openbare en private fondse wat in jeugprogramme belê word. Hy sê dit sal help om beleggersvertroue te beskerm. Ballotti het daarop gewys dat streng finansiële aanspreeklikheid noodsaaklik is vir die voortsetting van korporatiewe vennootskappe soos die Namport-fonds vir maatskaplike belegging. Die adjunk-minister het tydens Namport se Maritieme Week openingseremonie gepraat en gesê die Namport-fonds het sedert 2006 reeds 82 miljoen Namibiese dollar aan onderwys- en jeuginisiatiewe bestee het.

