
ANC wil verlore ondersteuning voor plaaslike-regeringsverkiesing inhaal
Loading player...
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party werk hard om homself te vernuwe en verlore ondersteuning voor die plaaslike-regeringsverkiesing in te haal. Hy het Sondag by ʼn geleentheid in die Oos-Kaap gepraat. Die ANC se aandeel in die nasionale munisipale stemme het van 53,9-persent in 2016 tot 45,59-persent in 2021 gedaal. Mbalula het ook vertroue uitgespreek in hul saak teen die Verkiesingskommissie in die Konstitusionele Hof oor 181 van hul kandidate nie op die stembriewe is nie:

