
Handelsafvaardiging van Zimbabwe besoek Windhoek van 7 tot 9 Oktober
Loading player...
'n Handelsafvaardiging van Zimbabwe sal Windhoek van 7 tot 9 Oktober besoek, met ZimTrade wat poog om Zimbabwiese uitvoere na die Namibiese mark uit te brei. Besighede uit die landbou, onderwys, ingenieurswese, verbruikersgoedere, veevoer, tuinbou en logistiek-sektore gaan aan die verdagering bywoon. Namibië voer drinkgoed, sout en bevrore vis uit na Zimbabwe terwyl Zimbabwe elektrisiteit, farmaseutiese produkte, rou tabak en hout na Namibië uitvoer. Die Zimbabwiese ekonoom Eddie Cross sê egter die groter uitdaging sal wees om maniere te vind om meer gebalanseerde handel tussen die twee lande te ontwikkel, omdat Namibië se uitvoer-potensiaal na die Zimbabwiese mark beperk is:

