
Roux Cloete steek die vuur aan met splinternuwe enkelsnit "ZIPPO"
Loading player...
Na jare agter die skerms as die pen agter Afrikaanse treffers soos "Tekkies Brand" en "Haar Naam Was Somer", tree Roux Cloete nou self in die kollig met "ZIPPO" 'n nostalgiese blik op 'n liefde wat nooit heeltemal uitgewerk het nie. In hierdie onderhoud gesels hy oor die verhaal agter die liedjie, die simboliek van die Zippo-aansteker en hoekom sekere herinneringe bly hang soos rook in die lug lank nadat die vuur geblus is.





