
OVK verbind tot implementering van Konstitusionele Hof-beslissing oor ANC-kandidatelys
Loading player...
Die Verkiesingskommissie sê hy sal die Konstitusionele Hof se uitspraak implementeer, oor die ANC se 181 uitgeslote kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November. Die uitspraak volg na 'n regsgeding deur die ANC oor die indiening van sy lys. Die uitvoerende hoof van die kommissie, Sy Mamabolo, sê hulle sal meer besonderhede verskaf oor hoe die uitspraak geïmplementeer sal word sodra sy beoordelings afgehandel is. Hy voeg by voorbereidings vir die verkiesing is steeds 'n prioriteit:

