
Gee ANC nog 'n kans, pleit Ramaphosa
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het kiesers gevra om die ANC nog ’n kans te gee om te regeer. Hy het Saterdag ’n ANC-verkiesingsaamtrek in Polokwane, Limpopo, toegespreek in die aanloop tot Woensdag se plaaslike regeringsverkiesing. Ramaphosa het die party se prioriteite uiteengesit, waaronder werkskepping, die opgradering van water- en elektrisiteitsinfrastruktuur en die bekamping van misdaad, insluitend geslagsgebaseerde geweld en korrupsie. Hy het beklemtoon dat die ANC oor die nodige ervaring en vermoë beskik om sy beloftes oor dienslewering na te kom.

