
Gemiddelde Namibiër word al armer, sê IPC
Loading player...
Die jongste projeksies vir ekonomiese groei het kommer laat ontstaan oor die land se ekonomiese prestasie. Die IPC se skadu-handelminister, Rodney Cloete, sê dat die Bank van Namibië se groeivoorspelling van 2,1 persent vir vanjaar tekortskiet in vergelyking met die land se geraamde bevolkingsgroei van 3 persent. Dit beteken dat die ekonomie nie vinnig genoeg groei om lewenstandaarde te verbeter nie, wat daartoe lei dat die gemiddelde Namibiër in werklikheid armer word.

