
BKS: Kapana-verkopers het dringend hulp nodig
Loading player...
Die Republikeinse Party doen 'n beroep op die instelling van 'n dringende hulpfonds van 10 miljoen Namibiese dollar vir kapana-verkopers en informele vleishandelaars wat deur beperkings weens bek-en-klouseer lamgelê is. Met die voorstel vir hierdie fonds het Mathias Mbundu beklemtoon dat die hele landbouketting – van boere tot plaaslike vleisverkopers – ernstig bedreig word. Hy het daarop aangedring dat plaaslike owerhede betrek word by die uitrolmeganismes om deursigtige en regverdige verspreiding te verseker, sonder enige politieke begunstiging. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

