
Die voorgestelde wet op diereverbetering maak produsente bekommerd
Loading player...
Dis Woensdag en tyd vir "Die boer en die reg" program, wat voortaan Woensdae-oggende sal fokus op regskwessies en landbouers. Die program skop af met Isabel van Tonder en Professor Andries Raath wat in deel 1 van die gesprek meer inligting deel oor die wet op diereverbetering, wat onlangs vrygestel is. Produsente is toenemend bekommerd oor die wet en aspekte daarvan.

