Saterdagoggend - Past Riaan de Bruyn

Loading player...
LUKAS 10
33Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. 34Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na 'n herberg toe geneem en hom daar verder versorg. 35Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê: ‘Sorg vir hom, en as jy meer onkoste met hom het, sal ek jou betaal wanneer ek hierlangs terugkom.’

GALASIËRS 6
9Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. 10Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.
14 Nov 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

1 KONINGS 19 Elia vlug vir Isebel 1Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. 2Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: “Mag die gode my om die lewe bring…
21 Nov 1AM 21 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

LUKAS 2 Die geboorte van Jesus (Matt. 1:18-25) 1In daardie tyd het keiser Augustus 'n bevel uitgevaardig dat 'n volkstelling in die hele ryk gehou moet word. 2Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië. 3Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na…
20 Nov 1AM 10 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

PSALMS 121 My hulp kom van die Here 1'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? 2My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. 3Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie…
19 Nov 1AM 10 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

JEREMIA 29 'n Brief aan die ballinge 1Dit is 'n afskrif van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het na die leiers van die ballinge wat nog oor was, en na die priesters en die profete en die hele volk wat deur Nebukadnesar uit Jerusalem na Babel…
18 Nov 1AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

MARKUS 6 Die twaalf apostels kom terug (Matt. 14:13-14; Luk. 9:10-11; Joh. 6:1-4) 30Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. 31Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels…
17 Nov 1AM 11 min