VS Kunstefees 2017 - vrynge - Die Nagloper en Slaggat

Loading player...
Die Nagloper is ’n riller oor die misbruik van mag en die manier wat vroulike skoonheid beskou word. Gegrond op die historiese figuur Elizabeth Bathory, ’n Hongaarse Gravin uit die 16de eeu. Die legende lei dat sy meer as 600 jong meisies gemartel, mishandel en vermoor het. Bathory word beskou as een van die mees ikoniese reeksmoordenaars van alle tye. Sy het in hul bloed gebad in ‘n poging om jonk te bly en so ewige jeug te kan bekom. Die Nagloper is ’n moet vir enige riller- en historise aanhangers.

Slaggat is ’n sielkundige riller oor ’n familie wat tuiswaarts keer na ’n lang vakansie en dan onverklaarbaar deur ’n massiewe vragmotor geteister word. Die tonele verskuif tussen die hede en verlede om die verhaal te vertel van ’n familie wat beide fisies, emosioneel en sielkundg afgebreek word. Die familie, motor en vragmotor word almal allegoriese simbole van verskillende klasse, ouderdomme en sosiale vlakke.
12 Jul 2017 English South Africa News · Business

Other recent episodes

Vrystaat Nasorgsentrum - Liggiefees 2026

VRYSTAAT NASORGSENTRUM SE JAARLIKSE LIGGIEFEES IS TERUG! En hierdie jaar gaan dit GROTER en BETER wees as ooit tevore! 13 – 28 November 2026 18:00 – 22:00 Kom beleef ’n Afrika-Kersfees Wonderland saam met ons! Wonderlike vermaak Hope pret vir oud en jonk Heerlike kosstalletjies ’n Magiese atmosfeer met pragtige…
6 Nov 5 min

Sparta Beef: Gerrit Cronje

Sparta is veel meer as net ’n bekende naam in die landbou- en vleisbedryf. Maar wie is Sparta werklik, wat dryf die groep en watter rol speel hulle in die gemeenskappe waarin hulle werksaam is? Gerrit Cronje, Finansiële Direkteur van die Sparta Groep, sluit by Pulane Nel-Sekepe aan om die…
30 Oct 4 min

Sparta Beef: Andre Pretorius

Pulane Nel-Sekepe is live from Welkom at Sparta Beef during their 60th Birthday celebrations. Joining her is Andre Pretorius, Chief Commercial Officer at Sparta Beef Welkom, and they talk about what is happening there today during their 60th anniversary celebrations, as well as what exciting products does they have to…
30 Oct 4 min

Golfdag vir 'n goeie doel by Orkney Golf Klub

Pulane Nel-Sekepe gesels met Tinus Colyn, Beheerliggaamhoof van die Kokke Ondersteunersklub, vir Hoërskool Klerksdorp. Hy deel met ons die geskiedenis van die organisasie, hoekom hulle doen wat hul doen, en met groot opwinding vertel hy waarna die mense kan uitsien vir die Golfdag by Orkney Golf Klub. Hy verduidelik waarvoor…
28 Oct 3 min

Nampo Kersmark 2026

Pulane Nel-Sekepe gesels met Wim Venter, Administratiewe Beampte en Organiseerder van die OFM NAMPO Park Kersmark. 6 & 7 November is NAMPO Park net buite Bothaville die plek om te wees. Vrydag: 08:00–18:00. Saterdag: 08:00–16:00. Toegang: R40 vir volwassenes; kinders onder ses gratis. Saterdag se program: 09:30: Suurdeegdemonstrasie—leer om jou…
28 Oct 4 min