Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het die termyn van sy eksterne raadslede tot 28 Februarie 2026 verleng. Dit volg op 'n kabinetsbesluit om 'n moratorium op raadsaanstellings vir staatsbeheerde ondernemings in te stel, hangende wysigings aan die Wet op die Bestuur van Openbare Ondernemings van 2019. Nust-woordvoerder Cindy…
AfriForum sê hy veroordeel die regering se geheimsinnige pogings by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac, om voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer deur te voer, sonder enige verteenwoordiging van die burgerlike samelewing. Nedlac ontken dat hy die proses gelei het. Jacques Broodryk van AfriForum sê die organisasie…
Die Regulerende Owerheid van Kommunikasie in Namibië, Cran, het sy jongste IKT-vakaturesadvertensie verdedig ná publieke reaksie op sy werwingsveldtog wat op vroue fokus. Met slegs 20 persent van sy wetenskap-, tegnologie-, ingenieurswese- en wiskundeposte wat deur vroue gevul word, neem Cran doelbewuste stappe om die geslagsgaping te oorbrug. Woordvoerder Mufaro…
Plaaslik genoteerde Capricorn Group het ‘n wins ná belasting van 1,99 miljard Namibiese dollar vir die jaar geëindig 30 Junie 2025 aangeteken – 14,8 persent méér as die vorige boekjaar. Omsigtige toekenning van kapitaal, dissipline met die uitvoer van strategie en belegging in digitale- en data-infrastruktuur het bygedra tot die…
Namibië se voertuigmark toon sterk tekens van herstel. Verkope in Augustus het 26,7 persent jaar-op-jaar gestyg, met altesaam 1 261 voertuie wat van die hand gesit is. Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen sê egter daar is risiko's wat voortgesette momentum kan beïnvloed. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
FNB sê die gevaar van digitale bankbedrog neem toe terwyl Suid-Afrikaners die laaste deel van die jaar aanpak en besteding toeneem. Volgens die Suid-Afrikaanse Bankbedrog-inligtingsentrum het voorvalle van digitale bankbedrog toegeneem van 31 000 in 2023 tot 64 000 verlede jaar. Chris Boxall van FNB sê swendelaars word al meer…
Die voormalige Amerikaanse president Barack Obama waarsku in die nasleep van die moord op Charlie Kirk teen 'n “politieke krisis van die soort wat die land nog nie vantevore gesien het nie”. Tydens 'n geleentheid in Erie, Pennsylvanië, het Obama gesê dat hy Kirk nie geken het nie en nie…
Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank dringend versoek om die repokoers te verlaag vir 'n blaaskans aan miljoene werkers wat sukkel om weens die stygende lewenskoste te oorleef. Die Reserwebank het sedert die aanvang van die siklus van koersverlagings verlede September koerse kumulatief met 125 basispunte verlaag, en daarmee die terugkoopkoers…
Die Europese Kommissie beplan om handel met Israel te beperk en sanksies in te stel teen sogenaamde ekstremistiese ministers in sy regering. Die voorstel moet deur die meerderheid van die Europese Unie se 27 lidlande aanvaar word, maar sal waarskynlik teenstand kry, veral van Duitsland en Italië. Die EU is…
Die LPM se jeugkommando beskryf die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds as 'n progressiewe en potensieel transformerende inisiatief, maar het die bekendstellingsfase daarvan gekritiseer. Die jeugkommando se leier, Duminga Ndala, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê met die huidige kriteria en gebrek aan duidelike inligting, loop baie jongmense die risiko om uitgesluit te…
Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die wreedaardige moorde op aanklaers is 'n gruwelike aanval op die regstelsel en die oppergesag van die reg. Die minister sê vyf aanklaers is die afgelope vyf jaar in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap doodgeskiet. Kubayi sê hierdie aanvalle…
Vir meer as 16 jaar is die Uvhungu-Vhungu-melkplaas 'n dormante wit olifant wat nog nie 'n druppel melk geproduseer het nie, ten spyte van verskeie duur herlewingspogings. Dit was 'n hete onderwerp in die parlement, waar wetgewers antwoorde geëis het. Landbouminister Inge Zaamwani, wat vroeër vanjaar die amp opgeneem het,…
Die Suid-Afrikaners Danie van Niekerk en James Mack het die pas aangegee met rondes van vier onder baansyfer 67, en loop gesamentlik voor na die eerste ronde van die Sunbet Challenge by die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal. Hulle is een hou voor hul landgenoot, Lyle Rowe, en Eric Wowor van Indonesië…
Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het voor die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria getuig dat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, ten volle betrokke is by kriminele sindikate. President Cyril Ramaphosa het Mchunu in Julie op onmiddelike verlof geplaas oor bewerings dat hy met sindikate saamwerk en by hoë…
Amerika se Federale Reserwe het rentekoerse Woensdag met 25 basispunte verlaag, die eerste verligting sedert Desember. Die goewerneur van die Fed, Jerome Powell, het die verlaging veral aan ‘n verswakking in die arbeidsmark toegeskryf en gesê nóg koersverlagings kan later vanjaar volg.
Die Europese Unie het Namibië opnuut verseker dat dit die land se groennywerheidagenda ondersteun en gesê een miljard euro is hiervoor opsy gesit. Die EU se kommissaris van internasionale vennootskappe, Jozef Sikela, vergesel van ander hoëlui uit dié magsblok, besoek Namibië tans. Hulle het Woensdag ‘n welwillendheidsbesoek aan president Netumbu…
Die Zimbabwiese boer en aktivis Ben Freeth is terug op sy perd. Ná 'n simboliese perdryreis van 2 400 km na die SAOG-tribunaal in 2024, het Freeth hierdie week na Windhoek teruggekeer en die gebed wat hy aan die deur vasgespeld het, steeds onaangeraak gevind. Nou ry hy na Kaapkruis…
Agribank het ‘n nuwe akkerboupakket vir graanboere op Katima Mulilo van stapel gestuur, waarmee boere saad, kunsmis, toerusting en water-infrastruktuur kan bekom. Die pakket gaan na verwagting binnekort ook na Rundu uitgebrei word. Agribank se waarnemende bestuurder in Zambezi, Etuhole Ingo, het meer:
18 Sep 12AM
1 min
2320 – 2340
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.