Agribank wend 'n nuwe poging aan om die eens bedrywige Witvlei-slagpale te laat herleef, tien jaar nadat hulle dit oorgeneem het in die nasleep van Sidney Martin se verlies van sy Noorse uitvoerkwota. Dit het Witvlei Meat laat ineenstort en meer as 200 werksgeleenthede is uitgewis. Die adjunkminister van Landbou,…
Daar is kommer oor die Padfondsadministrasie wat beplan om die brandstofheffing van 2 Namibiese dollar 6 sent per liter na 4 dollar 46 sent te verhoog. Dit kan gewone motoriste tot 300 dollar meer maandeliks uit die sak jaag, en vir koeriermaatskappye, taxi’s en vragvervoer, tot 900 dollar meer per…
Die leier van die Patriotic Alliance en minister van sport, Gayton McKenzie, sê dit sou 'n groot fout wees van die ANC om president Cyril Ramaphosa te verwyder. Dit volg op toenemende gerugte rondom sy moontlike bedanking ná hierdie naweek se G20-leiersberaad. McKenzie het op Facebook Live gesê inflasie wat…
Amerikaanse president Donald Trump en die kroonprins van Saoedi-Arabië, Mohammed bin Salman, het Dinsdag by die Withuis ontmoet, waar verskeie kwessies bespreek is. Volgens die prins sal sy land 1 triljoen Amerikaanse dollar in Amerika belê, terwyl Trump gesê het die twee lande het 'n verdedigingsooreenkoms bereik en Saoedi-Arabië sal…
Bewerings van 'n kritieke tekort aan landdroste kom na vore namate die landwye staking die howe steeds ontwrig. Sommige landdroste, wat sedert 5 November teen swak werksomstandighede en vergoeding betoog, woon glo slegs hul eerste hofverskynings by, wat verhore en borgtogverhore ongedaan laat. Die lynminister en die verteenwoordigers van die…
Ekurhuleni se burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, het 'n omvattende interne ondersoek gelas na ernstige bewerings teen senior amptenare van die metropolisie, insluitend die geskorste adjunkhoof, Julius Mkhwanazi. Die Madlanga-kommissie het verlede week getuienis vanaf verskeie amptenare aangehoor wat beweer die EMPD is deur misdadige groepe geïnfiltreer. Xhakaza sê hy het ook…
Inligtingminister Emma Theofelus sê netwerkkonnektiwiteit landwyd het die afgelope vyf jaar verbeter. Sy voeg by die regering het alle diensverskaffers opdrag gegee om 'n minimum aflaaispoed van 25 megagrepe per sekonde te bied, in 'n poging om kliënte-ervarings te verbeter. Theofelus het gepraat by die opening van MTC se Divundu…
Die Namibiese Groenwaterstofprogram staar finansieringstekorte in die gesig en sukkel om sy personeel te betaal. Die program, wat in 2023 van stapel gestuur is en aanvanklik deur toelaes gefinansier is, insluitend 800 miljoen Namibiese dollar van Duitsland, het talle projekte befonds. Met die Duitse toelaag wat nou eindig en geen…
Reaksie word ontvang op die planne van die Nigeriese miljardêr Aliko Dangote wat 'n 2 000-kilometer-lange brandstofpyplyn van Walvisbaai deur Botswana, na Bulawayo in Zimbabwe wil bou. Dit kom na ‘n aankondiging dat hy ‘n brandstofbergingsfasiliteit van 2,4 miljard Namibiese dollar by Walvisbaai wil oprig. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het vanoggend 'n onaangekondigde besoek aan die Osona-brug op die B1 tussen Windhoek en Okahandja afgelê om die vordering met strukturele opgraderings te beoordeel nadat die Maart-reën die brug beskadig het. Alhoewel 'n kontrakteur in Maart aangestel is, het Nekundi min sigbare…
Die omstrede sakeman van Noordwes, Brian Mogotsi, het aan die Madlanga-kommissie gesê die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, en koning Misuzulu kaZwelithini is na bewering deur die Amerikaanse Sentrale Intelligensieagentskap gewerf. Mogotsi het erken die inligting is gegrond op hoorsê van 'n bron, maar het daarop aangedring dat vermoedens in intelligensiewerk…
Die DA is teleurgesteld oor die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, se laks houding teenoor gemeenskappe stroomaf van die Vaaldam wat moontlike oorstromings kan ondervind. Die party sê die minister het die Parlement verseker dat geen vrylatings as deel van die strategie beplan word om damvlakke te bestuur…
Sokker: Die wêreldbeheerliggaam, FIFA, het in samewerking met die Amerikaanse Trump-administrasie die FIFA-voorkeur-afspraakskeduleringstelsel vir 2026 se Wêreldbekertoernooi bekendgestel. Die FIFA-pas bied Wêreldbeker-kaartjiehouers toegang tot voorkeur-visumonderhoude voor hulle aanland vir die toernooi, wat in Junie en Julie volgende jaar in Amerika, Kanada en Mexiko aangebied word. FIFA se president, Gianni Infantino,…
Die JG Zuma-stigting sê hy waarsku die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en alle staatsinstellings om nie as wapens vir politieke doelwitte gebruik te word nie. Dit volg nadat die Inligtingsreguleerder die Inkomstediens opdrag gegee het om oudpresident Jacob Zuma se belastingrekord vir 2010 tot 2018 bekend te maak. Die reguleerder het bevind…
Die Soedanese stad al Fashir is 'n 'misdaadtoneel' en die 'episentrum van lyding in die wêreld', volgens die VN se hoof van hulpvereniging Tom Fletcher. Hy sê die paramilitêre wat die stad beheer, word daarvan beskuldig dat hulle gruweldade pleeg, insluitend massateregstellings en seksuele geweld.
Ten spyte van 'n voortdurende petisie daarteen, gaan die Swakopmund-munisipaliteit voort met sy beplande Oujaarsaand-vuurwerkvertoning, wat na raming 100 000 Namibiese dollar sal kos. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die geleentheid is bedoel as 'n gesinsvriendelike dag en is teruggebring na jare waartydens ongereguleerde privaat…
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die minister van stedelike ontwikkeling wat sê dat hy beplan om ten minste 10 000 erwe te diens en 10 000 bekostigbare behuisingseenhede elke jaar te bou onder NDP6 tot 2030. Die lynminister James Sankwasa sê die teiken is 50 000 huise teen…
Groot dwelmbeslagleggings kry nie end nie, met twee mans wat oor die naweek by Ariamsvlei in hegtenis geneem is met Mandrax-tablette en kokaïenpoeier ter waarde van amper 7,5 miljoen Namibiese dollar. En Maandag is meer as 5 miljoen dollar se Mandrax, dagga en kokaïen, versteek in ‘n bakkie se kappie,…
Die saak deur die Stadspolisie teen Windhoekse aktiviste Shaun Gariseb en Armando Pieters is na twee-uur vanmiddag verskuif. Hulle staar klagtes van aanhitsing tot openbare geweld, obstruksie en openbare onsedelikheid in die gesig. Dit kom nadat hulle en gemeenskapslede van die Katutura Sentrale Kiesafdeling, rioolafval by die Katutura Munisipale kantoor…
18 Nov 4AM
1 min
760 – 780
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.