Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
160 – 180

Korrupsiesaak teen die Khomotso Phahlane voorlopig teruggetrek

Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het die korrupsiesaak teen die voormalige waarnemende polisiekommissaris Khomotso Phahlane en sy medebeskuldigdes voorlopig teruggetrek. Die saak hou verband met 'n polisie-kontrak in 2016 van meer as 191 miljoen Namibiese dollar vir noodwaarskuwingstoerusting, waar 65 miljoen dollar aan die diensverskaffer betaal is. Die woordvoerder van die…
6 Oct 12AM 1 min

Agribank staan bankvas agter BKS-geaffekteerde boer en gemeenskappe

Intussen sê Agribank hy staan bankvas agter boere en landbou-ondernemings wat deur die uitbreking van bek-en-klouseer geraak word. Agribank-woordvoerder Hileni Amadhila het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die bank besef watter finansiële impak die siektebeheermaatreëls inhou. Die bank sal ondersteuning aan geaffekteerde kliënte op 'n geval-tot-geval-grondslag oorweeg, na gelang van…
6 Oct 12AM 1 min

NNN: 29 313 diere reeds op 68 plase vir bek-en-klouseer getoets

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 29 313 gesplete-hoef diere is reeds op 68 plase vir bek-en-klouseer getoets as deel van pogings om die uitbreking van die vee-siekte in die Karasburg-veeartsenydistrik te bekamp. Teen 5 Oktober is 127 positiewe gevalle op 15 plase aangemeld, met 20 toesigspanne en 10 padblokkades wat in…
6 Oct 12AM 1 min

VSA monitor uitbreking by Russiese laboratorium

Die Amerikaanse buitelandse sake-minister, Marco Rubio, sê die VSA monitor die geval van 'n Russiese laboratoriumwerker wat verlede week gesterf het ná 'n gerapporteerde ongeluk by 'n pes-navorsingsinstituut in Siberië. Rubio sê hy dink nie daar is rede tot kommer nie, maar wel rede tot fokus en om 'n oog…
6 Oct 12AM 1 min

AfriForum vra vir ingryping teen geweld onder onwettige mynbougroepe

AfriForum het die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, gevra om dringend in te gryp met voortslepende geweld tussen vermeende onwettige mynbougroepe in Schoemanskloof, Mpumalanga. Ses vermoedelik onwettige mynwerkers is in Augustus doodgeskiet, met nog skietvoorvalle wat verlede week aangemeld is. Jacques Broodryk van AfriForum vra die polisie om die groter…
6 Oct 12AM 1 min

36 000 onderwysers vir meer as 913 000 leerders: Steenkamp

Onderwysminister Sanet Steenkamp het Namibië se meer as 36 000 onderwysers vandag op Wêreldonderwysersdag vereer en beklemtoon dat die beskerming van die beroep daaglikse ondersteuning en belegging vereis, nie net jaarlikse lof nie. Steenkamp het opgemerk dat die land se opvoeders tans meer as 913 000 leerders in 2 081…
5 Oct 11AM 1 min

Ngurare probeer Gibeon help ontwikkel

Eerste minister Elijah Ngurare tree in gesprek met die gemeenskap van Gibeon en probeer hul steun verkry vir voorgestelde ontwikkelingsprojekte. Ngurare sê die vergaderings bied inwoners die geleentheid om besonderhede te verneem, vrae te stel en insette te lewer terwyl die regering daaraan werk om gemeenskapsteun te verseker.
5 Oct 11AM 1 min

Nedbank Kapana Cook-Off-wenner stap weg met groot pryse

Die eindrondte van die 2026 Nedbank Kapana Cook-Off-kompetisie het die afgelope naweek in Windhoek plaasgevind. Nande Chivela van Khomas het as die wenner uit die stryd getree nadat hy teen nege ander finaliste meegeding het. Die tien finaliste het vir die finaal gekwalifiseer na streeksrondtes wat in Oshakati, Swakopmund en…
5 Oct 10AM 1 min

Starlink: Land moet self kies tussen dienste, sê ruimtevaarder

Die Duitse ruimtevaarder dr. Matthias Maurer het sy stem by die debat oor Starlink in Namibië gevoeg en sê dat die land die besluit moet neem wat hy as die beste beskou. Maurer onderneem 'n toer deur die land wat daarop gemik is om die bande tussen Namibië en die…
5 Oct 10AM 1 min

EU se verbod op plaaslike vleis 'n ekonomiese slag

Reaksie word ontvang op die Europese Unie se tydelike opskorting van sekere Namibiese vleisinvoere ná die uitbraak van bek-en-klouseer in die //Kharas-streek. Die EU sê vars vleis van beeste, skape, bokke en ander mak of wilde gesplete hoefdiere, asook verwerkte produkte soos biltong, sal nie tot die Europese mark toegelaat…
5 Oct 10AM 1 min

SA weermag R2,4 miljard aan huurvlugte, DA het vrae

Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, waarom sowat 2,4-miljard Suid-Afrikaanse rand oor vyf boekjare beste is aan huurvlugte vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Sy het dit in die parlement bekend gemaak. Woordvoerder Chris Hattingh, sê die DA het besonderhede aangevra oor die aantal vlugte…
5 Oct 9AM 1 min

Integreer KI-leerstelsels in onderwys, vra NIED-hoof

Die direkteur van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling, of NIED, doen 'n beroep op die naatlose integrasie van kunsmatige intelligensie-leerstelsels in die onderwysstelsel. Tydens die amptelike opening van die Nasionale Konvensie oor IKT in Onderwys in Otjiwarongo het Simalumba die belangrikheid beklemtoon van die ontwikkeling van menslike kapasiteit, om…
5 Oct 9AM 1 min

Ses aan boord vermiste mediese vliegtuig vermoedelik dood

Die Amerikaanse kuswag het sy soektog na ses mense aan boord van ʼn mediese vliegtuig gestaak. Die vliegtuig het Saterdagoggend naby Nantucket vermis geraak nadat dit in Bermuda opgestyg het. Die lugambulans was in kontak met lugbeheer in New York toe dit ʼn noodgeval verklaar het. Die Kanadese maatskappy, Latitude…
5 Oct 8AM 1 min

VSA-ambassadeur in SA misluk, sê kenner

ʼn Kenner van internasionale betrekkinge, Kingsley Makhubela, sê die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, misluk in sy diplomatieke sending om verhoudinge te herbou. Bozell sê die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het hom persoonlik beledig. Lamola het gesê Bozell moet "uit die kombuis kom" as…
5 Oct 8AM 1 min

Tennis: Novak Djokovic steeds op koers om Chinese Ope die sewende keer te wen

Die 24-malige Grand Slam-wenner, Novak Djokovic, is steeds op koers om die Chinese Ope die sewende keer te wen. Hy het die eerste-gekeurde Alexander Zverev van Duitsland geklop en die halfeindronde gehaal. Die Serwiër se wenrekord van 32-0 in Beijing is die beste ooit in 'n mansenkelspel-toervlak-toernooi in die Ope-era…
5 Oct 6AM 1 min

Malema: Eskom moet bedrywighede in stand hou sonder om wins te maak

Die EFF-leier Julius Malema sê Eskom behoort genoeg inkomste te genereer om sy bedrywighede in stand te hou, eerder as om wins te maak. Tydens die party se provinsiale manifesgeleentheid in Motherwell, Gqeberha in die Oos-Kaap, het Malema aangevoer elektrisiteit is 'n basiese reg en behoort meer bekostigbaar te wees…
5 Oct 6AM 1 min

Nghipondoka-Robiati opgewonde om Namibië in Switserland te verteenwoordig

Die voormalige uitvoerende direkteur in die ministerie van internasionale betrekkinge en handel, Ndiitah Nghipondoka-Robiati, is aangestel as Namibië se nuwe ambassadeur in Switserland en permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies-organisasies in Genève. Nghipondoka-Robiati het beloof om sterk te pleit vir Namibië se belange in belangrike multilaterale onderhandelinge, soos globale handel,…
5 Oct 6AM 1 min

Omgewingministerie vorder goed met Etosha-heining-projek

Die omgewingministerie vorder met sy meerjarige projek om Etosha Nasionale Park se noordelike heining teen 2030 volledig te herbou en te elektrifiseer. Woordvoerder Vilho Angula sê dat 35 kilometer voltooi is, insluitend 29,6 kilometer net vanjaar. Die werk het 'n begroting van 8 miljoen Namibiese dollar vir die jaar om…
5 Oct 6AM 1 min

Nonceba Mhlauli vra jongmense om aan verkiesings deel te neem

Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, moedig Suid-Afrikaners en veral jongmense aan, om hul demokratiese reg uit te oefen en in die plaaslike regeringsverkiesing in November te stem. Altesaam 142-duisend-en-72 kandidate is benoem om tien-duisend-526 raadsetels in munisipaliteite te betwis. Die Interministeriële Komitee oor Plaaslike Regeringsverkiesings is tevrede met…
5 Oct 5AM 1 min
160 – 180