Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
140 – 160

Reeks om As het nie pienkbal-toets nodig: Root

Krieket: Joe Root van Engeland glo 'n reeks soos die As, gegewe sy gewildheid, hoef nie 'n pienkbal-toets in te sluit soos die een wat van Donderdag af op die Gabba gespeel word nie. Hy het in elk van Engeland se sewe vorige dag-aand-toetse gespeel, waarvan hulle slegs twee gewen…
1 Dec 7AM 1 min

Lenacapavir tans te duur vir gewone Namibiërs

Vandag is Wêreld-vigsdag. Een van die nuutste deurbrake in die behandeling van die siekte is die vrystelling van Lenacapavir. Die middel wat een inspuiting elke ses maande behels, kan infeksie voorkom in hoë-risiko omgewings. Ten spyte van die mediese deurbraak is die middel nie beskikbaar vir almal nie. Die gesondheidsminister…
1 Dec 7AM 1 min

G20-beraad het Afrika se agenda in die hart van die G20 geplaas

President Cyril Ramaphosa sê die uitwerking van Suid-Afrika se G20-presidentskap strek verder as die hartlike verwelkoming vir en die onvergeetlike ervaring van besoekers. Hy het die land ingelig oor die sukses van die G20-leiersberaad, die eerste wat op Afrika-bodem gehou is. Hy sê Suid-Afrika het Afrika se groei en ontwikkeling…
1 Dec 5AM 1 min

Rushdie sê KI sal nooit oorspronklike kuns kan skep nie

Die bekroonde skrywer Salman Rushdie sê dat kunsmatige intelligensie nooit werklik oorspronklike kuns kan skep nie. Hy sê die kenmerke van kuns is emosie, humor en kreatiwiteit en KI kan net dupliseer wat hy gevoer word. Hy het met Sky News gepraat.
1 Dec 5AM 1 min

16 Dae: Seuns en mans moet betrek word

Ons is vandag op die sewende dag van die 16 Dae van Aktivisme teen vrouegeweld. Intussen is twee vroue vermoor, twee verkrag en een kind verwaarloos. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike aktivis en direkteur van Civic +264, Ethne Mudge, gepraat. Sy meen dit is van kritieke belang om seuns…
1 Dec 4AM 1 min

Landbou werkskep? Watter jeug wil op plase werk?

Die Namibiese regering vestig sy hoop op ekonomiese herlewing op landbou en vertrou op jongmense om die verskuiwing te dryf. Maar met baie jongmense wat huiwerig is om op plase te werk, waarsku kenners dat die plan onrealisties mag wees. Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat…
1 Dec 4AM 1 min

IPC blameer ECN vir swak vertoning

Die amptelike opposisie, die IPC, se ondersteuning het skerp gedaal. Die party het in 2020 vir die plaaslike owerheid 21 persent van die ondersteuning verower teenoor 15 persent vanjaar. Die streeksraad ondersteuning het van 17 persent tot 12 persent gedaal. Die party se parlementêre leier, Imms Nashinge het aan Kosmos…
1 Dec 4AM 1 min

Muller sê oor COP20-tameletjie

Namibië het weer pak gekry by COP20 en is toestemming geweier om in renosterhoring te handel, sowel as om sy ivoor voorraad te verkoop. HORN Namibia is by Cites se wat tot 5 Desember in Oezbekistan plaasvind en Jaco Muller van Rhino Momma is ook daar namens HORN. Hy het…
1 Dec 4AM 1 min

Blitsbokke kom vyfde in Dubai

Die Springbok-sewespan het vyfde gekom by die Dubai-sewes. Suid-Afrika het Groot-Brittanje met 34-0 afgeransel en Spanje met 21-12. Intussen het Nieu-Seeland Australië met 26-22 geklop om die toernooi te wen terwyl Fidji derde is nadat hy Frankryk met 24-7 verslaan het. Die Blitsbokke se afrigter, Philip Snyman, sê hulle het…
1 Dec 4AM 1 min

Metropolisie moet veral in Kaapstad uitgebrei word

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, dring aan op onmiddellike stappe om die skuldigbevindingsyfers vir bende-, vuurwapen- en dwelmmisdade te verbeter nadat die jongste kwartaallikse misdaadstatistieke hoë geweldmisdaad toon. Die Burgemeesterskomiteelid, Lyndon Khan sê die stad bied hulpbronne aan, insluitend dossiere wat gereed is vir vervolging, beamptes van die Wetstoepassing…
1 Dec 3AM 1 min

Biometrie ingespan teen aanlynbedrog

Bank Windhoek verskerp die stryd teen digitale bedrog deur gevorderde biometriese verifikasie op sy mobiele toepassing in te faseer. Namate kubermisdaad wêreldwyd en tuis toeneem, sê die bank dat die nuwe tegnologie, wat vingerafdrukke en gesigsherkenning gebruik, 'n feitlik ondeurdringbare laag van beskerming byvoeg. Uitvoerende beampte Ryan Geyser sê die…
1 Dec 2AM 1 min

Oekraïne sê gesprekke met VSA vorder

Oekraïne se nasionale veiligheidsraadsekretaris, Rustem Umerov, sê die jongste vredesgesprekke met die VSA was produktief en suksesvol. Umerov, wat Kiëf se nuwe hoofonderhandelaar is, het Sondag met Amerikaanse amptenare onder leiding van die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, in Florida vergader vir verdere gesprekke. Amptenare het gefokus op die…
1 Dec 2AM 1 min

Cyril sê volksmoord teen Afrikaners is fopnuus

President Cyril Ramaphosa sê ten spyte van die uitdagings en misverstande wat ontstaan het, bly Suid-Afrika ʼn goeie vriend van die Amerikaanse mense. Hy sê dis jammer Amerika het nie aan die G20-leiersberaad deelgeneem nie. Ramaphosa sê die redes wat Amerika aangevoer het, is gebaseer op vals bewerings dat Suid-Afrika…
1 Dec 1AM 1 min

Geen aanval op Venezuela op hande nie - Trump

President Donald Trump sê sy waarskuwing oor die Venezolaanse lugruim was nie 'n teken dat 'n lugaanval op hande is nie. Hy het onlangs gewaarsku dat land-aanvalle teen dwelmsmokkelnetwerke binnekort kan plaasvind, en dat die lugruim bo Venezuela in sy geheel gesluit sal word. Trump sê hy het die lugruimwaarskuwing…
1 Dec 1AM 1 min

Vredesamesprekings met Oekraïne vorder

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het Sondag gesê hy verwag dat gesprekke met Oekraïnse amptenare "meer vordering" sal lewer oor 'n ooreenkoms om die oorlog tussen Oekraïne en Rusland te beëindig. Oekraïne se afvaardiging is gelei deur 'n nuwe hoofonderhandelaar, die sekretaris van die nasionale veiligheidsraad, Rustem…
1 Dec 12AM 1 min

Laaste langbaanrenne stel nie teleur nie

Die langbaanrenne op Tony Rust die naweek, die laaste been van die 2025 Nasionale Baanrenkampioenskappe, het nie teleurgestel nie. Oudergewoonte van Francois Lottering van Motor Media Namibia daar.
1 Dec 12AM 1 min

Namibiese seuns verstom by Junior Wêreldbeker

Namibië se Junior Mans het 'n kragtige vertoning gelewer om Egipte met 4-2 te verslaan by die FIH Hokkie Junior Wêreldbeker in Indië. Deur twee doele in elke helfte aan te teken, het die span hul eerste oorwinning ooit by die toernooi gevier, 'n mylpaal-oomblik vir Namibiese hokkie. Josh van…
1 Dec 12AM 1 min
140 – 160