Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, moedig Suid-Afrikaners en veral jongmense aan, om hul demokratiese reg uit te oefen en in die plaaslike regeringsverkiesing in November te stem. Altesaam 142-duisend-en-72 kandidate is benoem om tien-duisend-526 raadsetels in munisipaliteite te betwis. Die Interministeriële Komitee oor Plaaslike Regeringsverkiesings is tevrede met…
Konnektiwiteit en datatoegang het kritieke sake-nutsdienste geword, saam met elektrisiteit, met IT-kenner Eddie Goldberg wat waarsku dat dit net so skadelik is om sonder data te werk as om kragbeurte te ervaar. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Die FNB Eagles sal gasheer speel vir Ierland vir 'n reeks van vyf eendag-wedstryde wat van 22 Oktober tot 1 November by die FNB Namibië-krieketveld en die hoë prestasie-ovaal in Windhoek sal plaasvind. Die toer sal ook 'n reeks T20-wedstryde tussen die Capricorn Eagles A-span en Ierland se onder-19-vrouespan insluit…
Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia vra 'n wetenskaplik-ondersteunde benadering tot die omgewings-ministerie se plan om een miljoen bome teen 2030 te plant. Dreyer sê dat jong bome nie Namibië se droë klimaat sal oorleef sonder voortdurende sorg nie. Hy sê gelyke prioriteit moet gegee word aan die bekamping van…
Die president van die African Congress for Transformation, Ace Magashule, sê die party se manifes vir die plaaslike verkiesing fokus op praktiese oplossings vir uitdagings waarmee gemeenskappe daagliks worstel. Magashule het in Welkom in die Vrystaat, die party se fokus op werkloosheid, basiese dienslewering en onderwys uitgelig. Hy sê die…
Visepresident Lucia Witbooi het 10 000 Namibiese dollar belowe vir die jaarlikse Rundu Handelskou tydens 'n fondsinsamelingsgala wat daarop gemik was om ‘n miljoen Namibiese dollar vir die geleentheid in te samel. Witbooi het die aanwesiges toegespreek en die strategiese posisie van Rundu en die Kavango-Oos-streek beklemtoon as 'n kritieke…
Die EFF-leier, Julius Malema, sê geen student behoort universiteit toe te gaan en dan verhinder word om te registreer weens 'n probleem met klasgeld nie. Malema het tydens die party se provinsiale manifes-byeenkoms in Motherwell, Gqeberha, in die Oos-Kaap gepraat. Hy voer aan universiteite moet studente se identiteitsnommers gebruik om…
Die eerster minister, Minister Elijah Ngurare, sê sy kantoor se waatlemoenprojek in die Kavango-Oos streek sal help om werkloosheid en armoed in diestreek hok te slaan. Ngurare sê sy kantoor werk tans met die Universiteit van Namibië om voorbereidingswerk vir die projek te doen. Volgens New Era News het die…
Die DA het aan die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, geskryf en geëis dat die komende misdaadstatistieke akkurate, uiteengesette data oor misdade teen vroue en kinders bevat. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa 'n plan aangekondig het om geslagsgeweld en vrouemoord aan te spreek, insluitend 'n befondsde plan om…
Die Windhoek Stadspolisie sê hy gaan strenger optree teen openbare dobbelary en waarsku dat dobbelsteen-speletjies of kaarte in die openbaar 'n onmiddellike boete van 500 Namibiese dollar beteken. Stadspolisiesersant Nqobizwe Shipanga sê dat openbare dobbelary verbode is kragtens die 1930 Straat- en Verkeersregulasies. In 'n onderhoud met Future Media News…
Die Springbok-vroue het hulle W15 Global Series-toer in Europa met ʼn oorwinning van 20-0 oor Spanje afgesluit. Teen rustyd in Sevilla was Suid-Afrika met 10-0 voor. Na drie drieë deur Catha Jacobs, Aseza Hele en Jakkie Cilliers in uiters warm weerstoestande, het die span hulle sewende agtereenvolgende oorwinning oor die…
Die Afrika-unie is gereed om die Afrika-kredietgraderingsagentskap hierdie week in Port Louis, Mauritius, bekend te stel. Die agentskap sal onafhanklike, Afrika-gerigte beoordelings van regerings, ondernemings en instellings verskaf. Die agentskap se uitvoerende hoof, Marie Antoinette Rose Quatre, skat Afrika se mark op ongeveer 66-duisend-miljard-Namibiese dollar, met minder as vyf-persent van…
Die uitvoerende hoof van Krieket Namibië, Johan Muller, sê dat dit 'n bepalende oomblik vir die land sal wees om van die wêreld se voorste krieketlande op plaaslike bodem in 2027 te sien speel. Terwyl Namibië voorberei om volgende jaar die openingswedstryde van die IKR Krieketwêreldbeker vir mans aan te…
'n Handelsafvaardiging van Zimbabwe sal Windhoek van 7 tot 9 Oktober besoek, met ZimTrade wat poog om Zimbabwiese uitvoere na die Namibiese mark uit te brei. Besighede uit die landbou, onderwys, ingenieurswese, verbruikersgoedere, veevoer, tuinbou en logistiek-sektore gaan aan die verdagering bywoon. Namibië voer drinkgoed, sout en bevrore vis uit…
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party werk hard om homself te vernuwe en verlore ondersteuning voor die plaaslike-regeringsverkiesing in te haal. Hy het Sondag by ʼn geleentheid in die Oos-Kaap gepraat. Die ANC se aandeel in die nasionale munisipale stemme het van 53,9-persent in 2016 tot 45,59-persent…
Die voorsitter van die Varkprodusentevereniging van Namibië, Gideon Goosen, waarsku dat varkprodusente breekpunt bereik... namate die verbod op vee-slagtings asook bewegingsbeperkings kritieke oorbevolking van vee op plase veroorsaak. Goose sê die gevolglike oorbevolking van hokke stoot daaglikse voerkostes pop, dryf voerkoste op terwyl varkvleispryse tot driejaar-laagtepunte daal.
Die regering veroordeel die moord op 14-jarige tweelingbroers in Mamelodi-Wes in Tshwane. Die tweeling se ma het haar seuns Vrydag dood in hul huis aangetref toe sy van die werk af kom. Die polisie sê die omstandighede rondom die voorval is steeds onduidelik en ondersoeke duur voort. Die adjunk-regeringswoordvoerder, William…
Stad Windhoek het fisiese elektriese verbindings vir informele nedersettingshuishoudings voltooi en is tans besig om kliënte se rekeninge te finaliseer om die oorblywende huishoudings van krag te voorsien. Stadswoordvoerder Celie Kapolo sê krag sal progressief aangeskakel word soos rekeninge oopmaak, dus kan geen vaste voltooiingsdatum gegee word nie. Sy het…
Die Namibiese regering benodig onmiddellik sowat N$190 miljoen vir die bekamping van die bek-en-klouseeruitbreking in die land. Dit sluit N$47 miljoen in vir ‘n nuwe siektebeheerheining van sowat 290 kilometer tussen Ariamsvlei, Karasburg en Ai-Ais. Namibië se internasionale vleishandel is tot stilstand geruk nadat die uitbreking tot die opskorting van…
4 Oct 6AM
1 min
180 – 200
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.