Soos die feestyd nader kom, so ook 'n toename in gesofistikeerde swendelary wat op niksvermoedende kopers gemik is. FNB Namibia spreek kommer uit oor 'n vlaag van hoëtegnologie-bedrog, insluitend afstandtoegangskemas, nabootsings en selfs KI-aangedrewe sogenaamde “deep fakes”, wat ontwerp is om verbruikers onkant te vang. Die hoof van bedrywighede vir…
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die bekamping van georganiseerde misdaad, insluitend bendegeweld en staatskaping, vereis algehele wetstoepassing, doeltreffende ondersoeke en vervolging. Cachalia het in Johannesburg gepraat tydens die bekendmaking van die misdaadstatistieke vir die eerste en tweede kwartaal. Hy beklemtoon georganiseerde misdaad bedreig openbare veiligheid, die ekonomie…
Die Kankervereniging van Namibië doen 'n beroep op die publiek om voorsorgmaatreëls te tref soos Desember aanbreek en die strandseisoen begin. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, verduidelik dat Namibië se woestynklimaat 'n belangrike faktor is agter die land se hoë…
Namibië doen 'n beroep om streeksbeleide in werklike nasionale wette te omskep. Tydens die vrystelling van 'n opname oor die SAOG Parlementêre Forum se operasionele doeltreffendheid, het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, die land se verbintenis tot die versterking van die forum herbevestig. Sy waarsku egter dat…
Botswana en Namibië het die 7,2 miljard Namibiese dollar verkryging van Curro aandele goedgekeur. Die aandele van Curro was gekoop deur die Jannie Mouton-stigting. Die stigting is deur Suid Afrikaanse besigheidsman Jannie Mouton begin. Kosmos 94.1 Nuus het met die besturende direkteur van Windhoek Gymnasium gepraat, Colette Riekert wat uiteensit…
Die gesondheidministerie het al op 15 September 'n masels uitbreking verklaar met sy oorsprong in Opuwo. Vanaf 20 November het die ministerie 564 verwagte gevalle aangemeld waarvan 198 gevalle positief was, terwyl 115 gevalle se uitslae nog uitstaande is. Twee sterftes is in Grootfontein en die Okahao distrik aangemeld. Kosmos…
Die verdagte wat na bewering die twee Nasionale Wag lede Woensdag in Washington DC geskiet het, is as Rahmanullah Lakanwal geïdentifiseer. Sarah Beckstrom, een van die twee lede van die wag is dood aan haar besering. Lakanwal self is ook ernstig beseer maar, die FBI se ondersoek toon nou dat…
Aangesien kommer oor skadelike aanlyn gedrag steeds toeneem, het die inligtingsministerie vandag 'n seminaar oor die etiese gebruik van sosiale media in Windhoek aangebied. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Linda Aipinge, waarsku dat toenemende aanlynmisbruik en seksuele uitbuiting, veral teen jong vroue, hul deelname aan politieke ruimtes toenemend afskrik.
Die DA sê hy het verskeie kere al probeer om uit te vind waar belangrike artefakte van die Stad Johannesburg, naamlik die burgemeester se goue ampsketting en die regimentswaard bewaar word. Dit is veronderstel om veilig in die bank te wees. Bongani Nkwanyana van die DA sê 'n oorsigbesoek wat…
Sosiale media loop oop met berigte dat staatsamptenare nie hulle maandelikse salaris ontvang het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die finansministerie, Wilson Shikoto gepraat. Hy maan die publiek om eerder bevestiging by die ministerie te kry.
Die GOOD-party het sy versoek aan die Wes-Kaapse Onderwysdepartement herhaal om 'n vyfjaarplan op te stel om die sistemiese probleme onder kinders in die provinsie aan te spreek. Dwelmmisbruik moet een van die belangrikste afdelings van die plan wees. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê as die provinsiale regering…
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê operasies sal binnekort oor land begin om vermeende Venezolaanse dwelmhandelaars te keer. Die Amerikaanse Weermag het meer as 12 oorlogskepe en 15 000 soldate in die streek ontplooi in wat die Pentagon Operation Southern Spear noem. Die Weermag het reeds meer as 80 mense…
Reaksie word ontvang op Selcom Namibia wat sê dat hy goedkeuring gekry het van PayPal en Mastercard om digitale betalings in Namibië moontlik te maak, ‘n reuse hupstoot vir aanlynsake en die kreatiewe bedryf. Die Bank van Namibië moet egter nog bepaal hoe die diens geïmplementeer kan word onder bestaande…
Dit wil voorkom asof Swapo skoonskip gemaak het en lei ver voor in verkiesingsuitslae. Die IPC het ver teruggesak en so ook die Affirmative Repositioning-beweging en die LPM. Verskeie onafhnaklike kandidate het baie goed vertoon in die streeksverkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah wat sê…
Die Direktoraat van Veeartsenydienste het 'n dringende openbare kennisgewing uitgereik na 'n uitbreking van Slenkdalkoors in Suid-Afrika aangemeld is. Die hoogs aansteeklike virussiekte wat deur insekte oorgedra word, het 80 skape naby Augrabies in die Noord-Kaap aangetas, slegs 40 kilometer van die Namibiese grens. Regina Valombola, skakelbeampte by die landbouministerie,…
AfriForum het kommer uitgespreek oor die parlementêre portefeuljekomitee oor Minerale en Petroleumhulpbronne se voorstel dat tydlyne vir omgewingsgoedkeuring verkort word. Hy sê dit kan veroorsaak dat korttermyn- ekonomiese voordele die uitwerking van mynbedrywighede op die omgewing en gemeenskappe oorskadu. Marais de Vaal van AfriForum sê die komitee se oproep dat…
Die nuutste grensbeperkings vir beheerde tuinbouprodukte vir 1 tot 31 Desember is vrygestel. Die tydelike beperkings is van toepassing op sekere groentesoorte, om plaaslike produksie met binnelandse vraag te balanseer, en voedselsekerheid en plaaslike landbou te ondersteun. Die beperkings is nie permanent nie, maar aanpassingsmaatreëls gebaseer op marktoestande en produksievoorspellings…
Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê as hy ʼn volledige groep gehad het, sou hy nie ʼn verdeling van 7-1 op die bank gekies het vir môre se kragmeting met Wallis nie. Albei spanne moet sonder eerstekeuse-spelers klaarkom omdat die wedstryd buite die toetsgleuf val. Die skrumskakel Cobus Reinach, wat die enigste…
Die DA doen 'n beroep op die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om te verseker dat klasgeld- en verblyfbetalings vir volgende jaar se akademiese jaar glad verloop. Die party waarsku dat vorige wanbestuur onder die voormalige minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, insluitend onreëlmatige raadsaanstellings, steeds die bestendigheid…
28 Nov 2AM
1 min
180 – 200
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.