Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
220 – 240

Tennis: Vroue kry selfde Een-duisend toernooi prysgeld as mans

Tennis: Die Vroue-tennisvereniging sê die prysgeld van alle gesamentlike Een-duisend toernooie sal vanaf 2027 dieselfde vir vroue- en manspelers wees. Dit bring die Kanadese Ope, Cincinnati Ope en Italiaanse Ope op dieselfde vlak as ander gesamentlike Een-duisend-toernooie. Die WTA se voorsitter, Valerie Camillo, sê die organisasie verminder ook vanaf volgende…
2 Oct 11AM 1 min

Geen geld vir nuwe voorwaardelike basiese inkomstetoelae nie

Die maatskaplike welsyn-ministerie sê daar is tans geen fondse beskikbaar om nuwe begunstigdes vir die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag te registreer nie. Minister Emma Kantema-Gaomas het in die parlement gesê die maandelikse toelaag van 600 Namibiese dollar is bedoel vir werklose en kwesbare huishoudings, terwyl persone wat reeds ouderdoms- of ongeskiktheidstoelaes…
2 Oct 11AM 1 min

Hoër petrolprys sal verbruikers knou

Reaksie word onvang op die jongste brandstofprysverhoging, met petrol wat vanaf Woensdag met 1 dollar en 50 sent per liter styg. Die ekonoom Almandro Jansen sê petrol het sedert Maart met sowat sewe dollar gestyg en waarsku dat hoër brandstofkoste steeds 'n las op verbruikersbesteding sal plaas. Hy het met…
2 Oct 10AM 1 min

Mudge prys vinnige reaksie op BKS-uitbreking

Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, prys die regering en staatsveeartse vir hul vinnige reaksie op die bek-en-klouseer uitbreking. Hy sê dat diere-opsporing vinnige inperking moontlik gemaak het en 'n totale landbou-inperking verhoed het. Hy vra egter 'n streng ondersoek na bewerings dat onwettige veebewegings oor die Oranjerivier…
2 Oct 10AM 1 min

Menslike denke moet behou word in tyd van KI

Die adjunk-visekanselier van Nust, Andrew Niikondo, sê dat die menslike denke behou moet word midde die wydverspreide aanvaarding van kunsmatige intelligensie. Hy het gepraat in aanloop tot 'n lesing met die titel “Humanity in the Era of AI” tydens die vyfde Internasionale Konferensie oor Inligtingstelsels en Opkomende Tegnologieë.
2 Oct 10AM 1 min

SA soek goedkoper openbare vervoer, minder misdaad

Vervoerminister Barbara Creecy sê terwyl geopolitieke druk kostes vir huishoudings opjaag, bevorder die regering ʼn geïntegreerde vervoerstelsel wat ontwerp is om openbare vervoer veiliger en meer bekostigbaar te maak. Oktober is Vervoer-maand. Creecy sê haar departement is besig om die openbarevervoer-toelaagstelsel te verander na ʼn verenigde ondersteuningsmodel wat op sekere…
2 Oct 9AM 1 min

Samewerking nodig om veldbrande te bekamp

Duisende hektaar noodsaaklike weiding om Omaruru en Kalkveld is deur onlangse veldbrande vernietig, met vyf groot brande wat verlede week alleen aangemeld is. Die vise-voorsitter van die Omaruru Boerevereniging, Markus Trede, waarsku dat die brande wat deur droë donderstorms, nalatigheid en oortredings van die houtskoolbedryf veroorsaak is, veeboerdery bedreig. Trede…
2 Oct 9AM 1 min

Mislukte teregstelling 'uiterste vorm van wreedheid'

Amnestie Internasionaal in Amerika sê Christa Pike se mislukte teregstelling bewys weereens dat die doodstraf wreed, onmenslik en vernederend is. Sy is in 1995 ter dood veroordeel weens moord, en het Woensdagaand twee dodelike inspuitings oorleef. Pike sou die eerste vrou in meer as 200-jaar wees wat in Tennessee tereggestel…
2 Oct 8AM 1 min

KI op slimfone 'kan SME's hupstoot gee'

Erongo-goewerneur Natalia Goagoses vra plaaslike mikro-, klein- en mediumgrootte ondernemings om kunsmatige intelligensie en digitale gereedskap aan te neem om produktiwiteit en markbereik te verhoog. Goagoses het by die eerste Kus-KI-beraad in Swakopmund beklemtoon dat slimfoon KI-toepassings daaglikse sakebedrywighede kan transformeer en die Erongo-streek as 'n toonaangewende kussentrum vir digitale…
2 Oct 8AM 1 min

George van der Merwe gesels oor El Niño-klimaatverskynsel

Weerkenner George van der Merwe sê hy ontvang gereeld navrae van die publiek oor presies wat die El Niño-klimaatverskynsel behels, wanneer dit gaan inskop, en wat Namibiërs oor die volgende paar maande in die weerpatrone kan verwag. Van der Merwe sê El Niño word gewoonlik gekenmerk deur toename in temperature,…
2 Oct 6AM 1 min

Akkerbouraad werk aan gewasversekeringsprogram vir Namibiese boere

Die Akkerbouraad ontwikkel 'n gewasversekeringsprogram om boere te help om klimaatsverwante risiko's die hoof te bied, insluitend die moontlike impak van El Niño volgende jaar. Die bestuurder van tuinbou-ontwikkeling, Emilie Abraham, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die program in oorleg met belanghebbendes in die versekering- en rampbestuur-sektore ontwikkel…
2 Oct 6AM 1 min

Riversdal-sonkragaanleg in Wes-Kaap in gebruik geneem

Die Riversdal-sonkragaanleg is amptelik in die Wes-Kaap in gebruik geneem. Die aanleg voeg hernubare energie en batteryberging tot die plaaslike elektrisiteitstelsel. Die aanleg beskik oor 'n sonkragkapasiteit van tien megawatt, kan tot 15-miljoen kilowatt-uur per jaar opwek met 'n batterybergingstelsel van tien megawatt-uur. Thomas Walters van die DA sê die…
2 Oct 5AM 1 min

Ballotti: Skoolhoofde moet verantwoording doen vir openbare en private fondse

Die adjunk-onderwysminister, Dino Ballotti, waarsku skoolhoofde en streekbeamptes om streng verantwoording te doen vir alle openbare en private fondse wat in jeugprogramme belê word. Hy sê dit sal help om beleggersvertroue te beskerm. Ballotti het daarop gewys dat streng finansiële aanspreeklikheid noodsaaklik is vir die voortsetting van korporatiewe vennootskappe soos…
2 Oct 5AM 1 min

NNN prys One Economy Foundation vir sy jeug-bemagtiging

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die One Economy Foundation geprys vir die bemagtiging van Namibiese jeug en mikro-ondernemings tydens hul 11de jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid in Windhoek. Nandi-Ndaitwah het beklemtoon dat sosiale transformasie 'n noodsaaklike nasionale bate is, tesame met ekonomiese groei, en die stigting geprys vir die voorsiening van jongmense van noodsaaklike…
2 Oct 5AM 1 min

Ramaphosa sê onderwysers en skole moet GBV help beveg

Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê opvoeders en die breër onderwysgemeenskap moet meer doen in die geveg teen geslagsgeweld en vrouemoord. Ramaphosa sê skole het 'n rol om te speel om geweld te voorkom voordat dit plaasvind. Hy het gister ’n toespraak gelewer by die 26ste Nasionale Onderwystoekennings in…
2 Oct 5AM 1 min

Kobus Laubscher prys Namibië se vinnige BKS-reaksie

Die landboukundige Kobus Laubscher sê die feit dat vervoer- en handel-inperkings so vinnig aangekondig is, wys hoe ernstig die regering die bek-en-klouseer-uitbreking opneem. Laubscher het Namibiese owerhede geprys vir hul vinnige reaksie en veral melding gemaak van deursigtige kommunikasie en die onmiddellike isolasie van die //Kharas-streek. Hy het met Kosmos…
2 Oct 5AM 1 min

City Power herstel 45% van sentrale-Johannesburg krag

City Power sê hy het 45-persent van die elektrisiteitstoevoer herstel wat deur 'n brand by sy sentrale substasie in Johannesburg geraak is. Volgens die nutsmaatskappy is die herstel vroeër as die verwagte tydperk van sewe dae voltooi. Krag is na die Carlton-sentrum en Standard Bank herstel, terwyl Selby deur 'n…
2 Oct 4AM 1 min

Nuwe brandstofpryse vandag aangekondig

Met die minister van myne en energie, Modestus Amutse, wat vanmiddag om 12-uur ‘n perskonferensie gaan hou, moet Namibiërs hulself maar gereed maak vir ‘n moontlike brandstofprysverhoging. Oliepryse bly hemelhoog en onsekerheid oor die veiligheidsituasie in die Rooi See het daartoe bygedra dat die Suid Afrikaanse Sentrale Energiefonds ook vandag…
2 Oct 4AM 1 min

Trump erken Iran-oorlog kan sy party in November-verkiesings benadeel

 President Donald Trump van Amerika erken dat die sewe maande lange oorlog teen Iran die Republikeinse Party se kanse in die November-middeltermyn-verkiesing kan belemmer. Hy het voorheen gewaarsku Teheran wil nie voor die verkiesing ʼn ooreenkoms bereik nie. Iran het onlangs ʼn skietstilstand van sewe dae voorgestel, en dat die…
2 Oct 3AM 1 min
220 – 240