Met die minister van myne en energie, Modestus Amutse, wat vanmiddag om 12-uur ‘n perskonferensie gaan hou, moet Namibiërs hulself maar gereed maak vir ‘n moontlike brandstofprysverhoging. Oliepryse bly hemelhoog en onsekerheid oor die veiligheidsituasie in die Rooi See het daartoe bygedra dat die Suid Afrikaanse Sentrale Energiefonds ook vandag…
President Donald Trump van Amerika erken dat die sewe maande lange oorlog teen Iran die Republikeinse Party se kanse in die November-middeltermyn-verkiesing kan belemmer. Hy het voorheen gewaarsku Teheran wil nie voor die verkiesing ʼn ooreenkoms bereik nie. Iran het onlangs ʼn skietstilstand van sewe dae voorgestel, en dat die…
Die regering sê sy vierpunt-herstelplan sal die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord versterk. Die plan beoog om polisiëring, ondersoeke, forensiese werk en vervolgings te verbeter, en sal fokus op onopgeloste moorde, verkragtings en ernstige seksuele misdrywe waarby vroue en kinders betrokke is. Mans en seuns word ook aangemoedig om hulle…
Die vakbond Solidariteit het verskeie staatsinstellings en munisipaliteite gewaarsku om nie bepalings van die Wet op Openbare Verkryging, wat tans ongeldig is, in tenderprosesse te gebruik nie. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof gelas het die wet is onregmatig verorden. Theuns du Buisson van Solidariteit sê ras-, geslags- of gestremdheidsvereistes…
Andreas Shaanika, hoof van konsultasie by Old Mutual Namibië, doen 'n beroep op gewone Namibiërs om nie die Wet op Finansiële Instellings en Markte, of Fima te ignoreer nie, aangesien dit hul geld raak. Hy sê die wetgewing is relevant vir werkers wat tot aftreefondse bydra, mense wat vir mediese…
Die Randburgse Landdroshof het aantygings gehoor oor 'n aand toe die geskorste adjunk nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, en twee meisies, van onderskeidelik 16- en 18-jaar-oud jaar oud saam was. 'n Ondersoekbeampte, bekend as sersant Ndlovu, het getuig Sibiya het die meisies na bewering na 'n ontkleeklub geneem voor hul teruggekeer…
Die Namibian Revolutionary Transport Union, Naretu, neem sy inisiatief om bestuurders in defensiewe bestuur op te lei, 'n stap verder. Die vakbond en die Automobielvereniging van Namibië het 'n ooreenkoms onderteken om vragmotorbestuurders toe te rus om gevare op die pad te identifiseer, potensiële gevare te voorsien en gepas daarop…
Krieket Namibië is slaggereed om die wêreld in 2027 na die land te verwelkom! Namibië tree as gasheer op vir die ICC-krieketwêreldbeker vir mans in 2027, met die groot toernooi wat op 2 Oktober 2027 afskop. Die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van onderwys en sport, Gerard Vries, sê hy…
Befondsing van 11 miljoen Namibiese dollar is tot dusver verkry vir die restourasie van Windhoek se historiese Alte Feste. Die projek is nou in sy tweede fase. Die restourasie van die gebou se Wesvleuel vorder goed en werk aan nuwe vloere, elektriese infrastruktuur, strukturele versterking en die herstel van vensters…
Die Suid Afrikaanse Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het haar kantoor se prestasie geprys, nadat hy vir 'n tweede agtereenvolgende jaar 'n skoon oudit behaal het. Gcaleka sê die instelling se saakafhandeling het tot 89% verbeter, terwyl sake wat deur die howe hersien is, met 87% afgeneem het. Sy sê die…
Intussen sê die Namibiese Landbou-unie dat die BKS-uitbreking steeds beperk bly tot vyf plase in die //Kharas-streek, soos deur die landbou-ministerie aangemeld is. NLU-president, Thinus Pretorius sê die Direktoraat Veeartsenydienste werk nou daaraan om te bepaal presies wanneer die siekte die grens oorgesteek het:
Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Somadoda Fikeni, waarsku korrupsie en ingewortelde mislukkings in Suid-Afrika is nie toevallig nie. Hy het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Openbare Administrasie en Bestuur in Durban toegespreek. Fikeni sê ondoeltreffendheid kan 'n winsmodel word vir diegene wat daarby baat vind. Hy beskryf dit as 'n politieke…
NamPower het ter viering van sy 30ste bestaansjaar sy geïntegreerde strategiese sakeplan vir 2026 tot 2030 bekendgestel, om plaaslike kragopwekking te bevorder, invoerafhanklikheid te verminder en bekostigbare elektrisiteit te verseker. Besturende direkteur Kahenge Haulofu sê bates het gegroei van 'n aanvanlike 3,8 miljoen Namibiese dollar tot 59 miljard dollar. 'n…
Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom Eskom se besluit om sy kwytskelding van registrasiekoste vir klein sonkragstelsels van tot 50 kilovolt-ampère tot verdere kennisgewing te verleng. Die organisasie sê Eskom dring egter steeds aan dat registrasie verpligtend is, selfs vir veilige huishoudelike stelsels wat nie krag na die netwerk invoer nie…
Visepresident Lucia Witbooi vra 'n verskuiwing van korttermynoplossings na robuuste, nasionaalgeleide ontwikkelingstrategieë wat plaaslike hulpbron-benefisiasie en impak op grondvlak dryf. Sy het by die opening van die 2026 Africa's Future-konferensie gesê dat oorbrugging van die kontinent se ekonomiese gaping sterk vennootskappe, institusionele veerkragtigheid en multidissiplinêre navorsing vereis, in lyn met…
SMEs Compete doen 'n beroep op eienaars van kleinbesigheide om groter verantwoordelikheid te aanvaar om te verseker dat hul ondernemings professioneel bestuur en geposisioneer word om finansiering te bekom. Direkteur Danny Meyer sê daar is te veel heen-en-weer-kommunikasie tussen kleinsakeondernemings en finansiers. Hy sê leners wys op swak bestuur, terwyl…
Bryan Eiseb het amptelik die amp as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie aanvaar en Paulus Noa opgevolg wat 20 jaar in die pos gedien het. Tydens 'n seremonie het Noa simbolies die sleutels van sy kantoor aan Eiseb oorhandig, wat die oorgang van die kommissie se stigtingsleierskap na sy nuwe administrasie…
Die IPC se parlementêre leier, Imms Nashinge, steun die LPM se bewerings dat Swapo-ministers doelbewus vertragingstaktieke gebruik om aanspreeklikheid in die Nasionale Vergadering te ontduik. Nashinge sê dat ministers doelbewus laat opdaag sodat vraagtyd uitloop voordat hulle vrae kan beantwoord. Hy het ook voorsittende beamptes gekritiseer vir die sensuur van…
Die land se voorraad slangteengif het gestabiliseer danksy die Pan African Premium-polivalente teengif, wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie goedgekeur is, wat in die land aangekom het. Kosmos 94.1-nuus het met die slangkenner Francois Theart gesels, wat sê daar's nog ander teengif-tekorte:
1 Oct 10AM
1 min
240 – 260
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.