Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3180 – 3200

Peter, Malakia Elindi bied N$50 000 elk vir borgtog aan

In sy slotbetoë tydens borgtogaansoeke in die Namcor-korrupsiesaak het verdedigingsadvokaat Sisa Namandje aangevoer dat die aanklagte teen sy kliënte, Peter en Malakia Elindi, nie volledig ontwikkel is nie. Hy het die hof versoek om hulle borgtog van 50 000 Namibiese dollar elk toe te staan, met voorwaardes.
13 Aug 8AM 1 min

DA boos oor swak vervolgings vir onwettige vuurwapens

Die DA sê dit is kommerwekkend dat die Nasionale Vervolgingsgesag nie kan naspoor of SAPD-arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit tot vervolging of skuldigbevindings lei nie. Die Wes-Kaapse polisie het tussen Januarie 2020 en Desember 2024, 13 727 arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit aangemeld. Slegs 1 745 sake het egter in skuldigbevindings geëindig,…
13 Aug 8AM 1 min

DA reageer op stygende werkloosheid in buurland

Die DA sê die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon dat ekonomiese hervormings vir groei en werkgeleenthede dringend ingestel moet word. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het met 0,3-persentasiepunte in die tweede kwartaal van hierdie jaar gestyg tot 33,2-persent. Volgens Statistiek SA is 140 000 meer mense werkloos in vergelyking met die eerste…
13 Aug 6AM 1 min

Mansour vra vir druk dat media Gaza mag binnegaan

Vir meer as twee jaar het Israel buitelandse joernaliste toegang tot Gaza geweier. As gevolg van hierdie beperkings het die meeste van die wêreld se verslaggewing van binne Gaza staatgemaak op plaaslike Palestynse joernaliste en mediawerkers waaronder 237 deur Israel se weermag gedood is.
13 Aug 6AM 1 min

Ekonoom sê oor NPD6 se 7% groei... is dit moontlik?

Die jongste ekonomiese voorspellings skep kommer oor Namibië se NDP6-ontwikkelingsplan. Terwyl die plan 'n jaarlikse groeikoers van 7 persent vereis om sy doelwitte te bereik, het beide die Bank van Namibië en Cirrus hersiene, laer groeivooruitsigte van onderskeidelik 3,5 persent en 3 persent vir die jaar vrygestel. Dit kom terwyl…
13 Aug 6AM 1 min

Cran sê verkoop van MultiChoice sal goed wees vir verbruiker

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, sê Namibië kan baat vind by Canal+ se voorgestelde verkryging van MultiChoice-groep vir 35 miljard Amerikaanse dollar. Hoewel die transaksie geen onmiddellike impak op plaaslike uitsaailisensies het nie, sê Cran dat dit meer diverse inhoud, beter dienste, laer koste en belegging in infrastruktuur, tegnologie en…
13 Aug 6AM 1 min

Repokoers derde keer onveranderd gehou

Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee het eenparig besluit om die repokoers onveranderd te hou. Die bank se goewerneur Johannes !Gawaxab…
13 Aug 6AM 1 min

Namibië reis na Oostenryk om by kerngroep aan te sluit

Namibiese afgevaardigdes sal volgende maand na Oostenryk reis om met die Kernverskaffersgroep en die Internasionale Atoomenergieagentskap te vergader. Die doel van die reis is om Namibië se bod om by die Kernverskaffersgroep aan te sluit, te bespreek. Die Kabinet het die bod reeds goedgekeur. Volgens dr. Gabi Schneider, direkteur van…
13 Aug 6AM 1 min

Repokoers: BoN sal leiding neem by SARB

Soos deur verskeie ekonome voorspel is die repokoers onveranderd gelaat op 6,75 persent. Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee het eenparig besluit. Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald het sy reaksie so verwoord.
13 Aug 5AM 1 min

Ooreenkomste nodig om SA-vleisuitvoere tydens siekte te beskerm

Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders sê dringende verdelingsooreenkomste is nodig om Suid-Afrika se beesvleisuitvoere tydens siekte-uitbrekings te beskerm. Die vleisbedryfvereniging sê sulke ooreenkomste met handelsvennote sal 'n volledige uitvoerverbod voorkom wanneer siektes soos bek-en-klouseer uitbreek, met beperkings wat slegs geaffekteerde gebiede sal raak. Die vereniging se uitvoerende hoof, Imameleng…
13 Aug 5AM 1 min

Wet op inligting: Cran waarsku oor nie-nakoming

Die kommunikasie owerheid, Cran, dring daarop aan dat daar streng nagekom word op die Wet op Toegang tot Inligting van 2022, wat vereis dat openbare en private liggame proaktief inligting moet verskaf. Oortredings kan lei tot daaglikse boetes van 2 000 tot 30 000 Namibiese dollar. Cran sê nakoming beskerm…
13 Aug 4AM 1 min

Badenoch looi Starmer oor migrasie

Die Britse Konserwatiewe leier, Kemi Badenoch, kritiseer die regering se beleid oor migrasie. Die jongste data toon dat meer as 50 000 migrante die Engelse Kanaal met klein bote oorgesteek het sedert Keir Starmer eerste minister geword het. Volgens die Internasionale Organisasie vir Migrasie het minstens 20 mense vanjaar gesterf…
13 Aug 4AM 1 min

Ten spyte van kommer, vorder HPV-inenting baie goed

Die gesondheidministerie se HPV-inentingsprogram in skole eindig Vrydag. Ten spyte van disinformasie oor die entstof wat 'n bohaai op sosiale media veroorsaak het, blyk dit asof die program baie goed verloop. Kosmos 94.1 Nuus het met die gesondsheidsministerie se segsman Walters Kamaya gepraat.
13 Aug 3AM 1 min

Saftu waarsku oor werkloosheidkrisis wat sal vererger

Die vakbondfederasie, Saftu, waarsku die land se werkloosheidskrisis gaan verder toeneem weens die Amerikaanse tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere. Die land se amptelike werkloosheidsyfer het vanjaar in die tweede kwartaal met 0,3-persentasiepunte toegeneem tot 33,2-persent. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê president Donald Trump se handelsoorlog is nie oor…
13 Aug 3AM 1 min

Nelson Mandelabaai se werkloosheid sal vererger - DA

Die DA het alarm gemaak nadat Nelson Mandelabaai die meeste werksverliese in die Oos-Kaap gely het, met ongeveer 42 000 werksgeleenthede wat in die tweede kwartaal hierdie jaar verlore is. Die amptelike werkloosheidsyfer in die Metro het van 22,3-persent tot 26,4-persent gestyg, met die uitgebreide koers wat tot 35-persent gestyg…
13 Aug 2AM 1 min

One Economy kry inspuiting, brei werk uit

Maatskaplike welsynsprogramme onder die One Economy Foundation sal kan voortgaan om te groei en ontwikkel na 'n inspuiting van 3,4 miljoen Namibiese dollar. Dié bedrag is die afgelope naweek ingesamel tydens die stigting se 10de viering en jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid in Windhoek. Oor die afgelope 10 jaar is meer as 100…
13 Aug 2AM 1 min

SA-beroepstudente kry nie volle NSFAS betaling nie

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente sê instellings vir tegniese beroepsonderwys en -opleiding se studentetoelaes word nie betaal in rekeninge wat nie bygewerk is nie. Die skema loop al jare lank deur onder omstredenheid en studente kla dat hulle verblyf- en leeftoelaes nie betyds betaal word nie. Die skema se…
13 Aug 1AM 1 min

President het net lof vir Lubango-hoof, Hawala, sê hy is 'n ikoon

President Netumbo Nandi-Ndaitwah beskryf die ontslape hoof van die Lubango-kerkers en oud weermaghoof, Solomon Hawala as ‘n ikoniese figuur van die Namibiese rewolusie, en sê dat hy sy lewe gewy het aan die nastrewing van vryheid, vrede, eenheid en voorspoed vir alle Namibiese mense. Sy sê sy nalatenskap plaas hom…
13 Aug 1AM 1 min

WGO bepleit meer hulp in Gaza

Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku openbare gesondheid in Gaza is rampspoedig met hospitale wat ver bo hul vermoë moet werk. Minder as 50-persent hospitale en 38-persent basiese gesondheidsorgsentrums in Gaza is net gedeeltelik funksioneel. Sedert die begin van 2025 is 227 mense, insluitend 103 kinders, volgens berigte dood aan wanvoeding. Dokter Rik…
13 Aug 1AM 1 min
3180 – 3200