Die gesondheidsministerie sê daar is ongeveer 161 ongevulde gesondheidsorgposte in die Kunene-streek, as gevolg van die gebrek aan begroting vir nuwe aanstellings. Walters Kamanya, die woordvoerder by gesondheid sê sodra begrotingsverligting beskikbaar gestel word, sal die ministerie 'n wye reeks maatreëls implementeer, soos 'n landelike ontberingstoelaag vir gesondheidswerkers om hulle…
Die Oshikoto-goewerneur Sacky Kathindi het vandag sy streeksrede gelewer. Hy het melding gemaak van verskeie infrastruktuur-projekte en suksesse in elektrifisering en sanitasie uitgelig, maar daar is ook uitdagings.
Olimpiese Spele: Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy het gedink die Amerikaanse Olimpiese en Paralimpiese Komitee sou sonder sy invloed optree teen transgender atlete wat aan vrouesport deelneem. Hy het 'n uitvoerende bevel onderteken vir die skep van 'n taakmag in die Withuis om die federale regering se voorbereidings…
Namport het meer as 78 miljoen Namibiese dollar aan korporatiewe maatskaplike beleggings toegewys deur sy maatskaplike beleggingsfonds, met die fokus op onderwys, gesondheid en die omgewing. Die maatskappy ken nou 1 persent van sy jaarlikse inkomste toe aan maatskaplike projekte, wat sy 2025/26-begroting hiervoor tot 19 miljoen dollar verhoog het…
’n Ondersoek het onthul dat die uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, en die instelling se woordvoerder, Phasha Makgolane, 'n joernalis van Daily Maverick, Pieter-Louis Myburgh, 60 000 Suid-Afrikaanse rand se omkoopgeld aangebied het om ʼn ondersoek te laat vaar. Die ondersoek gaan oor Malaka se eiendomstransaksies en…
Amerika se gesant by die Verenigde Nasies, Dorothy Shea, sê terwyl druk op Hamas nodiger as ooit is, het sommige begin om Hamas aan te moedig en onderhandelaars se pogings te ondermyn. Dit volg nadat lande soos Frankryk, die Verenigde Koninkryk en Kanada planne aangekondig het om Palestina amptelik as…
Die Forum for South Africa het 'n beroep gedoen op die waarnemende minister van die Polisie, Firoz Cachalia, om korrupsie binne die polisie te beveg en van politieke slagvelde af weg te bly. Die organisasie waarsku dat misdaad nie sal verminder terwyl korrupte beamptes in uniform is nie. Tebogo Mashilompane…
Die Suide kry koud en boere sê hulle bibber onder nóg kouer toestande, met temperature wat na verwagting tot –1 môre sal daal. Hulle het maatreëls ingestel om hulle diere te beskerm en, hulle hoop op reën. Kosmos 94.1 Nuus het met Dolf de Wet, van plaas Mickberg naby Grünau…
Die ondersoeker van die Teenkorrupsie-kommissie Oberty Inambao is tans besig om in die Namcor-borgaansoek te getuig. Inambao het die harte van die publiek gewen met sy getuienis-styl maar, hy het ook uiters baie inligting. Vanoggend het hy verduidelik hoe fondse gekanaliseer is deur maatskappye wat verband hou met die Elindi-…
Sowat 50 Walvisbaai-inwoners wat verlede week van private grond gesit is, het 'n petisie aan Erongo-goewerneur Nathalia /Goagoses oorhandig en die uitsetting barbaars en onmenslik genoem. Die petisie, wat deur die Swapo-jeugliga ingedien is, erken die eienaar se regte, maar dring aan op 'n meer deernisvolle benadering, veral omdat die…
Die regering sê Suid-Afrika bly verbind tot ʼn beginselvaste en diplomatieke oplossing vir die 30-persent tariefverhoging op uitvoere na Amerika in ʼn poging om ʼn wedersyds voordelige handelsooreenkoms te bereik. Amerika is Suid-Afrika se derde grootste handelsvennoot waarheen 7,5-persent van die land se uitvoere heen gaan. Die regeringswoordvoerder, Nonkululeko Mtshali,…
President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om ʼn Withuis-taakspan saam te stel vir die 2028 Olimpiese Spele in Los Angeles. Volgens die bevel moet die taakspan sekerheid en beplanning vir die Spele koördineer, en die visumproses en sertifisering vir atlete, afrigters, die media en ander besoekers…
Brandbestryders van die omgewingsministerie en die weermag is op die toneel suidwes van Okaukuejo waar ‘n brand oornag van Mooiplaas aangrensend aan die park ontstaan het. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndeshipanda Hamunyela, die omgewingministerie se woordvoerder gepraat.
Meer inligting is bekend oor die bevindings van die Amerikaanse Kuswag wat bepaal het dat die inploffing van OceanGate se Titan-diepseetuig op 18 Junie 2023, waarin al vyf mense aan boord gesterf het, voorkombaar was. OceanGate se uitvoerende hoof, Stockton Rush, was een van die oorledenes. Die Kuswag se 335-bladsye…
Die VN se assistent-sekretaris vir Europa, Sentraal-Asië en die Amerikas, Miroslav Jenča, het verslae dat Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu kabinetsgoedkeuring soek om Gaza ten volle te beset, as diep kommerwekkend beskryf. Hy het gepraat by 'n VN Veiligheidsraad spesiale sitting in New York oor gyselaars in Gaza.
Reaksie word ontvang op die opdrag deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, dat alle plaaslike owerhede opdrag gegee het om nie kontrakte met RedForce Debt Management te hernu of toe te teken nie, met verwysing na probleme wat veroorsaak word deur die maatskappy se aggressiewe skuldinvorderingstaktieke…
Die veiligheid- en sekuriteitsminister, Lucia Iipumbu, het tydens die bekendstelling van Operasie Lucia in Oshakati die polisie aangespoor om voorkoming en bemiddeling te prioritiseer bo arrestasies, weens oorvol aanhoudingselle. Sy het professionaliteit en integriteit as ononderhandelbaar beklemtoon en die herlewing van buurtwag-inisiatiewe aangemoedig. Iipumbu het ook 'n beroep gedoen op…
Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê die 30-persent tariefverhoging op Suid-Afrika se uitvoere na Amerika is ʼn desperate poging van ʼn mag wat voel sy invloed raak minder. Die regering waarsku die tariewe kan die land sowat 30 000 werksgeleenthede kos. Amerika is Suid-Afrika se derde…
Die ANC-jeugliga sê hulle eis die vinnige en beslissende instel van 'n handelsbeleid ná Amerika se aankondiging oor 30-persent-tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere. President Cyril Ramaphosa het tydens die ANC se nasionale uitvoerende komiteevergadering in Ekurhuleni gesê die regering sal maatreëls instel om die veerkragtigheid van die ekonomie en toekomstige uitvoere…
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het Dinsdag 'n spesiale sitting oor die gyselaars in Gaza gehou. Ilay David, wie se broer Evyatar David in een van die video's was wat oor die naweek deur Hamas en Palestynse Islamitiese Jihad vrygestel is, het via videoverbinding uit Israel gepraat. Hy het beklemtoon…
6 Aug 2025 1AM
1 min
3360 – 3380
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.