100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,605 Episodes
12 – 32

Lefpa vra publiek om saam te werk om brande te voorkom

Die Laeveld-brandbeskermingsverening bereken dat 15 brande van Machadodorp en Kaapsehoop tot Bosbokrand en Witrivier die afgelope 12 dae sowat 15-duisend hektaar plantasies, plaasgrond en velde verwoes het. André Scheepers van Lefpa vra dat mense nie tot die stig van brande by dra nie.
16 Jul 5AM 1 min

Man moet 20 jaar sit na hy sy verloofde skiet

Die KwaMhlanga-streekhof het die 43-jarige Gladstone Sipho Mahlangu tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy verloofde en poging tot moord op haar kêrel in 2019. Hy het lobola aan Siphiwe Mavis Mokoena se familie betaal en hulle het twee kinders saam. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder…
15 Jul 9AM 1 min

Twee bendelede nege lewenslange vonnisse opgelê in Mbombela

Twee bendelede is Vrydag deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela ‘n gekombineerde nege lewenslange vonnisse en 60 jaar tronkstraf opgelê vir veelvuldige moordsake. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het Sikhumbuzo Shaun Mpangane en Bonginkosi Shakoane tussen Desember 2020 en Junie 2021 in die Bosbokrand-area vermoor ses…
15 Jul 5AM 1 min

Pumas kry tuis pak slae in tweede ronde van Curriebeker

Die Fidelity ADT Leeus kon Vrydagaand in Mbombela tien drieë druk teen die Airlink Pumas om hulle met 75-21 pak slae te gee in die tweede ronde van die Curriebeker. Die Leeus het teen rustyd met 35-7 voorgeloop. Tapiwa Mafura kon ‘n driekuns behaal en Sam Francis het op sy…
15 Jul 5AM 1 min

Oud-Nellie-atleet op pad na Olimpiese Spele

Ashley Erasmus het gekwalifiseer om in gewigstoot deel te neem aan die Olimpiese Spele in Parys. Dié oud-leerling aan Hoërskool Nelspruit het by die onlangse Afrika-atletiekkampioenskappe in Kameroen die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om deur die 18-meter grens te breek. Haar wen-afstand van 18,17-meter het die vorige SA-rekord van 17,88-meter…
12 Jul 7AM 1 min

DA eis plan vir leerlinge om drie weke se skoolwerk op te vang

Die DA in Mpumalanga het ‘n brief gerig aan die LUR vir Onderwys, Cathy Dlamini, om ‘n plan op te stel oor hoe leerlinge wat vir drie weke skool misgeloop het weens protesaksie oor dienslewering, hul skoolwerk gaan opvang. Annerie Weber, ‘n lid van die wetgewer en die DA se…
11 Jul 7AM 1 min

Vrou gevonnis wat voornemende verpleegkunde-studente in Kabokweni bedrieg

‘n Vrou wat haarself as ‘n werknemer van die Kabokweni-verplegingskollege voorgedoen het en voornemende student besteel het, is tot agt jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis. Die 50-jarige Nomthandazo Matsane is gister deur die Hof vir Gespesialiseerde Handelsmisdade in Nelspruit skuldig bevind aan bedrog. Volgens die Valke het sy…
11 Jul 7AM 1 min

Curriebeker: Pumas wil Leeus voor seer maak

Die Airlink Pumas sê môre by Mbombela-stadion die Fidelity ADT Leeus die stryd aan in hul eerste tuiswedstryd van vanjaar se Curriebeker-toernooi. Die 2022-kampioene het die afgelope naweek die Griekwas laat les opsê in Kimberley en speel nou drie wedstryde tuis. Die Leeus, daarteenoor, moes hard werk vir hul een-punt-oorwinning…
11 Jul 5AM 1 min

Lefpa bestry steeds vier brande te midde van hoë brandgevaar in Laeveld

Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging sê hulle bestry nog vyf brande. Volgens André Scheepers van Lefpa is drie van hulle brande wat hulle reeds sedert ten minste gister stoei om onder beheer te kry, en twee het nuut ontstaan. Die brandgevaar-indeks vir vandag in die Laeveld is oranje, wat dit baie gevaarlik maak…
10 Jul 8AM 1 min

Onderwysdepartement begin Mandelamaand-viering in Nkomazi

Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, skop môre by MC Zitha Sekondêr in Nkomazi haar departement se Mandelamaand-vieringe af. Die tema waaronder dit vanjaar gevier word is: “Dit is in ons hande om armoede en ongelykheid te beveg.” ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê amptenare sal,…
10 Jul 7AM 1 min

AfriForum-buurtwagte help verwoestende Laeveldse brande bestry

# AfriForum se buurtwagte in Witrivier, Machadodorp en Mbombela help sedert die naweek om die verwoestende brande wat reeds meer as 4-duisend-500-hektaar se plantasies en makadamiaboorde vernietig het te beveg – in samewerking met die Laeveld-brandbeskermingsvereniging en gemeenskapslede. Arlo van Heerden, AfriForum se streekskoördineerder vir die Mpumalanga Laeveld, benadruk dat…
10 Jul 5AM 1 min

Bedrieër word in September gevonnis

'n Voormalige plaasbestuurder van Hazyview is gister deur die Nelspruit Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof skuldig bevind op 20 aanklagte van bedrog van meer as R4,4 miljoen. Kenneth Keletso Chiloane moes in 2012 Koeltehuis se geelvlootbesigheid bestuur wat toerusting gelewer het aan Komani. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in…
10 Jul 4AM 1 min

Beroep om Victor Khanye onder administrasie te plaas

Die DA doen ‘n beroep op die nuut-aangestelde LUR vir Samewerkende Regering in Mpumalanga, Speedy Mashilo, om die Victor Khanye-munisipaliteit (in Delmas) onder administrasie te plaas. Diane Bath, die DA koukusleier, sê dit het aan die lig gekom dat die provinsiale tesourie die munisipaliteit se finansies fyn dophou, na sy…
9 Jul 7AM 1 min

Wees versigtig met oop vure te midde van hoë brandgevaar

Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging sê hulle stoei vanoggend om twee veldbrande onder beheer te kry. Volgens André Scheepers van Lefpa woed een tussen Witrivier en Sabie en Hazyview en die ander in die Badplaas-Kaapsehoop-Ngodwana-area. Hy sê die wind waai nog kwaai in areas, wat hul taak aansienlik bemoeilik. Saam met droë, warm…
9 Jul 5AM 1 min

Pumas positief voor eerste Curriebeker tuiswedstryd

Die Pumas het die Curriebeker die naweek afgeskop met 'n sege oor die Griekwas van 44-24 in Kimberley. Hul eerste tuiswedstryd is hierdie Vrydag by Mbombela-stadion teen die Leeus. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê die Puma-span begin nou vorm aanneem en die Leeus het die kompetisie self op 'n wennoot afgeskop:…
9 Jul 4AM 1 min

Rugby: Curriebeker-premiers-afdeling in volle swang

Rugby: Die Premiers-afdeling van die Curriebeker het die naweek afgeskop, met die Airlink Pumas wat die Griekwas Vrydag 44-24 in Kimberley geklop het. Die Leeus het met 26-25 oor die Haaie geseëvier in Durban. Die Cheetahs kon 82 punte aanteken teen die Griffons in Bloemfontein wat 20 op die bord…
8 Jul 5AM 1 min

Buitelanders vasgetrek weens R3m in vervalste banknote

Elf Ugandese verskyn vandag in die landdroshof in Ermelo in verband met die onwettige besit van vervalste geld met ‘n sigwaarde van drie-miljoen-Rand. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die verdagtes, wat sakke by hulle gehad het, is Donderdag in hegtenis geneem. Mdhluli sê hulle het verdag opgetree en…
8 Jul 4AM 1 min

Liggaam van driejarige dogtertjie in Pienaar ontdek

Die liggaam van die driejarige Peaceful Khoza is gister in Pienaar opgegrawe. Sy is Woensdagoggend ontvoer. Haar liggaampie is verbrand en in 'n vlak graf begrawe - agter die huis van die 18-jarige moordverdagte se ouma. Dieselfde man word deur die polisie aangehou weens die moord op Junior Mabandla. Die…
5 Jul 4AM 1 min

Vermeende transitorower weens 2020-saak herarresteer

‘n Man wat aangekla word weens twee transitorooftogte is deur die Kabokweni-landdroshof borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan. Volgens die Valke-woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, is Mpendulo Absina Hassane in November aangekeer vir ‘n transitoroof buite Malalane in Augustus. Hy is met sy vingerafdrukke aan die toneel gekoppel. Hy is borgtog toegestaan. Bloedtoetse…
4 Jul 8AM 1 min

Oorskot van vermiste sesjarige in Pienaar gevind

‘n 18-jarige wat verbind word met die verdwyning van twee kinders in Pienaar buite Mbombela, is onder polisiebewaking in die hospitaal na gemeenskapslede hom gisteraand aangerand het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, sê die man het glo teenoor die mense erken hy het met die kinders se verdwyning…
4 Jul 5AM 1 min
12 – 32