100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1540 – 1560

Veldwagters beleef 'n suksesvolle naweek in die Krugerwildtuin

Vier vermeende renosterstropers is die naweek in die Krugerwildtuin vasgetrek. Een is dood toe hy deur 'n trop olifante vertrap is. Nog een het suksesvol gevlug, na vermoede in Nyongane in. Ike Phaahla dink die operasies, wat Saterdag en Sondag plaasgevind het na aanleiding van roetine-operasies, is goed vir die…
19 Apr 2021 5AM 1 min

Twee mans vermoor in groepsgeweld

Twee mans is die week dood in afsonderlike gevalle van groepsgeweld in Bosbokrand. Volgens kolonel Donald Mdhluli was die eerste voorval Woensdag toe drie gewapende mans ‘n winkeleienaar in Zoeknog probeer beroof het. Hy het alarm gemaak. Twee aanvallers kon vlug, maar die een wat agtergelaat is, is deur lede…
17 Apr 2021 6AM 1 min

Hoftolk aangekeer vir beweerde korrupsie

‘n Veertig-jarige tolk by die Mkhuhlu-hof sal Maandag in die hof in Bosbokrand verskyn op klagte van korrupsie. Die man is gister deur die Valke gearresteer. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi word beweer dat hy tussen Januarie en Maart twee mense omkoopgeld gevra het om sake teen hulle te laat verdwyn…
17 Apr 2021 6AM 1 min

Dasha Foundation baat by Innibos se eerste huiskonsert

Antoinette en Jacques Goosen was die eerste gashere van Innibos se huiskonserte verlede maand. Die reeks word deur kykNET geborg en elke maand by 'n ander Laeveldse inwoner aangebied. Hulle kan dan vriende nooi en almal ander kan die konsert luister op 100.5FM. Gaste word ook gevra om geld te…
16 Apr 2021 5AM 1 min

Private sektor vra om self Makhonjwa te bestuur

Die private sektor het die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, gevra om dringend 'n bestuurskomitee aan te stel om die Barberton Makhonjwa-bergreeks, te bestuur. Oupa Pilane, voorsitter van Satsa in Mpumalanga, sê die bestuur van die wêreld-erfenisgebied moet dringend na die private sektor verskuif. Hulle het…
16 Apr 2021 4AM 1 min

Taxi-bestuurder voor vir strafbare manslag na baba sterf

‘n 31-jarige taxi-bestuurder is Woensdag aangekla van strafbare manslag en roekelose bestuur. Hy het Dinsdag in Amersfoort glo twee voetgangers getref. ‘n 20-jarige man en 23-jarige vrou is beseer. Die vyf-maande-oue baba wat die vrou gedra het, is egter op die toneel dood. Daar word beweer dat Sibonise Patrick Mathebula…
16 Apr 2021 2AM 1 min

Jong ma van Bosbokrand vermis

‘n Drie-en-twintig-jarige vrou van Violet Bank naby Bosbokrand word vermis. Volgens die polisie se kolonel Donald Mdhluli is Memory Mashele tussen Vrydagaand en Saterdag by die huis weg, sonder om haar gesin te sê waarheen sy gaan. Die ma van drie is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld. Enigiemand…
15 Apr 2021 6AM 1 min

Krugerwildtuin kry eerste vroulike hoofveldwagter

Cathy Dreyer is aangestel as die eerste vroulike hoofveldwagter van die Nasionale Krugerwildtuin. Dreyer is tans die hoof van bewaring by die Addo-olifant Nasionale Park. Sy begin op 1 Mei in haar nuwe posisie by die wildtuin. Sy vervang Ken Maggs, wat afgetree het na amper 40 jaar by Sanparke…
14 Apr 2021 8AM 1 min

Dra 'n CAP vir Selanna

'n Gebedsaksie is van stapel gestuur vir die 19-jarige Selanna Biggs wat Sondag in haar karwrak gevind is, nadat sy vir amper 28 uur in haar motor vasgekeer was. ‘n Groot soektog na haar is van stapel gestuur voor sy eindelik in 'n plantasie gevind is. Sy het haar femur…
14 Apr 2021 7AM 1 min

NHS-atlete wen 'n hele handvol medaljes by SA's

Die tien Nellies-atlete wat Mpumalanga vanjaar by die SA-atletiekbyeenkoms in die Paarl verteenwoordig het, het die naweek ‘n allemintige vyf medaljes gewen. Ashley Erasmus het ‘n eerste plek behaal in die skyfwerp, meisies onder 18, met ‘n gooi van 48-punt-twee-meter. Sy het ‘n silwer medalje gewen in gewigstoot. Handré van…
14 Apr 2021 6AM 1 min

Shongwe-kosskool benodig meer plek vir leerlinge

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê daar is ‘n tekort aan koshuise vir al die kinders by Shongwe-kosskool. Hy het vandag by die skool in Nkomazi besoek afgelê. Volgens Majuba moet meer verblyf verskaf word, as fase twee van die kosskool se ontwikkeling. Die vier regerings-kosskole in…
13 Apr 2021 8AM 1 min

Geweldadige betogings kalmeer in Phalaborwa

Gewelddadige betogings wat Vrydag in Phalaborwa, Namakgale en Lulekani begin het, het kalmeer, na die polisie addisionele lede ingestuur het. Brigadier Motlafela Mojapelo van die polisie in Limpopo sê die R71 en R40 is weer oopgestel en die situasie is rustig. Net die paaie in die informele nedersettings is steeds…
13 Apr 2021 8AM 1 min

MTPA-staking duur steeds voort

Die onwettige staking deur werknemers van die agentskap vir toerisme en parke in Mpumalanga, duur nou al sewe dae. Hul kantore en die reservate wat deur die MTPA bestuur word, is al sedert Dinsdag gesluit vir die publiek. Die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, het Vrydag…
12 Apr 2021 6AM 1 min

Premier besoek baba wie se hand geamputeer is

Die premier het ook haar skok uitgespreek oor ‘n drie-week-oue baba wie se hand geamputeer is in die Bernice Samuel-hospitaal in Delmas. Refilwe Mtshweni-Tsipane het gister, saam met die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, die baba se gesin besoek. Die baba is aanvanklik vir diarree opgeneem. Weens komplikasies is haar…
12 Apr 2021 4AM 1 min

Vermiste meisie gevind

Die 19-jarige Selanna Biggs is gister gevind, na sy Saterdag as vermis aangemeld is. Sy was in ‘n motorongeluk op die Kaapsehoop-pad. ‘n Groot soektog na haar is van stapel gestuur. Volgens haar ma, Melissa, was sy vir meer as 27 uur in die wrak vasgekeer voor ‘n helikopter haar…
12 Apr 2021 2AM 1 min

Afname in sterftes op Mpumalanga se paaie oor Paasfees

Padsterftes oor Paasnaweek het vanjaar ‘n afname getoon: 18 mense is dood in ongelukke, ‘n afname van die 31 sterftes wat twee jaar gelede aangeteken is. Die helfte van die 18 was voetgangers. Die meeste noodlottige ongelukke was op die R40 en N4-tolpad. In totaal is 73 mense ernstig beseer…
9 Apr 2021 6AM 1 min

Private sektor doen beroep op regering om in te gryp by MTPA-staking

Georganiseerde toerisme in Mpumalanga het 'n beroep gedoen op die provinsiale regering om 'n einde te maak aan die onwettige staking deur MTPA-werknemers. Die parke agentskap se reservate is al sedert Dinsdag gesluit. Oupa Pilane, wat die Kruger-Laeveld-sakekamer en Satsa Mpumalanga verteenwoordig, sê toerisme kan dit nie bekostig nie, omdat…
9 Apr 2021 4AM 1 min

Moordondersoek land drie in hof op ou klagte

Drie mans het Dinsdag in die hof verskyn op dekade-oue klagtes wat heringestel is. Volgens die Valke is Elliot Sindane, Elvis Mlimi en Mabuthi Khoza in 2011 aangekeer vir onwettige jag, onwettige besit van vuurwapens, handel in renosterhoring en betreding. Kaptein Lloyd Ramovha voer aan twee sake is in 2012…
8 Apr 2021 8AM 1 min

Dogtertjie dood in Malalane ongeluk

‘n Klein dogtertjie is vanoggend in ‘n motorongeluk dood nadat die kar waarmee sy op pad was skool toe, in ‘n botsing betrokke was. Moeti Mmusi van die departement gemeenskapsveiligheid, het bevestig dat die twee voertuie in dieselfde rigting op die N4 in die rigting van Malalane gery toe hulle…
8 Apr 2021 6AM 1 min

Nuwe interaktiewe webtuiste bekendgestel in Mpumalanga

Die Mpumalanga wetgewer het vanoggend 'n nuwe webtuiste bekendgestel. Dit is meer interaktief, en het ten doel om dit makliker te maak vir die publiek om aan die wetgewer se aktiwiteite deel te neem. Vir die eerste keer sal inwoners nou ook op die webtuiste petisies kan begin.
8 Apr 2021 4AM 1 min
1540 – 1560