100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1560 – 1580

Kitsbank in Hazyview opgeblaas

Twee gewapende mans het in die vroeë oggendure ‘n kitsbank in ‘n winkel by ‘n vulstasie in Hazyview opgeblaas. Volgens die polisie se kolonel Donald Mdhluli het hulle die winkel binnegestorm, kontant geëis en werknemers gyselaar gehou. Hulle het sigarette en kontant uit die kasregisters geneem voor hulle die kitsbank…
7 Apr 2021 5AM 1 min

Robbie op pad na nasionale swemkampioenskap

Die 17-jarige Simone de Beer van Rob Ferreira het gekwalifiseer om volgende week aan die Suid-Afrikaanse senior nasionale swemkampioenskappe deel te neem. Sy het onlangs by die nasionale oopwater-kompetisie in Jeffreysbaai vierde gekom in die drie kilometer om hierdie mylpaal te bereik. Volgens haar afrigter, Nelia Pienaar van Guppie Tigers…
7 Apr 2021 4AM 1 min

Geen arrestasies nog na moord op Paassondag in Barberton

Die polisie het nog niemand aangekeer na ‘n skietery Sondag in Barberton ‘n man se lewe geëis het nie. Twee mans is tydens ‘n dispuut tussen twee sokkerspanne geskiet en na Barberton-hospitaal geneem, waar ‘n groep mans glo uit wraak die man geskiet wat een van die gewonde spelers hospitaal…
6 Apr 2021 6AM 1 min

Robs blink uit by provinsiale atletiekkampioenskap

Hoërskool Rob Ferreira se atlete het die naweek by die Mpumalanga atletiekkampioenskap in Secunda koning gekraai. Altesaam sewe-en-sestig atlete het deelgeneem - die meeste van enige skool. Robs se dertig medaljes was ook die meeste van enige skool, asook die tien provinsiale kampioene wat die skool opgelewer het. Hoofseun, Junior…
6 Apr 2021 6AM 1 min

TRAC gereed vir besige Paasnaweek

Die Paasnaweek is om die draai en TRAC is gereed vir die hoë volumes verkeer wat verwag word. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dié naweek is histories die besigste op die N4 tussen Gauteng, Mpumalanga en Maputo. TRAC doen wat hulle kan om verkeersopeenhopings te verhoed en skop Donderdag hul bewusmakingsveldtog…
6 Apr 2021 6AM 1 min

Barberton water steeds ‘n probleem, ondanks goeie reën

Die stormreëns vroeër die jaar het uiteindelik Barberton se jarelange waterkrisis opgelos, maar hul eie uitdagings gebring. DA-raadslid Philip Minnaar sê die Lomati-dam is nou sowat drie-en-tagtig persent vol – op van net veertien persent in Januarie. Maar hulle kan steeds nie water uit die Queen’s-rivier ontrek nie want dit…
6 Apr 2021 6AM 1 min

Witrivier-polisie in spervuur oor beweerde aanranding by stasie

Die polisie ondersoek ‘n insident waarin ‘n man gister in die Witrivier-polisiestasie aangerand is. Delia Jordaan en Barend Byliefeldt is die oggend deur ‘n groep karre tot stilstand gedwing. ‘n Vuurwapen is op hulle gerig en hul motorruit is uitgeslaan. Hulle is na die stasie agtervolg, waar die paartjie glo…
29 Mar 2021 8AM 1 min

DA vra dat Nkomazi ingryp in werkers se griewe

Die DA het ‘n beroep gedoen op Nkomazi-munisipaliteit om dringend in gesprek te tree met ontevrede werknemers wat glo verlede week die Driekoppies-waterwerke gesaboteur het. Verskeie areas is daardeur geraak, onder meer Shongwe-hospitaal. Verskeie klagtes oor vergoeding het werknemers glo tot die onwettige protesaksie gedryf. DA-raadslid Frank Shongwe sê die…
29 Mar 2021 7AM 1 min

Kanker-oorlewendes word bederf

KANSA se jaarlikse Relay for Life kon in 2020 nie plaasvind nie weens inperking. KANSA Laeveld se Relay-komitee het egter besluit om Woensdag iets spesiaal te doen om die kanker-oorlewendes aan wie dit opgedra is, te vier en te bederf. Southern Sun Emnotweni en Michelle Higgo het die wonderlike ontbyt…
26 Mar 2021 7AM 1 min

Curro Nelspruit beste by nasionale eisteddfod

Curro Nelspruit is as die beste kultuurskool van 2020 by die Nasionale Allegretto Eisteddfod aangewys. Die laerskool se kultuuronderwyser, Alta Ehrke, is as die beste verteenwoordiger in die land aangewys. Mateo Komlosy is as die beste en mees gewilde sanger aangewys, Danika van Deventer het die tiara-kompetisie gewen, Eleanor Schwizer…
26 Mar 2021 7AM 1 min

Barberton DBV waarsku teen die vergiftiging van blouapies

Blouape is ‘n beskermde spesie en waar hulle vergiftig word kan die persoon wat homself daaraan skuldig maak, krimineel vervolg word. Só waarsku Marlies Liebenberg, skakelbeampte van die Barberton DBV, nadat hulle gister drie vergiftigde apies opgetel het naby ‘n natuurreservaat in die area. Buiten dat dit 'n wrede dood…
24 Mar 2021 7AM 1 min

BELA-wetsontwerp wek kommer oor tuisonderrig

Die Pestalozzi Trust het hul kommer uitgespreek oor die wysigingswetsontwerp op basiese onderwyswette. Voorsitter Bouwer van der Eem sê die BELA-wetsontwerp skep verskeie probleme. Onder meer sal dit net by die kind se huis mág geskied en amptenare moet huisbesoek doen wat inbreuk maak op hul privaatheid. Gereelde assesserings waarvoor…
24 Mar 2021 6AM 1 min

Mpumalanga-LUR bekommerd oor wiskunde en wetenskap

Mpumalanga wil wiskunde, wetenskap en tegniese vakke in die provinsie verbeter. LUR, Bonakele Majuba, het vandag daaroor vergader met amptenare van die departement by die OR Tambo wiskunde, wetenskap en tegnologie-akademie in Emalahleni. Dit was om praktiese maniere te vind om leerlinge aan te moedig om die vakke te neem…
23 Mar 2021 9AM 1 min

In jou huis-konserte skop af met Jo Black

Innibos is nie van die baan vir 2021 nie, maar sal definitief nie soos gewoonlik in Junie plaas kan vind nie. Volgens Sandra Jacobs, bemarkingbestuurder van die kunstefees, hoop hulle om dit voor die einde van die jaar te kan aanbied - mits beperkinge op groepsbyeenkomste opgehef word. Intussen hou…
23 Mar 2021 8AM 1 min

Twee karre beland binne-in Gumtreez

Vyf jaar na ‘n trok in Gumtreez by Casterbridge ingery het, het twee karre gisteraand binne-in die restaurant beland. Gumstreez-eienaar, Greg Austin, sê dit was ‘n fratsongeluk. Dit het rondom ses-uur gebeur toe ‘n bejaarde man vorentoe eerder as agtertoe gery het en toe nie kon stop nie. Sy motor…
23 Mar 2021 6AM 1 min

Slangbyte: Raad aan ouers

Cobus Els van ER24-ambulansdienste voer aan dat ouers in die Laeveld hul kinders van slange moet leer. Hoe moet weet om slange te vermy en dadelik 'n volwassene in te lig as daar 'n slang in die omgewing is.
20 Mar 2021 6AM 1 min

Pumas pronk in nuwe klere vir 2021

Die New Nation Pumas se uitrustings vir die 2021-rugbyseisoen is vanmiddag bekendgestel by Mbombela-stadion. New Nation Construction sal die span se titelborg wees vir die volgende twee jaar. Volgens die uitvoerende hoof van Mpumalanga Rugby, Marius van Rensburg, is die klere vanjaar meer modern. Die kentekens is in die materiaal…
18 Mar 2021 9AM 1 min

DA vra dat Thaba Chweu-leiers bedank

Die DA het ‘n beroep gedoen op die burgemeester van Thaba Chweu-munisipaliteit, Friedah Nkadimeng, om saam met haar komitee en munisipale bestuurder te bedank. Raadslid Spiro Couvaras sê hulle het deur ‘n gebrek aan dienslewering bewys dat hulle nie die munisipaliteit kan bestuur nie. Grootskaalse proteste het verlede week gewoed…
18 Mar 2021 6AM 1 min

Hoërskool verkies nuwe beheerliggaam

Hoërskool Nelspruit het die week hul nuwe skoolbeheerliggaam verkies. ‘n Totaal van drie-honderd-en-sestig ouers het hul kruisies getrek om die lede te verkies wat tot 2023 in hul amp sal dien. Louis van der Nest is weer as die voorsitter aangewys. Hy sê al die lede doen dit uit liefde…
18 Mar 2021 5AM 1 min

Ontsnapte misdadiger in Mpumalanga gevonnis

‘n Vermeende moordenaar is gister in die Nelspruit-hof tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis vir ontsnapping uit polisie-aanhouding. Die drie-en-twintig-jarige Norman Sylvester Mokoena, ook bekend as "Dallas" het in November 2019 uit die Calcutta-hof se aanhoudingselle ontsnap nadat hy borgtog geweier is vir verskeie gewapende roof- en moordsake in Marite. Volgens…
18 Mar 2021 4AM 1 min
1560 – 1580