100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,805 Episodes
1580 – 1600

Heroiën van amper drie miljoen by tolhek gevind

Twee vermeende dwelmhandelaars is gister by die Nkomazi-tolhek aangekeer met ‘n geskatte twee-punt-agt-miljoen-Rand se dwelms. Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi is dit na vermoede heroiën. Inligting is glo bekom dat die blou Ford Ranger dwelms vervoer van Mosambiek na Gauteng. Die voertuig is gestop en deursoek saam met…
12 Mar 2021 5AM 1 min

Lydenburg situasie steeds plofbaar

Betogings het vanmiddag opnuut opgevlam in Mashishing, nadat Thaba Chweu-munisipaliteit se burgemeester protesteerders toespreek het. Friddah Nkadimeng se toespraak is egter onderbreek deur ontevrede inwoners. Haar woordvoerder, Ezrom Sekgobela, sê mense het klippe na die polisie gegooi en die burgemeester is verwyder. Die geweldadige betogings duur al dae lank. Sekuriteitsgroepe…
10 Mar 2021 9AM 1 min

Vermeende tolhek-bedrieërs vandag in die hof

‘n Sewe-en-twintig-jarige werknemer van Emakhazeni-munisipaliteit is gister in Waterval Boven deur die Valke in hegtenis geneem. Hy het na bewering bedrog gepleeg met kredietkaarttransaksies by die Machado-tolhek. Sy medepligtige, Thembi Pretty Qwebu, wat by die tolhek gewerk het, is reeds in Desember aangekeer. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi is meer as…
10 Mar 2021 4AM 1 min

Thaba Chweu-proteste kring uit na Sabie

Betogers het vanoggend in Sabie teen Thaba Chweu-munisipaliteit begin betoog. Binnebande is gebrand op die pad wat van Lydenburg inkom, maar motoriste is toegelaat. Protesteerders het toe na die munisipale kantor in Sabie opgeruk. Geweldadige betogings woed al sedert Donderdag teen die munisipaliteit in Lydenburg. 'n Usave-winkel is gister in…
10 Mar 2021 3AM 1 min

Lydenburg se paaie steeds gesluit

Die paaie in en uit Lydenburg is steeds gesluit deur ontstoke betogers wat Donderdag begin opruk het teen Thaba Chweu-munisipaliteit. Kinders kan nie skool toe gaan nie, mense kan nie werk toe nie en die munisipale kantore is gesluit. Moeti Mmusi van die departement gemeenskapsveiligheid sê dertien mense is gister…
9 Mar 2021 7AM 1 min

Mpumalanga-Valke trek twee vas vir vermeende bedrog, diefstal

Twee mans het Maandag in die die hof in Nelspruit verskyn op klagte van bedrog en diefstal, na hulle deur die Valke in hegtenis geneem is. Mlungisi Collen Nkosi het glo in Junie 2017 vervalste IRP5-dokumente aan die inkomstediens gelewer names sy maatskappy, Dlami Trading. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi het…
9 Mar 2021 3AM 1 min

Verskeie Laeveld-paaie gesluit weens proteste

Die gemeenskap van Marite hou vol om die pad na Numbi-hek te blokkeer. Moeti Mmusi van die departement gemeenskapsveiligheid, voer aan dat hulle aandring op die arrestasie van 'n verdagte wie se vriendin verdwyn het. Inwoners van Lydenburg het vanoggend ook hul protes teen Thaba Chweu-munisipaliteit wat Vrydag begin het,…
8 Mar 2021 4AM 1 min

MTPA waarsku teen krokodille in die Laeveld

Mpumalanga se agentskap vir toerisme en parke (MTPA) het Laeveld-inwoners gewaarsku om versigtig te wees rondom water, na ‘n groot klomp krokodille uit ‘n teelplaas naby Hazyview ontsnap het. April Lukhele, bestuurder van die eenheid wat nakoming moniteer by die MTPA, sê een fasiliteit het weens die baie reën oopgebreek…
5 Mar 2021 7AM 1 min

Premier: toerisme baie hard geslaan deur pandemie

Sy voeg by dat die ekonomie na verwagting met tussen ses en sewe persent gekrimp het in 2020. Toerisme, konstruksie, vervaardiging, vervoer en kommunikasie is van die ergste geraak. Om toerisme by te staan het Mpumalanga twintig-miljoen-Rand bewillig. Sy het ook onderneem om groter klem te plaas op samewerking met…
5 Mar 2021 5AM 1 min

Mpumalanga premier lewer provinsiale rede

Die Mpumalanga premier skryf die provinsie se relatief lae Covid-infeksiekoers toe aan die “unieke” benadering om wyks-gebaseerde spanne te gebruik om die virus se verspreiding te beperk. Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend haar provinsiale rede gelewer. Sy en die nuwe Speaker, Nkosazane Masilela, het vooraf ‘n kers aangesteek ter nagedagtenis aan…
5 Mar 2021 5AM 1 min

Vlieënier dood toe ligte vliegtuig neerstort

Die vier-en-sestigjarige Sien Venter, ‘n vlieënier van die Letaba Fire Protection Association, is vanoggend oorlede toe die vliegtui waarin hy was, neergestort het. Volgens Maritza Swanepoel, woordvoerder van die Letaba Fire Protection Association, was hy die enigste insittende. Hy was op pad van Tzaneen, in Limpopo, na Mbombela. Die vliegtuig…
4 Mar 2021 7AM 1 min

LUR vra dat ouers beheerliggaam-verkiesings ondersteun

Die verkiesing van nuwe beheerliggame by plaaslike skole het hierdie week begin. Die huidige beheerliggame se termyn verstryk aan die einde van die maand. LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het ouers genooi om te staan en te stem. Hy het ook professionele mense uit gemeenskappe aangemoedig om hul…
3 Mar 2021 9AM 1 min

Poskantoor maak plan met lang rye

Die Poskantoor het ‘n plan beraam om lang rye vir die spesiale Covid-19-toelae van te verkort. Johan Kruger sê voortaan sal die laaste drie syfers van elke begunstigde se ID-nommer bepaal op watter dag van die week hulle die drie-honderd-en-vyftig-Rand toelaes kan gaan afhaal. Dit geld vir poskantore in Mpumalanga,…
3 Mar 2021 6AM 1 min

Moordenaar gesoek wat vrou in Witrivier skiet

‘n Mannejag is geloods na ‘n man Sondag ‘n vrou in Witrivier vermoor het. Hy het drie vroue ‘n geleentheid aangebied in ‘n Etios, op ‘n afgeleë plek gestop, ‘n vuurwapen op hulle gerig, en hulle beroof. Een het hom met pepersproei gespuit en hy’t haar geskiet. Hy het die…
3 Mar 2021 2AM 1 min

Diefstal van Macadamia-neute vanjaar meer

Die diefstal van Macadamia-neute in die omgewing is beduidend meer vanjaar, aldus John Meintjies van ACC Sekuriteit. Hy skryf dit toe aan die feit dat die neute vanjaar vroeër ryp is, en dat meer mense desperaat is weens die ekonomiese inkrimping. Hoewel die meeste boere sekuriteit baie ernstig opneem, skep…
2 Mar 2021 4AM 1 min

Nog 'n bees doodgery

'n Bees is gisteraand op die Kaapsehoop-pad doodgery. Volgens berigte is nog een vanoggend op die N4 naby Hall's getref. Lize Pienaar van die Nelspruit DBV verduidelik dat dit 'n al groter probleem word. Die DBV kan egter niks doen wanneer beeste langs besige paaie wei en in die pad…
2 Mar 2021 1AM 1 min

NHS maak 'n plan vir atlete se deelname

Hoërskool Nelspruit se jaarlikse BUCO-interhuisbyeenkoms het verlede week vir uithaler-vertonings gesorg. Vanjaar was die Atheners in beide die seuns- en meisiesafdeling, te sterk vir die Trojane en Spartane. Christo Nel en Nicci Viljoen is as die victor en victrix Ludorum onder-19 aangewys. 'n Hele paar atlete spog ook met nuwe…
2 Mar 2021 1AM 1 min

Mpumalanga tot rampgebied verklaar

Die nasionale regering het die provinsiale regering se aansoek, dat Mpumalanga tot rampgebied verklaar word, goedgekeur. Dit is na tropiese storm Eloise en groot reën sedert einde Januarie groot skade aangerig het. Volgens die woordvoerder van die departement van samewerkende regering, George Mthethwa, is die vraag vir geldelike hulp ook…
1 Mar 2021 7AM 1 min

Voortvlugtige aangekeer na hy homself skiet

‘n Voortvlugtige man is gister gearresteer nadat hy homself geskiet het, in ‘n huis waarin hy ingebreek het. Die 31-jarige verdagte is op 19 Februarie deur ‘n polisiebeampte ingeneem vir ondervraging na ‘n vrou in Dullstroom doodgesteek is. Hy het die lid van sy dienspistool beroof en gevlug. Die man…
1 Mar 2021 5AM 1 min

Valke soek man wat glo onwettig huise verkoop

Die Mpumalanga-Valke het die publiek gevra vir hulp om ‘n man op te spoor wat glo onwettig laekostebehuising in Witbank probeer verkoop het. Justice Sambo het na bewering in Oktober die huise op sosiale media geadverteer. Lede van die publiek het dit gerapporteer en die polisie het die saak aan…
26 Feb 2021 3AM 1 min
1580 – 1600