100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1600 – 1620

Moordenaar gesoek wat vrou in Witrivier skiet

‘n Mannejag is geloods na ‘n man Sondag ‘n vrou in Witrivier vermoor het. Hy het drie vroue ‘n geleentheid aangebied in ‘n Etios, op ‘n afgeleë plek gestop, ‘n vuurwapen op hulle gerig, en hulle beroof. Een het hom met pepersproei gespuit en hy’t haar geskiet. Hy het die…
3 Mar 2021 2AM 1 min

Diefstal van Macadamia-neute vanjaar meer

Die diefstal van Macadamia-neute in die omgewing is beduidend meer vanjaar, aldus John Meintjies van ACC Sekuriteit. Hy skryf dit toe aan die feit dat die neute vanjaar vroeër ryp is, en dat meer mense desperaat is weens die ekonomiese inkrimping. Hoewel die meeste boere sekuriteit baie ernstig opneem, skep…
2 Mar 2021 4AM 1 min

Nog 'n bees doodgery

'n Bees is gisteraand op die Kaapsehoop-pad doodgery. Volgens berigte is nog een vanoggend op die N4 naby Hall's getref. Lize Pienaar van die Nelspruit DBV verduidelik dat dit 'n al groter probleem word. Die DBV kan egter niks doen wanneer beeste langs besige paaie wei en in die pad…
2 Mar 2021 1AM 1 min

NHS maak 'n plan vir atlete se deelname

Hoërskool Nelspruit se jaarlikse BUCO-interhuisbyeenkoms het verlede week vir uithaler-vertonings gesorg. Vanjaar was die Atheners in beide die seuns- en meisiesafdeling, te sterk vir die Trojane en Spartane. Christo Nel en Nicci Viljoen is as die victor en victrix Ludorum onder-19 aangewys. 'n Hele paar atlete spog ook met nuwe…
2 Mar 2021 1AM 1 min

Mpumalanga tot rampgebied verklaar

Die nasionale regering het die provinsiale regering se aansoek, dat Mpumalanga tot rampgebied verklaar word, goedgekeur. Dit is na tropiese storm Eloise en groot reën sedert einde Januarie groot skade aangerig het. Volgens die woordvoerder van die departement van samewerkende regering, George Mthethwa, is die vraag vir geldelike hulp ook…
1 Mar 2021 7AM 1 min

Voortvlugtige aangekeer na hy homself skiet

‘n Voortvlugtige man is gister gearresteer nadat hy homself geskiet het, in ‘n huis waarin hy ingebreek het. Die 31-jarige verdagte is op 19 Februarie deur ‘n polisiebeampte ingeneem vir ondervraging na ‘n vrou in Dullstroom doodgesteek is. Hy het die lid van sy dienspistool beroof en gevlug. Die man…
1 Mar 2021 5AM 1 min

Valke soek man wat glo onwettig huise verkoop

Die Mpumalanga-Valke het die publiek gevra vir hulp om ‘n man op te spoor wat glo onwettig laekostebehuising in Witbank probeer verkoop het. Justice Sambo het na bewering in Oktober die huise op sosiale media geadverteer. Lede van die publiek het dit gerapporteer en die polisie het die saak aan…
26 Feb 2021 3AM 1 min

DA skepties oor Mbombela se plan met krediteure

Mbombela-munisipaliteit sê hulle het ‘n plan ontwikkel om hul krediteure te betaal. Onbetaalde krediteure bly baie hoog en staan nou op een-punt-twee-miljard-Rand. Die plan is egter nie vanoggend tydens die verstelling aan die begroting vir die finansiële jaar aan die raad voorgelê nie. Die DA se hoofsweep in die raad,…
25 Feb 2021 7AM 1 min

Soektog afgeskaal na vrou glo by Alzu ontvoer is

Die soektog na ‘n vrou wat Dinsdag glo by Alzu op die N4 ontvoer is, gaan voorlopig gestaak word. ‘n Ooggetuie voer aan dat vier mans die vrou aangeval en in ‘n groen Golf ingedwing het. Hulle het ook met haar eie kar in Middelbirg se rigting gevlug. Veiligheidsgroepe wat…
25 Feb 2021 5AM 1 min

Innibos Handwerkkuns-kompetisie genomineer vir Fiësta

Die Innibos Nasionale Handwerkkuns-kompetisie is genomineer vir ‘n kykNET Fiësta-toekenning. Dit is in die kategorie beste prestasie in visuele kuns. ArtAid Africa se John Anthony Boerma en Jan Bhuda organiseer nou al vyf jaar die handwerkkuns-kompetisie. Dit is die enigste van sy soort in die land. Boerma sê hulle is…
24 Feb 2021 6AM 1 min

Mpumalanga premier skommel kabinet

Die Mpumalanga premier het vanoggend verskeie veranderinge aan haar kabinet aangekondig. Refilwe Mtshweni-Tsipane sê dit is om dienslewering te verbeter en sluit verskeie vroue en jongmense in. Die nuwe LUR’e is Speedy Mashilo vir menslike nedersettings, Busisiwe Shiba by samewerkende regering, Vusi Mkhatshwa vir finansies en ekonomiese ontwikkeling, en Mohita…
24 Feb 2021 5AM 1 min

Barberton se water nog nie heeltemal terug na normaal nie

Barberton se beurtwater is iets van die verlede, maar die dorp ervaar steeds wateronderbrekings. Die Lomati-dam is amper nege-en-sestig persent vol. Dis goeie nuus vir Barberton se inwoners wat sedert Augustus beurtwater het. DA-raadslid, Philip Minnaar, verduidelik dat die Queen’s-rivier weens die reën te modderig is om water te onttrek…
24 Feb 2021 3AM 1 min

Hoërskool Nelspruit behaal honderd persent slaagsyfer

Hoërskool Nelspruit spog vanjaar weer met ‘n honderd-persent slaagsyfer. Volgens die skool se skakelbeampte, Janine Cronjé, het die klas van 2020 gemiddeld een-punt-nege onderskeidings per kind behaal. Meer as negentig persent van die matrikulante het ook met universiteitsvrystelling geslaag. Ernst Pieterse, die skool se dux-leerling, is een van die top…
23 Feb 2021 7AM 1 min

Mbombela-slaagsyfer verbeter

Mbombela se slaagsyfer het verbeter oor 2019 van 89,2% na 90,3%. Die provinsie se gedetaileerde uitslae is vanoggend deur die LUR, Bonakele Majuba, bekendgemaak. Mpumalanga se matriekslaagsyfer het in 2020 met meer as ses persentasiepunte gedaal tot by 73,7%. Dertig skole het ‘n 100% slaagsyfer bereik. Die beste skool is…
23 Feb 2021 4AM 1 min

Witrivier se seekoei veilig verskuif

Die jong seekoeibul wat sedert Donderdagaand in Witrivier se strate opgemerk is, is Saterdagaand suksesvol gevang en verskuif. Chris Hobkirk van die Mpumalanga-toerisme-en parkeraad, sê die dier is skynbaar deur ‘n ander bul uit die rivierstelsel verjaag. Hy is verdoof en geskuif na een van die parkeraad se fasiliteite van…
22 Feb 2021 4AM 1 min

Seekoei gewaar in Witrivier se strate

Inwoners van Witrivier is gewaarsku om op hul hoede te wees vir ‘n seekoei wat in die dorp opgemerk is. Volgens Gait Jan Sterk van die MTPA het ‘n sekerheidsmaatskappy die dier vanoggend vier-uur in Swartbergstraat gesien. Inwoners is gevra om versigtig te wees, aangesien seekoeie veral snags rondbeweeg, en…
19 Feb 2021 8AM 1 min

Mpumalanga se Covid-ondersoek duur voort

Die ondersoek na ongeruimdhede in provinsiale departemente se verkryging van beskermende kleredrag vir Covid duur voort. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het ses maande gelede aangekondig dat vyf departemente en entiteite onafhanklik ondersoek word. Die spesiale ondersoekeenheid het dit intussen oorgeneem. Die premier hou vol dat sy niks kan deel tot…
19 Feb 2021 6AM 1 min

Mpumalanga skop inentingsveldtog af

Die hoof van die Mpumalanga-gesondheidsdepartement, Saveera Mohangi, het vanoggend die eerste mens in die provinsie geword om die Covid-inenting te kry. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het ook die afskop van die inentingsveldtog by Rob Ferreira-hospitaal bygewoon. Sy het nie die inenting ontvang nie, omdat gesondheidswerkers geprioritiseer moet word.
19 Feb 2021 4AM 1 min

Twee vroue se drome bewaarheid met inperking-kinderboek

Hoërskool Nelspruit se Afrikaansonderwyser, Martie Naudé, het die vlak vyf grendeltydperk in Maart gebruik om uiteindelik haar kreatiwiteit vry teuels te gee – en haar eerste kinderboek te skryf. Sy gee “Die Padonkels van Hoekomsberg” uit onder die skrywersnaam Karools Vorster. Een van haar leerlinge se ma’s, Karen Breytenbach, het…
18 Feb 2021 8AM 1 min

VP Plus teken kapsie aan teen ‘tweede mark’

Die VF Plus het beswaar aangeteken teen wat hulle die provinsiale regering se gebruik noem om tenders toe te ken ver bo markverwante pryse. Volgens Werner Weber, die party se leier in Mpumalanga, het dit die week tydens ‘n vergadering van die wetgewer se ekonomiese transformasie-groepkomitee aan die lig gekom…
18 Feb 2021 6AM 1 min
1600 – 1620