'n Graad 11-leerling van Senior Sekondêre Skool Sekhukhusa in Bosbokrand is oorlede, nadat hy Maandag glo deur 'n medeleerling met 'n baksteen geslaan is. Volgens Gerald Sambo, 'n woordvoerder van Mpumalanga se onderwysdepartement, is die leerling dood op pad kliniek toe. Hy het die voorval veroordeel en voeg by dat…
Solidariteit Helpende Hand het vanjaar weer verseker dat elke graad eentjie ‘n skooltas, en die nodige skryfbehoeftes, het voor die skole gister heropen het. Dit dek laerskole Nelspruit, Bergland, Laeveld en Witrivier. Volgens Elize Visser, voorsitter van die Laeveld-tak, het hulle vanjaar weer sowat 70 tassies uitgedeel, om te verseker…
Die skade wat die afgelope drie weke deur swaar reen en oorstromings veroorsaak is, word steeds beraam, maar volgens Mpumalanga-rampbestuur kan dit aanvaar word dat dit naby R1 miljard sal kom. 'n Totaal van 10 verdrinkings is nou bevestig, en twee mense word steeds vermis, maar word as dood aangeneem…
Die area is nog nie eens as 'n rampgebied verklaar na die afgelope amper drie weke se oorstromings nie, en reeds is meer ontwrigtende reën op pad. Die provinsiale departement van samewerkende regering het mense wat onder vloedlyne en in laagliggende gebiede bly, gevra om eerder die areas te ontruim…
Vandag is internasionale Angelsman-dag. Die sewe-jarige Jesslyn Mulder wat by Pro-Gratia skoolgaan, ly aan hierdie uiters seldsame sindroom. Dit is 'n genetiese mutasie wat die senuweestelsel aantas. Simptome sluit in epileptiese aanvalle, en hoewel Jesslyn kan loop, kan sy nie praat nie. Die Mulders was van 10 tot 14 Februarie…
Die eerste skooldag het vandag glad verloop in Mpumalanga. LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, was op besoek aan skole in die Mkhulu-area. Hy voer aan dat die addisionele twee weke hul genoeg tyd gegee het om voor te berei in terme van noodsaaklikhede om die koronavirus te beveg. 99 onderwysers…
Jy kan tot Sondag daarna uitsien om spesiale geskenke by die nasionale bloedbank te ontvang wanneer jy jou lewensgewende bloed skenk. Dit is deel van hul spesiale Valentynspromosie wat tot Sondag, Valentynsdag, aanhou. Dit het ten doel om hul volumes skenkings te verbeter, omdat hul bloedvoorraad baie laag raak. In…
Alle reddingspanne in Mpumalanga is op ‘n hoë gereedheidsvlak vir nog ontwrigtende reën wat vanaf more verwag word. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal dit bes moontlik weer vloede veroorsaak wat reeds die afgelope weke groot skade aan huise en paaie verrig het. Jacques Benade van Mpumalanga-rampbestuur sê meer as 700…
Die dodetal in die provinsie weens verdrinkings na oorstromings het tot nege gestyg met die ontdekkings van die 13-jarige seun in Donkerhoek na wie se liggaam vir dae gesoek is. Volgens die departement van samewerkende regering se George Mthethwa word daar steeds gesoek na die ander vier mense wat steeds…
Drie mans verskyn vandag in die KaNyamazane-landdroshof op klagte van brandstigting en die besit van gesteelde goedere na Bongani Mountain Lodge by Mthethomusha langs die Nasionale Krugerwildtuin op 31 Januarie afgebrand is. ‘n Saak van ontwettige jag word ook ondersoek na karkasse van onder meer rooibokke, njalas en ‘n klipspringer…
Die provinsiale regering het aangedui hulle sal hul begroting aanpas om die slagoffers van oorstromings die afgelope weke te help. Die departement van samewerkende regering het ‘n voorlegging aan die nasionale regering gedoen om ‘n ramp te verklaar. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê die herstel van huise en paaie is…
Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sal vanoggend areas besoek waar infrastruktuur ernstig beskadig is deur die reën verlede week. Dit sluit in paaie, brûe en huise in Kanyamazane, Pienaar en Kabokweni. Sy sal vergesel word deur die LUR vir samewerkende regering asook die burgemeesters van Ehlanzeni en Mbombela-munisipaliteite. Agt mense…
Ses mense is nou al bevestig as dood in Mpumalanga sedert tropiese storm Eloise verlede Sondag swaar reën gebring het. Volgens George Mthethwa, woordvoerder van die departement van samewerkende regering, soek duikers ook na verskeie mense wat weens die vloede vermis geraak het. In die Laeveld word Blok B in…
Inwoners van Witrivier wat reeds warm onder die kraag is omdat sommige areas sedert Vrydagaand sonder water is, het nou ook wisselvallige kragtoevoer. Mbombela-plaaslike munisipaliteit sê hulle werk aan die probleme. Dit bly egter onduidelik wanneer die probleem opgelos sal wees. Volgens raadslid Rowan Torr, is watertoevoer vanmiddag gedeeltelik na…
Die polisie is op soek na ‘n man wat hulle glo kan help in die ondersoek na ‘n skietery gister. Vier mense is vroeg Sondagoggend in Mhluzi naby Middelburg geskiet. Sipho Samuel Magagula, is op die toneel dood. Die drie ander slagoffers is tans in die hospitaal. Dit sluit in…
Vanjaar se Mopani XCM-bergfietsuitdaging in Barberton se datum is bevestig as 8 Mei. Dit sal die 25ste aflewering wees van die resies, wat gewoonlik in Januarie aangebied word. Weens inperking moes dit egter uitgestel word. Die Rotariërklub van Barberton se Chris Rippon sê hulle hoop vir so duisend inskrywings. Alle…
‘n Voortvlugtige rower is die week deur die Valke en Bossies Community Justice aangekeer. Sipho Casta Motha word reeds sedert Mei 2015 deur die polisie in die Wes-Kaap gesoek. Hy het homself glo as ‘n vragmotorhandelaar voorgedoen, en ‘n slagoffer van 150-duisend-Rand beroof. Hy is Dinsdag in Barberton in hegtenis…
Die vermeende moordenaars Joseph “Big Joe” Nyalungu, Selby Nyalungu en Elvis Mulimi het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van moord en ontvoering. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle Willy Shipalane 10 jaar gelede ontvoer en vermoor het. Big Joe se broer, Selby Nyalungu, is nie in Julie saam…
Die polisie in Mpumalanga soek tans na twee mense wat vermis geraak het tydens tropiese storm Eloise. Tydens ‘n inligtingsessie met die minister van samewerkende regering vanoggend, is bevestig dat die twee mense in Mashishing en Pilgrim’s Rest vermis geraak het. Slegs een sterfte is al weens die storm in…
Mpumalanga se premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, het haarself gister by die polisie in eMalahleni aangemeld en ‘n skulderkenning beteken asook ‘n boete betaal. Dit nadat sy Sondag by die ontslape minister Jackson Mthembu se begrafnis gewaar is, sonder ‘n gesigmasker. Mthembu is Donderdag weens Covid-19 oorlede. Volgens Mtsweni-Tsipane het sy ook…
26 Jan 2021 3AM
1 min
1620 – 1640
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.