Alle reddingspanne in Mpumalanga is op ‘n hoë gereedheidsvlak vir nog ontwrigtende reën wat vanaf more verwag word. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal dit bes moontlik weer vloede veroorsaak wat reeds die afgelope weke groot skade aan huise en paaie verrig het. Jacques Benade van Mpumalanga-rampbestuur sê meer as 700…
Die dodetal in die provinsie weens verdrinkings na oorstromings het tot nege gestyg met die ontdekkings van die 13-jarige seun in Donkerhoek na wie se liggaam vir dae gesoek is. Volgens die departement van samewerkende regering se George Mthethwa word daar steeds gesoek na die ander vier mense wat steeds…
Drie mans verskyn vandag in die KaNyamazane-landdroshof op klagte van brandstigting en die besit van gesteelde goedere na Bongani Mountain Lodge by Mthethomusha langs die Nasionale Krugerwildtuin op 31 Januarie afgebrand is. ‘n Saak van ontwettige jag word ook ondersoek na karkasse van onder meer rooibokke, njalas en ‘n klipspringer…
Die provinsiale regering het aangedui hulle sal hul begroting aanpas om die slagoffers van oorstromings die afgelope weke te help. Die departement van samewerkende regering het ‘n voorlegging aan die nasionale regering gedoen om ‘n ramp te verklaar. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê die herstel van huise en paaie is…
Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sal vanoggend areas besoek waar infrastruktuur ernstig beskadig is deur die reën verlede week. Dit sluit in paaie, brûe en huise in Kanyamazane, Pienaar en Kabokweni. Sy sal vergesel word deur die LUR vir samewerkende regering asook die burgemeesters van Ehlanzeni en Mbombela-munisipaliteite. Agt mense…
Ses mense is nou al bevestig as dood in Mpumalanga sedert tropiese storm Eloise verlede Sondag swaar reën gebring het. Volgens George Mthethwa, woordvoerder van die departement van samewerkende regering, soek duikers ook na verskeie mense wat weens die vloede vermis geraak het. In die Laeveld word Blok B in…
Inwoners van Witrivier wat reeds warm onder die kraag is omdat sommige areas sedert Vrydagaand sonder water is, het nou ook wisselvallige kragtoevoer. Mbombela-plaaslike munisipaliteit sê hulle werk aan die probleme. Dit bly egter onduidelik wanneer die probleem opgelos sal wees. Volgens raadslid Rowan Torr, is watertoevoer vanmiddag gedeeltelik na…
Die polisie is op soek na ‘n man wat hulle glo kan help in die ondersoek na ‘n skietery gister. Vier mense is vroeg Sondagoggend in Mhluzi naby Middelburg geskiet. Sipho Samuel Magagula, is op die toneel dood. Die drie ander slagoffers is tans in die hospitaal. Dit sluit in…
Vanjaar se Mopani XCM-bergfietsuitdaging in Barberton se datum is bevestig as 8 Mei. Dit sal die 25ste aflewering wees van die resies, wat gewoonlik in Januarie aangebied word. Weens inperking moes dit egter uitgestel word. Die Rotariërklub van Barberton se Chris Rippon sê hulle hoop vir so duisend inskrywings. Alle…
‘n Voortvlugtige rower is die week deur die Valke en Bossies Community Justice aangekeer. Sipho Casta Motha word reeds sedert Mei 2015 deur die polisie in die Wes-Kaap gesoek. Hy het homself glo as ‘n vragmotorhandelaar voorgedoen, en ‘n slagoffer van 150-duisend-Rand beroof. Hy is Dinsdag in Barberton in hegtenis…
Die vermeende moordenaars Joseph “Big Joe” Nyalungu, Selby Nyalungu en Elvis Mulimi het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van moord en ontvoering. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle Willy Shipalane 10 jaar gelede ontvoer en vermoor het. Big Joe se broer, Selby Nyalungu, is nie in Julie saam…
Die polisie in Mpumalanga soek tans na twee mense wat vermis geraak het tydens tropiese storm Eloise. Tydens ‘n inligtingsessie met die minister van samewerkende regering vanoggend, is bevestig dat die twee mense in Mashishing en Pilgrim’s Rest vermis geraak het. Slegs een sterfte is al weens die storm in…
Mpumalanga se premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, het haarself gister by die polisie in eMalahleni aangemeld en ‘n skulderkenning beteken asook ‘n boete betaal. Dit nadat sy Sondag by die ontslape minister Jackson Mthembu se begrafnis gewaar is, sonder ‘n gesigmasker. Mthembu is Donderdag weens Covid-19 oorlede. Volgens Mtsweni-Tsipane het sy ook…
Inwoners van Barberton kan daarna uitsien om eersdaags weer elke dag water te hê. Die dorp ervaar vir maande reeds beurtwater, maar dit het so min geword dat sekere areas vir dae aaneen sonder water is. Die Lomati-dam se watervlakke het sedert Saterdag egter van 14% tot 24,8% verbeter weens…
‘n Vyfjarige dogtertjie is die naweek dood toe sy deur ‘n waterstroom in Masoyi meegesleur is. Volgens George Mthethwa, woordvoerder van Mpumalanga se departement van samewerkende regering, is sy die enigste bevestigde sterfte weens oorstromings wat deur tropiese storm Eloise veroorsaak is. Veertien huise in Calcutta is erg beskadig deur…
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se vlak 10-waarskuwing vir vloede is steeds in plek in die Laeveld, na tropiese storm Eloise gister báie swaar reën veroorsaak het. Bome is omgewaai, en paaie het oorstroom en is beskadig. Die wildtuin het vanoggend Krokodilbrug gesluit weens die rivier wat oorstroom. Mbombela en Thaba Chweu…
Eloise is vanoggend weer afgegradeer tot ‘n matige tropiese storm, nadat dit Mosambiek bereik het. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan dit vanaand reeds in die Laeveld begin reën, maar die swaarste neerval word more verwag. Voorspeller Wayne Venter, sê die area van Skukuza tot Nelspruit kan tussen 50 en 100…
Dit is nog wag en sien vir tropiese storm Eloise, maar swaar reën is 'n gegewe in Mpumalanga se Laeveld Sondag en Maandag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag dat sy oor die volgende 24 uur verder sal versterk tot ‘n tropiese sikloon. Dit het die afgelope 24 reeds aansienlik versterk weens…
Mediclinic het mense genooi om as vrywilligers hul mediese personeel in hospitale by te staan. Dokter Estelle Coustas, Mediclinic Suid-Afrika se hoof van verpleegkunde, sê hul personeel het ondersteuning nodig met die dat hospitale so besig is. Mense met en sonder ‘n mediese agtergrond kan op hul webtuiste aansoek doen…
Medelye het vandag van alle oorde ingestroom vir Jackson Mthembu, minister in die presidensie en 'n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, nadat pres. Cyril Ramaphosa bevestig het dat hy weens Covid-19 gesterf het. Mthembu het op 11 Januarie op Twitter aangekondig dat hy positief getoets het vir…
21 Jan 2021 9AM
1 min
1620 – 1640
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.