100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1640 – 1660

Barberton se damvlakke styg dramaties

Inwoners van Barberton kan daarna uitsien om eersdaags weer elke dag water te hê. Die dorp ervaar vir maande reeds beurtwater, maar dit het so min geword dat sekere areas vir dae aaneen sonder water is. Die Lomati-dam se watervlakke het sedert Saterdag egter van 14% tot 24,8% verbeter weens…
25 Jan 2021 9AM 1 min

Vyf-jarige verdrink in Masoyi

‘n Vyfjarige dogtertjie is die naweek dood toe sy deur ‘n waterstroom in Masoyi meegesleur is. Volgens George Mthethwa, woordvoerder van Mpumalanga se departement van samewerkende regering, is sy die enigste bevestigde sterfte weens oorstromings wat deur tropiese storm Eloise veroorsaak is. Veertien huise in Calcutta is erg beskadig deur…
25 Jan 2021 7AM 1 min

Vlak 10-vloedwaarskuwing in plek in die Laeveld

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se vlak 10-waarskuwing vir vloede is steeds in plek in die Laeveld, na tropiese storm Eloise gister báie swaar reën veroorsaak het. Bome is omgewaai, en paaie het oorstroom en is beskadig. Die wildtuin het vanoggend Krokodilbrug gesluit weens die rivier wat oorstroom. Mbombela en Thaba Chweu…
25 Jan 2021 3AM 1 min

Groot reën Sondag verwag: Hier is die Laeveld se voorspellings

Eloise is vanoggend weer afgegradeer tot ‘n matige tropiese storm, nadat dit Mosambiek bereik het. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan dit vanaand reeds in die Laeveld begin reën, maar die swaarste neerval word more verwag. Voorspeller Wayne Venter, sê die area van Skukuza tot Nelspruit kan tussen 50 en 100…
23 Jan 2021 4AM 1 min

Tropiese storm Eloise binnekort 'n sikloon

Dit is nog wag en sien vir tropiese storm Eloise, maar swaar reën is 'n gegewe in Mpumalanga se Laeveld Sondag en Maandag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag dat sy oor die volgende 24 uur verder sal versterk tot ‘n tropiese sikloon. Dit het die afgelope 24 reeds aansienlik versterk weens…
22 Jan 2021 7AM 1 min

Sluit by Mediclinic aan as vrywilliger

Mediclinic het mense genooi om as vrywilligers hul mediese personeel in hospitale by te staan. Dokter Estelle Coustas, Mediclinic Suid-Afrika se hoof van verpleegkunde, sê hul personeel het ondersteuning nodig met die dat hospitale so besig is. Mense met en sonder ‘n mediese agtergrond kan op hul webtuiste aansoek doen…
22 Jan 2021 4AM 1 min

Medelye stroom in vir Jackson Mthembu

Medelye het vandag van alle oorde ingestroom vir Jackson Mthembu, minister in die presidensie en 'n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, nadat pres. Cyril Ramaphosa bevestig het dat hy weens Covid-19 gesterf het. Mthembu het op 11 Januarie op Twitter aangekondig dat hy positief getoets het vir…
21 Jan 2021 9AM 1 min

Mpumalanga gereed vir Eloise

Tropiese storms is onvoorspelbaar, maar Mpumalanga se departement van samewerkende regering sê hulle hou Eloise se ontwikkeling fyn dop. Die storm sal na verwagting vanaf Sondagoggend baie swaar reën in die Laeveld veroorsaak. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat vloede ‘n moontlikheid is. Volgens die woordvoerder vir die departement, George Mthethwa,…
21 Jan 2021 6AM 1 min

Eloise op pad, vloedwaarskuwing uitgereik

Die tropiese storm Eloise behoort teen vroeg Sondagoggend in Suid-Afrika aan te kom. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag swaar reen en vloede in die Laeveld van Mpumalanga en Limpopo tot Dinsdag. Hulle waarksu ook dat die moontlikheid van oorstromings in die areas groot is. Die storm beweeg vandag oor die Mosambiekse…
21 Jan 2021 1AM 1 min

Min dae oor vir vuurwapen-amnestie

Vuurwapeneienaars het nog net 11 dae om onwettige vuurwapens by die polisie in te handig. Die amnestie-tydperk eindig om middernag op 31 Januarie. Enige vuurwapen waarvan die lisensie verval het, is onwettig, en daarom moet die wapens tydelik ingegee word. Eienaars sal hul wapens egter terugkry sodra hul nuwe lisensies…
20 Jan 2021 8AM 1 min

Curro en Kings van more af ook gesluit

Die plaaslike Curro sowel as die Gekombineerde Skool Kings in Witrivier het ingestem om van more af ook gesluit te wees. Volgens die Mpumalanga departement van onderwys het hulle heropen voor die departement van basiese onderwys Vrydag aangekondig het dat alle skole eers op 15 Februarie mag heropen. Woordvoerder, Jasper…
19 Jan 2021 6AM 1 min

Covid eis merkwaardige Hazyview-dokter

Dokter Robbie Nel, ‘n bekende huisdokter van Hazyview, is laat gistermiddag op 77-jarige ouderdom in die hospitaal dood nadat hy Covid opgedoen het. Hy is deur familie, vriende en pasiënte beskryf as ‘n legende en iemand wat buitengewoon baie vir ander omgegee het. Hy word oorleef deur sy vrou, Linda,…
19 Jan 2021 3AM 1 min

Bevestiging van vermiste veldwagter sloer hopelik nie maande

SANParke hoop om nie ses maande hoef te wag vir bevestiging of die vermiste veldwagter, Checkers Mashego, se oorskot wel gevind is nie. Dit was gister ‘n maand sedert wat na vermoede sy oorskot kan wees, in die Krugerwildtuin gevind is. Hy het op 17 November in die Stolsnek-area vermis…
18 Jan 2021 6AM 1 min

Wildtuin sluit Sondag paaie om damme te sloop

Verskeie paaie rondom Letaba en Shingwedzi sal vanaf eerskomende Sondag tot 6 Februarie vir toeriste gesluit wees. Die Krugerwildtuin is besig om sekere mensgemaakte watergate toe te maak en te sloop, as deel van ‘n rehabilitasieprogram. Vanaf Sondag sal die Mingerhout-dam naby Letaba-ruskamp gesloop word, sowel as oorblywende dele van…
14 Jan 2021 7AM 1 min

Pumas kondig nuwe titelborg aan

Die Pumas-rugbyspan sal voortaan as die New Nation Pumas bekendstaan. Die Rugby-unie het vanoggend aangekondig dat New Nation Construction tot die 2023-seisoen die span se titelborg sal wees. Phakisa se 3-jaar kontrak het einde 2020 verstryk. Volgens die uitvoerende hoof van Mpumalanga Rugby, Marius van Rensburg, waardeer hulle die maastskappy…
14 Jan 2021 4AM 1 min

Rob Ferreira-hospitaal is vol weens Covid-19

Rob Ferreira-hospitaal is tans vol weens koronavirus-pasiënte. Maar, sê Christopher Nobela, woordvoerder van Mpumalanga se gesondheidsdepartement, niemand word weggewys nie. Pasiënte wat stabiel is en nie suurstof benodig nie, word na streekshospitale, soos Barberton, verplaas. By Rob Ferreira word op meer kritieke pasiënte gefokus. Die provinsie het nog nooit soveel…
13 Jan 2021 8AM 1 min

DA vra provinsie om in te gryp in sukkelende munisipaliteite

Die DA in Mpumalanga het weer ‘n beroep op die provinsiale regering gedoen om in te gryp in sukkelende munisipaliteite. Volgens Trudie Grovè-Morgan wys hul navorsing dat Emalahleni Eskom teen 31 Oktober ‘n allemintige R4,6 miljard geskuld het. Thaba Chweu was die kragreus R827 miljoen verskuldig. Sy sê dit is…
13 Jan 2021 4AM 1 min

Nog net nege positiewe nasieners in Mpumalanga

Die nasien van matriekvraestelle verloop sover sonder voorval in Mpumalanga. LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend by verskeie merksentrums op die hoëveld besoek afgelê. Hy sê 9 nasieners het tot dusver positief vir die koronavirus getoets en is huis toe gestuur. Verskeie het egter weens onderliggende siektes vooraf onttrek…
12 Jan 2021 7AM 1 min

Poskantoor maak plan met lang rye

Die R350-toelaag wat mense weens inperking ontvang, veroorsaak steeds baie lang rye by poskantore. 'n Dubbel-ry-stelsel word nou geïmplementeer, waarvolgens hierdie mense ‘n aparte ry het. Johan Kruger, woordvoerder van die poskantoor, sê die hernuwing van voertuiglisensies is die tweede gewildste transaksie. Die diens is nou al 'n maand by…
11 Jan 2021 8AM 1 min

Nog ‘n Mpumalanga-prins vermoor

Prins Andries Mahlangu is Saterdag voor sy huis in Siyabuswa vermoor. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, is die 67-jarige kort na 20:00 in sy kar voor sy huis geskiet. Sy seun het die skote gehoor en twee mans sien weghardloop. Dit volg op ‘n ander prins se moord op 4…
11 Jan 2021 6AM 1 min
1640 – 1660