Tropiese storms is onvoorspelbaar, maar Mpumalanga se departement van samewerkende regering sê hulle hou Eloise se ontwikkeling fyn dop. Die storm sal na verwagting vanaf Sondagoggend baie swaar reën in die Laeveld veroorsaak. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat vloede ‘n moontlikheid is. Volgens die woordvoerder vir die departement, George Mthethwa,…
Die tropiese storm Eloise behoort teen vroeg Sondagoggend in Suid-Afrika aan te kom. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag swaar reen en vloede in die Laeveld van Mpumalanga en Limpopo tot Dinsdag. Hulle waarksu ook dat die moontlikheid van oorstromings in die areas groot is. Die storm beweeg vandag oor die Mosambiekse…
Vuurwapeneienaars het nog net 11 dae om onwettige vuurwapens by die polisie in te handig. Die amnestie-tydperk eindig om middernag op 31 Januarie. Enige vuurwapen waarvan die lisensie verval het, is onwettig, en daarom moet die wapens tydelik ingegee word. Eienaars sal hul wapens egter terugkry sodra hul nuwe lisensies…
Die plaaslike Curro sowel as die Gekombineerde Skool Kings in Witrivier het ingestem om van more af ook gesluit te wees. Volgens die Mpumalanga departement van onderwys het hulle heropen voor die departement van basiese onderwys Vrydag aangekondig het dat alle skole eers op 15 Februarie mag heropen. Woordvoerder, Jasper…
Dokter Robbie Nel, ‘n bekende huisdokter van Hazyview, is laat gistermiddag op 77-jarige ouderdom in die hospitaal dood nadat hy Covid opgedoen het. Hy is deur familie, vriende en pasiënte beskryf as ‘n legende en iemand wat buitengewoon baie vir ander omgegee het. Hy word oorleef deur sy vrou, Linda,…
SANParke hoop om nie ses maande hoef te wag vir bevestiging of die vermiste veldwagter, Checkers Mashego, se oorskot wel gevind is nie. Dit was gister ‘n maand sedert wat na vermoede sy oorskot kan wees, in die Krugerwildtuin gevind is. Hy het op 17 November in die Stolsnek-area vermis…
Verskeie paaie rondom Letaba en Shingwedzi sal vanaf eerskomende Sondag tot 6 Februarie vir toeriste gesluit wees. Die Krugerwildtuin is besig om sekere mensgemaakte watergate toe te maak en te sloop, as deel van ‘n rehabilitasieprogram. Vanaf Sondag sal die Mingerhout-dam naby Letaba-ruskamp gesloop word, sowel as oorblywende dele van…
Die Pumas-rugbyspan sal voortaan as die New Nation Pumas bekendstaan. Die Rugby-unie het vanoggend aangekondig dat New Nation Construction tot die 2023-seisoen die span se titelborg sal wees. Phakisa se 3-jaar kontrak het einde 2020 verstryk. Volgens die uitvoerende hoof van Mpumalanga Rugby, Marius van Rensburg, waardeer hulle die maastskappy…
Rob Ferreira-hospitaal is tans vol weens koronavirus-pasiënte. Maar, sê Christopher Nobela, woordvoerder van Mpumalanga se gesondheidsdepartement, niemand word weggewys nie. Pasiënte wat stabiel is en nie suurstof benodig nie, word na streekshospitale, soos Barberton, verplaas. By Rob Ferreira word op meer kritieke pasiënte gefokus. Die provinsie het nog nooit soveel…
Die DA in Mpumalanga het weer ‘n beroep op die provinsiale regering gedoen om in te gryp in sukkelende munisipaliteite. Volgens Trudie Grovè-Morgan wys hul navorsing dat Emalahleni Eskom teen 31 Oktober ‘n allemintige R4,6 miljard geskuld het. Thaba Chweu was die kragreus R827 miljoen verskuldig. Sy sê dit is…
Die nasien van matriekvraestelle verloop sover sonder voorval in Mpumalanga. LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend by verskeie merksentrums op die hoëveld besoek afgelê. Hy sê 9 nasieners het tot dusver positief vir die koronavirus getoets en is huis toe gestuur. Verskeie het egter weens onderliggende siektes vooraf onttrek…
Die R350-toelaag wat mense weens inperking ontvang, veroorsaak steeds baie lang rye by poskantore. 'n Dubbel-ry-stelsel word nou geïmplementeer, waarvolgens hierdie mense ‘n aparte ry het. Johan Kruger, woordvoerder van die poskantoor, sê die hernuwing van voertuiglisensies is die tweede gewildste transaksie. Die diens is nou al 'n maand by…
Prins Andries Mahlangu is Saterdag voor sy huis in Siyabuswa vermoor. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, is die 67-jarige kort na 20:00 in sy kar voor sy huis geskiet. Sy seun het die skote gehoor en twee mans sien weghardloop. Dit volg op ‘n ander prins se moord op 4…
'n Gesin van vyf het Sondagmiddag ernstig seergekry toe 'n groot swerm bye hulle aangeval het. Volgens Cobus Els van ER24 was hulle op 'n rit op 'n naburige plot van hul eie by The Rest, toe hulle oor 'n byekorf ry. Dit was in 'n buiteband gemaak. Die bye…
Chaotiese toestande duur voort by die Lebombo- en Ressano Garcia-grensposte. Christel Botha Jardim en haar gesin slaap al sedert Woensdag in hul kar. Sy beskryf dit as ‘n sirkus, veral aan die Suid-Afrikaanse kant. Die bestuurder van die Lebombo-grenspos, Obed Maditsi, voer aan daar is bloot te veel mense en…
Chaotiese toestande het die week by die Lebombo en Ressano Garcia-grensposte geheers. Sommige reisigers moes dae wag om Suid-Afrika van Mosambiek af binne te kom. Magan Price en haar gesin het vir vyf dae daar vasgesit. Die grenspos is nie 24-uur oop nie en die vereiste Covid-toetse veroorsaak ‘n groot…
Die provinsiale gesondheidsdepartement voer aan dat korona-gevalle in Mpumalanga skerp styg. Daar is meer as duisend gevalle in een dag aangeteken, en in die afgelope week alleen meer as 4-duisend. 'n Addisionele agt mense is ook in die 24-uur dood. Woordvoerder vir die departement, Dumisani Malamule, sê die toename is…
Twee vroue is Dinsdagoggend in Barberton van ‘n moontlike ramp gered toe ‘n gassillinder in hul huis vlamgevat het. Avril van Dyk vertel sy wou met 'n nuwe gasbottel vir haar ma kosmaak, toe die hele sillinder aan die brand slaan. Sy het Hi-Tech Sekuriteit gekontak en Sunday Ntimba was…
Die bestuurder van die Lebombo-grenspos het die lang vertragings voor die deur gelê van mense wat sonder negatiewe Covid-toetse by die grens aankom. Na berig het uiters besige toestande by die Lebombo en Ressano Garcia-grensposte die afgelope twee dae massiewe ophopings veroorsaak soos mense wag om Suid-Afrika binne te kom…
Die feesseisoen is nie vir almal verby nie, en die provinsie se paaie bly baie besig. Die departement van gemeenskapsveiligheid sê hoewel verkeersvolumes Sondag hul piek bereik het, is amper duisend voertuie per uur gister nog op die R40 aangeteken. Mense jaag ook om voor 9-uur hul bestemmings te bereik,…
5 Jan 2021 1AM
1 min
1640 – 1660
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.