Amper 5 000 mense sal vanaf Woensdag begin merk aan die grootste eksamen wat die Mpumalanga onderwysdepartement nog ooit moes behartig. Sowat 94 000 matrikulante het 2020 se eindeksamen afgelê. Die aantal merksentrums is van 16 na 19 vermeerder, om te verseker almal kan by die inperkingsregulasies hou. Die merkers…
Drie 17-jariges verskyn vandag saam met ‘n 18-jarige in die hof, nadat hulle glo op 29 Desember drie huise in Witbank beroof het. Volgens die polisie se kolonel Donald Mdhluli, het hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen. Hulle het mense by twee huise in Lynnville beroof, en by ‘n derde huis…
Die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid sê daar is reeds 73 mense op die provinsie se paaie dood sedert 1 Desember, die begin van die feesseisoen. Dit is meer as verlede jaar in dieselfde periode. Die LUR, Gabisile Shabalala, het ‘n beroep op motoriste gedoen om baie versigtig te wees soos…
Twaalf vemeende onwettige myners is Woensdag deur die Valke in Mpumalanga by Barberton Mines gearresteer op aanklagte van onwettige mynery. Volgens die Valke se woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, is die onwettige goudsmeltery op Brown-plaas ontbind. Die polisie se gespesialiseerde nasionale intervensie-eenheid, bom-eenheid, 'n taktiese span, SSG Sekuriteit, Barberton-polisie en die…
Vuurwerke en klappers word nie hierdie feestyd in die Mbombela-area toegelaat nie, want al die sportgronde en stadions is gesluit vir die publiek. Die munisipaliteit het tydelik verskeie fasiliteite toegemaak weens die tweede golf van Covid-19. Dit sluit ook die munisipale swembaddens, gemeenskapsale, die kunsgallery en biblioteke in. Vuurwerke word…
Organisasies wat mense in nood in Mbombela help, sê die vraag in die gemeenskap bly groot weens die Covid-19-pandemie. Thea Rix van Ons gee om Nelspruit het ‘n beroep gedoen op inwoners om minder bevoorregtes hierdie feestyd te help. Sy sê die vraag is aansienlik groter hierdie jaar. Wat anders…
‘n Werknemer van TRAC verskyn vandag in die Belfast-landdroshof, nadat sy Maandag deur die Valke in hegtenis geneem is weens bedrog. Die vrou het by die Machado-tolhek gewerk. Volgens Valke-woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, het sy glo ‘n kredietkaart gebruik om motoriste se tolgelde te betaal, en hul kontant in haar…
Vier honde wat verlede week uit kratte by die Lebombo-grenspos gered is, sal moontlik van kant gemaak moet word, omdat hulle nie volgens regulasies ingevoer is nie. Die Nelspruit en Witrivier DBV’s het hulle Woensdagaand gaan haal, nadat hulle deur doeanebeamptes gekonfiskeer is. Hulle is in twee kratte by ‘n…
Hoërskool Bergvlam se Louise Fullard is gister met ‘n Global-onderwystoekenning vereer. Dié Afrikaansonderwyser is gekies om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig, nadat sy in Februarie by die nasionale toekennings aangewys is as die beste in die land in die gebruik van tegnologie. Die seremonie is virtueel uit Indië aangebied. Onderwysers van…
Die polisie glo hulle het moontlik die oorskot van die vermiste veldwagter, Checkers Mashego, in die Krugerwildtuin gevind. Hulle het laat gister op menslike oorskot afgekom, nie ver van waar Mashego ‘n maande gelede in die Stolsnek-area vermis geraak het nie. Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, het hulle ook ander…
Die Phakisa Pumas het klein veranderinge gemaak aan die beginspan wat Vrydagaand die Toyota Cheetahs op tuisbodem pak. Beide spanne kort 'n wen nadat hulle verlede naweek nederlae gely het. Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, verduidelik dat hulle uitsien na die tuisvoordeel. Die wedstryd skop om 19:00 op Mbombela-stadion af.
Teboho Thokoane is Dinsdag deur die Mpumalanga-hooggeregshof in Middelburg skuldig bevind aan vyf moorde. Hy en drie ander mans het ses mense op 12 Oktober 2017 op ‘n plaas in Ogies geskiet. Een het oorleef. Die ander verdagtes is intussen dood. Thokoane, ‘n Lesotho-burger, is ook skuldig bevind aan poging…
‘n Ongewone feestyd skop vandag af, maar vir Mpumalanga-toerisme is die jongste verskerping van Covid-19-regulasies nie die slegste nuus nie. Oupa Pilane van die Kruger-Laeveld-sakekamer en Satsa, sê die private sektor is dankbaar die provinsie is nie ‘n brandpunt nie. Mpumalanga het teen Maandag 648 aktiewe gevalle gehad, teenoor 399…
Dagbesoekers aan die Krugerwildtuin word sterk aangeraai om vooraf plek te bespreek om te verseker hulle word by die wildtuin se hekke ingelaat. Daaglikse kwotas is by elke hek in plek vanaf more tot 26 Januarie. SANParke se woordvoerder, Rey Thakuli, sê dit geld vir alle Sanparks-parke. Dit is deels…
Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend 40 nuwe voertuie aan die department van gemeenskapsveiligheid oorhandig. Dit is geskenk deur die Padverkeerbestuurskorporasie. Dit is bedoel om sigbare polisiëring in die provinsie te verhoog. Die premier voer aan daar was in Desember sover reeds meer ongelukke en sterftes op die provinsie…
Polisieminister, gen. Bheki Cele, besoek vandag Mpumalanga om die provinsie se Veiliger Feesseisoen-operasies na te gaan. Hy het wetstoepassers by die Nelspruit-rugbyklub toegespreek. Die minister sê Mpumalanga se misdaadstatistieke is kommerwekkend en sy adjunk sal tyd hier kom spandeer om te bepaal waar die fout lê. Hy het beamptes ook…
AfriForum het vandag klagtes van bedrog en korrupsie gelê teen twee maatskappye en hul direkteur oor ‘n stuk grond wat glo vroeër vanjaar vir R34 miljoen aan die regering verkoop is. Die deel van die plaas Biggar in Barberton het sedert 2011 drie keer van eienaar verwissel, elke keer vir…
Die bloedbank skuif Maandag van Riverside Mall Grove-sentrum toe. Die ander skenkersentrum bly by i'langa Mall. By Grove sal hulle in winkel 5, tussen Postnet en die Crazy Store, wees. Lebo Matsimbi sê hulle het meer spasie benodig, veral nou dat mense plasma kan skenk. Dié proses neem ‘n klein…
‘n Polisiebeampte wat by Barberton gestasioneer is, het Woensdag in die landdroshof verkyn op klagte van dagga-handel en dwarsboming van die gereg. Die 27-jarige konstabel, Bhekimuzi Evans Dlamini, is dieselfde dag deur die Valke in hegtenis geneem. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi, word daar beweer dat Dlamini mense gewerf het om…
Die Phakisa Pumas is reg om die DHL WP vanaand in Kaapstad te pak. Harte is gebreek tydens hul Super Rugby Unlocked-kragmeting toe die Stormers in die laaste minute die wedstryd gewen het. Pieter Jansen van Vuren is terug as die pienk truie se kaptein. Die 18-jarige Tiaan Botes maak…
11 Dec 2020 12AM
1 min
1660 – 1680
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.