'n Gesin van vyf het Sondagmiddag ernstig seergekry toe 'n groot swerm bye hulle aangeval het. Volgens Cobus Els van ER24 was hulle op 'n rit op 'n naburige plot van hul eie by The Rest, toe hulle oor 'n byekorf ry. Dit was in 'n buiteband gemaak. Die bye…
Chaotiese toestande duur voort by die Lebombo- en Ressano Garcia-grensposte. Christel Botha Jardim en haar gesin slaap al sedert Woensdag in hul kar. Sy beskryf dit as ‘n sirkus, veral aan die Suid-Afrikaanse kant. Die bestuurder van die Lebombo-grenspos, Obed Maditsi, voer aan daar is bloot te veel mense en…
Chaotiese toestande het die week by die Lebombo en Ressano Garcia-grensposte geheers. Sommige reisigers moes dae wag om Suid-Afrika van Mosambiek af binne te kom. Magan Price en haar gesin het vir vyf dae daar vasgesit. Die grenspos is nie 24-uur oop nie en die vereiste Covid-toetse veroorsaak ‘n groot…
Die provinsiale gesondheidsdepartement voer aan dat korona-gevalle in Mpumalanga skerp styg. Daar is meer as duisend gevalle in een dag aangeteken, en in die afgelope week alleen meer as 4-duisend. 'n Addisionele agt mense is ook in die 24-uur dood. Woordvoerder vir die departement, Dumisani Malamule, sê die toename is…
Twee vroue is Dinsdagoggend in Barberton van ‘n moontlike ramp gered toe ‘n gassillinder in hul huis vlamgevat het. Avril van Dyk vertel sy wou met 'n nuwe gasbottel vir haar ma kosmaak, toe die hele sillinder aan die brand slaan. Sy het Hi-Tech Sekuriteit gekontak en Sunday Ntimba was…
Die bestuurder van die Lebombo-grenspos het die lang vertragings voor die deur gelê van mense wat sonder negatiewe Covid-toetse by die grens aankom. Na berig het uiters besige toestande by die Lebombo en Ressano Garcia-grensposte die afgelope twee dae massiewe ophopings veroorsaak soos mense wag om Suid-Afrika binne te kom…
Die feesseisoen is nie vir almal verby nie, en die provinsie se paaie bly baie besig. Die departement van gemeenskapsveiligheid sê hoewel verkeersvolumes Sondag hul piek bereik het, is amper duisend voertuie per uur gister nog op die R40 aangeteken. Mense jaag ook om voor 9-uur hul bestemmings te bereik,…
Amper 5 000 mense sal vanaf Woensdag begin merk aan die grootste eksamen wat die Mpumalanga onderwysdepartement nog ooit moes behartig. Sowat 94 000 matrikulante het 2020 se eindeksamen afgelê. Die aantal merksentrums is van 16 na 19 vermeerder, om te verseker almal kan by die inperkingsregulasies hou. Die merkers…
Drie 17-jariges verskyn vandag saam met ‘n 18-jarige in die hof, nadat hulle glo op 29 Desember drie huise in Witbank beroof het. Volgens die polisie se kolonel Donald Mdhluli, het hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen. Hulle het mense by twee huise in Lynnville beroof, en by ‘n derde huis…
Die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid sê daar is reeds 73 mense op die provinsie se paaie dood sedert 1 Desember, die begin van die feesseisoen. Dit is meer as verlede jaar in dieselfde periode. Die LUR, Gabisile Shabalala, het ‘n beroep op motoriste gedoen om baie versigtig te wees soos…
Twaalf vemeende onwettige myners is Woensdag deur die Valke in Mpumalanga by Barberton Mines gearresteer op aanklagte van onwettige mynery. Volgens die Valke se woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, is die onwettige goudsmeltery op Brown-plaas ontbind. Die polisie se gespesialiseerde nasionale intervensie-eenheid, bom-eenheid, 'n taktiese span, SSG Sekuriteit, Barberton-polisie en die…
Vuurwerke en klappers word nie hierdie feestyd in die Mbombela-area toegelaat nie, want al die sportgronde en stadions is gesluit vir die publiek. Die munisipaliteit het tydelik verskeie fasiliteite toegemaak weens die tweede golf van Covid-19. Dit sluit ook die munisipale swembaddens, gemeenskapsale, die kunsgallery en biblioteke in. Vuurwerke word…
Organisasies wat mense in nood in Mbombela help, sê die vraag in die gemeenskap bly groot weens die Covid-19-pandemie. Thea Rix van Ons gee om Nelspruit het ‘n beroep gedoen op inwoners om minder bevoorregtes hierdie feestyd te help. Sy sê die vraag is aansienlik groter hierdie jaar. Wat anders…
‘n Werknemer van TRAC verskyn vandag in die Belfast-landdroshof, nadat sy Maandag deur die Valke in hegtenis geneem is weens bedrog. Die vrou het by die Machado-tolhek gewerk. Volgens Valke-woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, het sy glo ‘n kredietkaart gebruik om motoriste se tolgelde te betaal, en hul kontant in haar…
Vier honde wat verlede week uit kratte by die Lebombo-grenspos gered is, sal moontlik van kant gemaak moet word, omdat hulle nie volgens regulasies ingevoer is nie. Die Nelspruit en Witrivier DBV’s het hulle Woensdagaand gaan haal, nadat hulle deur doeanebeamptes gekonfiskeer is. Hulle is in twee kratte by ‘n…
Hoërskool Bergvlam se Louise Fullard is gister met ‘n Global-onderwystoekenning vereer. Dié Afrikaansonderwyser is gekies om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig, nadat sy in Februarie by die nasionale toekennings aangewys is as die beste in die land in die gebruik van tegnologie. Die seremonie is virtueel uit Indië aangebied. Onderwysers van…
Die polisie glo hulle het moontlik die oorskot van die vermiste veldwagter, Checkers Mashego, in die Krugerwildtuin gevind. Hulle het laat gister op menslike oorskot afgekom, nie ver van waar Mashego ‘n maande gelede in die Stolsnek-area vermis geraak het nie. Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, het hulle ook ander…
Die Phakisa Pumas het klein veranderinge gemaak aan die beginspan wat Vrydagaand die Toyota Cheetahs op tuisbodem pak. Beide spanne kort 'n wen nadat hulle verlede naweek nederlae gely het. Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, verduidelik dat hulle uitsien na die tuisvoordeel. Die wedstryd skop om 19:00 op Mbombela-stadion af.
Teboho Thokoane is Dinsdag deur die Mpumalanga-hooggeregshof in Middelburg skuldig bevind aan vyf moorde. Hy en drie ander mans het ses mense op 12 Oktober 2017 op ‘n plaas in Ogies geskiet. Een het oorleef. Die ander verdagtes is intussen dood. Thokoane, ‘n Lesotho-burger, is ook skuldig bevind aan poging…
‘n Ongewone feestyd skop vandag af, maar vir Mpumalanga-toerisme is die jongste verskerping van Covid-19-regulasies nie die slegste nuus nie. Oupa Pilane van die Kruger-Laeveld-sakekamer en Satsa, sê die private sektor is dankbaar die provinsie is nie ‘n brandpunt nie. Mpumalanga het teen Maandag 648 aktiewe gevalle gehad, teenoor 399…
16 Dec 2020 3AM
1 min
1660 – 1680
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.