100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,805 Episodes
1680 – 1700

Mankele maak Dinsdag weer oop

Dis amptelik: Mankele Mountain Biking maak Dinsdag weer oop. Dié welbekende bestemming vir avontuur in die Laeveld het in Oktober sy deure gesluit. Dit is nou deur GZ Adventures oorgeneem. Vandaf 15 Desember sal kamp, wêreldklas bergfietsry en ‘n magdom ander avontuurlustige aktiwiteite weer by hierdie ikoniese venue beskikbaar wees…
10 Dec 2020 7AM 1 min

Kansa-debutante vir 2020 aangekondig

Kansa Laeveld se debutante vir 2020 het hulle nie deur die Covid-19-pandemie laat afskrik nie. Vanjaar se debutante kon honderd-41-Rand vir dié welsyns-organisasie insamel. Die wenner was Gerhard Oosthuizen, ‘n leerling van Hoërskool Nelspruit, wat alleen 19-duisend-Rand ingesamel het. Die jaarlikse debutante-bal is wel aansienlik afgeskaal met ‘n veel kleiner…
9 Dec 2020 9AM 1 min

Barberton se water al hoe minder

Dit is nou algemeen in Barberton om vir tussen 2 en 4 dae op ‘n keer sonder water in jou krane te wees. Die Lomati-dam, wat die area van water voorsien, is net sowat 14 persent vol, volgens DA-raadslid Philip Minnaar. Twee weke gelede was dié syfer nog 16 persent…
9 Dec 2020 7AM 1 min

Pa en dogter saam in die beskuldigdebank vir bedrog

Thato Charmaine Philane het Dinsdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van bedrog, diefstal en oortreding van die belastingwet. Sy word aangekla saam met haar pa, Sipho Andrew Philane. Hy het op 4 Desember in dieselfde hof verskyn. Daar word beweer dat hulle in April 2017 ‘n maatskappy geregistreer het,…
9 Dec 2020 1AM 1 min

Soektog duur voort na vermiste veldwagter

Dit is vandag drie weke sedert Checkers Mashego, ‘n veldwagter in die Krugerwildtuin, vermis geraak het. Provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê hulle volg elke leidraad en elke stuk inligting wat hulle van die publiek ontvang, op. Hulle soek ook buite die wildtuin. Dit het egter nog niks opgelewer nie…
8 Dec 2020 9AM 1 min

TRAC staak padwerke voor feesseisoen

TRAC verwag baie besige verkeer op die N4 hierdie feestyd. Die tolplaza’s sal daarom volledig operasioneel wees om opeenhoping te verhoed. Alle padwerke op die roete sal ook stop tussen 19 Desember en 5 Januarie. Die besigste reistye word op 11, 15, 18, 23 en 24 Desember en weer op…
8 Dec 2020 8AM 1 min

Plaaslike skole reageer op matrieks se herskryf

Na alles wat matrikulante vanjaar moes deurmaak, moet hulle vir die eerste keer landwyd twee moeilike vraestelle herskryf - en dit moontlik omdat 'n handjievol leerlinge gekul het. Dit nadat die wiskune en fisiese wetenskap vraestelle twee uitgelek het. Die minister voer aan dit was 'n moeilike besluit, maar dit…
7 Dec 2020 8AM 1 min

Msholozi eersdaags geformaliseer

Msholozi-informele nedersetting gaan eersdaags, na vyf jaar, geformaliseer word. Mbombela-stadsraad is tydens ‘n onlangse raadsvergadering ingelig dat die implementering van dienste deur die departement van menslike nedersettings befonds sal word. Formalisering sal die munisipaliteit in staat stel om inwoners vir dienste te laat betaal. Veilige toegangspaaie moet ook gebou word…
7 Dec 2020 4AM 1 min

Polisie spoor gesteelde voertuig in spreekwoordelike hooimied op

‘n Verdagte wat Saterdag ‘n gesteelde bakkie agterop ‘n trok Mosambiek toe wou smokkel, is steeds soek. ‘n Ford Ranger is op die trok versteek met ‘n vrag tradisionele besempies. Die bakkie is Maandag in Gauteng gesteel. Cartrack het dit tot by die Lebombo-grenspos nagespeur. Die polisie het ondersoek ingestel…
7 Dec 2020 1AM 1 min

Motoriste gewaarsku oor padveiligheid na vier vroue sterf

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid het ‘n beroep gedoen op motoriste om baie versigtig te bestuur hierdie feesseisoen. Dit na vier vroue gister in ‘n ongeluk op die N4 naby Schagen dood is. Volgens die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, het hulle teen ‘n trok gebots. Hy sê daar word beweer…
5 Dec 2020 4AM 1 min

Bergvlam-matrikulant Dinsdag ter ruste gelê

Die roudiens vir Carel Robberts, ‘n graad 12-leerling aan Hoërskool Bergvlam, sal Dinsdag gehou word. Dié matriuklant is die afgelope Dinsdagaand in ‘n motorongeluk oorlede. Hy het op 5 September 18 jaar oud geword en was besig met die eindeksamen. Die diens Dinsdag is om 11-uur by die NG Kerk…
5 Dec 2020 4AM 1 min

Plaaslike veeartse waarsku teen parvovirus

Daar is ‘n toename in die hoogs aansteeklike parvovirus, wat katgriep veroorsaak, in Mbombela. Van Wijkstraat Dierehospitaal sê hulle het die afgelope week 10 gevalle gehad. Volgens dokter Christo Nortjé is die siekte baie dodelik vir honde. Hy voeg by dat inentings baie effektief is teen die siekte, maar mense…
4 Dec 2020 1AM 1 min

Klubrugby hoog op nuwe Pumas-hoof se prioriteitslys

Mpumalanga Rugby se nuut aangestelde uitvoerende hoof wil hê klubrugby moet so gou moontlik hervat. Marius van Rensburg sal vanaf 1 Januarie die pos beklee wat in Augustus deur Pieter Burger vakant gelaat is. Van Rensburg sê die aanstelling is ‘n groot eer en verantwoordelikheid. Hy voel sterk dat die…
2 Dec 2020 7AM 1 min

Skerp veiligheid op voor feesseisoen

Die feesseisoen is hier, en met dit saam is misdadigers geneig om meer aktief te wees. Die polisie het reeds hul Veiliger Feesseisoen-operasie geloods met die tema tema is “Stywe greep”. Hulle sal in dié tyd hul sigbaarheid verhoog met die doel om die welstand enveiligheid van alle Suid-Afrikaners in…
1 Dec 2020 3AM 1 min

Drie gewapende rowe, dubbele moord in die Laeveld binne twee dae

Die polisie in Barberton het ‘n mannejag geloods, nadat ‘n paartjie vroeg vanoggend in hul huis vermoor is. Volgens die Mpumalanga-polisie se kol. Donald Mdluli het die paartjie, wat in hul middel 30’s is, ‘n kamer op ‘n erf gehuur. Die verdagtes het in die slagoffers se kamer ingebreek en…
30 Nov 2020 10AM 1 min

Laeveld-gemeenskap steek hande op tydens inperking

Dit is vandag 8 maande sedert die staat van inperking in werking getree het. Die ekonomie is op sy knieë en duisende mense het hul werke verloor. Toerisme is in sy peetjie in. Maar dit is nie alles verdoemenis en somberheid nie. Welwillendheidsorganisasies stem saam dat mense in hierdie tyd…
27 Nov 2020 8AM 1 min

Pumas maak ses veranderinge voor Sharks-wedstryd

Die Phakisa Pumas skop vanaand die Curriebeker af teen die Cell C Sharks. Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, het ses veranderinge aan sy beginspan gemaak. Die pienk truie se krukkelys is lank, maar hy sê die span het gewys hulle het meer diepte as wat hy gedink het. Die Sharks is egter…
27 Nov 2020 1AM 1 min

Toegang tot Malelane-hek Vrydag moontlik belemmer

‘n Beplande protesaksie kan na verwagting more toegang tot die Krugerwildtuin ontwrig. Dit is glo weens ‘n arbeidsdispuut op ‘n plaas buite die wildtuin. Die plaas is langs die R570-pad wat na die Malelane-hek lei. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Krugerwildtuin, Ike Phaahla, kan dit toegang tot die hek…
26 Nov 2020 10AM 1 min

Mpumalanga-leerling sterf by skool na Jojo-tenk op haar val

‘n Graad 6-leerling van die Gekombineerde Skool Bankfontein is vanoggend dood, na ‘n Jojo-tenk by die skool glo op haar geval het. Die skool is in die Steve Tshwete-munisipalitiet geleë . LUR vir die Mpumalanga departement van onderwys, Bonakele Majuba, sal Donderdag die skool en die dogter se familie besoek…
25 Nov 2020 9AM 1 min

Krugerwildtuin rig pleidooi vir inligting oor vermiste veldwagter

Sanparke het aangekondig dat die soektog na hul vermiste veldwagter steeds voortduur. Checkers Mashego het verlede Dinsdag in die Krugerwildtuin vermis geraak. Hy is laas in die Stolsnek-area gesien. Die polisie, Sanparke en gemeenskap soek sedertien na hom. Volgens die wildtuin se Ike Phaahla, hoop en bid hulle vir Mashego…
25 Nov 2020 9AM 1 min
1680 – 1700