Dagbesoekers aan die Krugerwildtuin word sterk aangeraai om vooraf plek te bespreek om te verseker hulle word by die wildtuin se hekke ingelaat. Daaglikse kwotas is by elke hek in plek vanaf more tot 26 Januarie. SANParke se woordvoerder, Rey Thakuli, sê dit geld vir alle Sanparks-parke. Dit is deels…
Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend 40 nuwe voertuie aan die department van gemeenskapsveiligheid oorhandig. Dit is geskenk deur die Padverkeerbestuurskorporasie. Dit is bedoel om sigbare polisiëring in die provinsie te verhoog. Die premier voer aan daar was in Desember sover reeds meer ongelukke en sterftes op die provinsie…
Polisieminister, gen. Bheki Cele, besoek vandag Mpumalanga om die provinsie se Veiliger Feesseisoen-operasies na te gaan. Hy het wetstoepassers by die Nelspruit-rugbyklub toegespreek. Die minister sê Mpumalanga se misdaadstatistieke is kommerwekkend en sy adjunk sal tyd hier kom spandeer om te bepaal waar die fout lê. Hy het beamptes ook…
AfriForum het vandag klagtes van bedrog en korrupsie gelê teen twee maatskappye en hul direkteur oor ‘n stuk grond wat glo vroeër vanjaar vir R34 miljoen aan die regering verkoop is. Die deel van die plaas Biggar in Barberton het sedert 2011 drie keer van eienaar verwissel, elke keer vir…
Die bloedbank skuif Maandag van Riverside Mall Grove-sentrum toe. Die ander skenkersentrum bly by i'langa Mall. By Grove sal hulle in winkel 5, tussen Postnet en die Crazy Store, wees. Lebo Matsimbi sê hulle het meer spasie benodig, veral nou dat mense plasma kan skenk. Dié proses neem ‘n klein…
‘n Polisiebeampte wat by Barberton gestasioneer is, het Woensdag in die landdroshof verkyn op klagte van dagga-handel en dwarsboming van die gereg. Die 27-jarige konstabel, Bhekimuzi Evans Dlamini, is dieselfde dag deur die Valke in hegtenis geneem. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi, word daar beweer dat Dlamini mense gewerf het om…
Die Phakisa Pumas is reg om die DHL WP vanaand in Kaapstad te pak. Harte is gebreek tydens hul Super Rugby Unlocked-kragmeting toe die Stormers in die laaste minute die wedstryd gewen het. Pieter Jansen van Vuren is terug as die pienk truie se kaptein. Die 18-jarige Tiaan Botes maak…
Dis amptelik: Mankele Mountain Biking maak Dinsdag weer oop. Dié welbekende bestemming vir avontuur in die Laeveld het in Oktober sy deure gesluit. Dit is nou deur GZ Adventures oorgeneem. Vandaf 15 Desember sal kamp, wêreldklas bergfietsry en ‘n magdom ander avontuurlustige aktiwiteite weer by hierdie ikoniese venue beskikbaar wees…
Kansa Laeveld se debutante vir 2020 het hulle nie deur die Covid-19-pandemie laat afskrik nie. Vanjaar se debutante kon honderd-41-Rand vir dié welsyns-organisasie insamel. Die wenner was Gerhard Oosthuizen, ‘n leerling van Hoërskool Nelspruit, wat alleen 19-duisend-Rand ingesamel het. Die jaarlikse debutante-bal is wel aansienlik afgeskaal met ‘n veel kleiner…
Dit is nou algemeen in Barberton om vir tussen 2 en 4 dae op ‘n keer sonder water in jou krane te wees. Die Lomati-dam, wat die area van water voorsien, is net sowat 14 persent vol, volgens DA-raadslid Philip Minnaar. Twee weke gelede was dié syfer nog 16 persent…
Thato Charmaine Philane het Dinsdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van bedrog, diefstal en oortreding van die belastingwet. Sy word aangekla saam met haar pa, Sipho Andrew Philane. Hy het op 4 Desember in dieselfde hof verskyn. Daar word beweer dat hulle in April 2017 ‘n maatskappy geregistreer het,…
Dit is vandag drie weke sedert Checkers Mashego, ‘n veldwagter in die Krugerwildtuin, vermis geraak het. Provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê hulle volg elke leidraad en elke stuk inligting wat hulle van die publiek ontvang, op. Hulle soek ook buite die wildtuin. Dit het egter nog niks opgelewer nie…
TRAC verwag baie besige verkeer op die N4 hierdie feestyd. Die tolplaza’s sal daarom volledig operasioneel wees om opeenhoping te verhoed. Alle padwerke op die roete sal ook stop tussen 19 Desember en 5 Januarie. Die besigste reistye word op 11, 15, 18, 23 en 24 Desember en weer op…
Na alles wat matrikulante vanjaar moes deurmaak, moet hulle vir die eerste keer landwyd twee moeilike vraestelle herskryf - en dit moontlik omdat 'n handjievol leerlinge gekul het. Dit nadat die wiskune en fisiese wetenskap vraestelle twee uitgelek het. Die minister voer aan dit was 'n moeilike besluit, maar dit…
Msholozi-informele nedersetting gaan eersdaags, na vyf jaar, geformaliseer word. Mbombela-stadsraad is tydens ‘n onlangse raadsvergadering ingelig dat die implementering van dienste deur die departement van menslike nedersettings befonds sal word. Formalisering sal die munisipaliteit in staat stel om inwoners vir dienste te laat betaal. Veilige toegangspaaie moet ook gebou word…
‘n Verdagte wat Saterdag ‘n gesteelde bakkie agterop ‘n trok Mosambiek toe wou smokkel, is steeds soek. ‘n Ford Ranger is op die trok versteek met ‘n vrag tradisionele besempies. Die bakkie is Maandag in Gauteng gesteel. Cartrack het dit tot by die Lebombo-grenspos nagespeur. Die polisie het ondersoek ingestel…
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid het ‘n beroep gedoen op motoriste om baie versigtig te bestuur hierdie feesseisoen. Dit na vier vroue gister in ‘n ongeluk op die N4 naby Schagen dood is. Volgens die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, het hulle teen ‘n trok gebots. Hy sê daar word beweer…
Die roudiens vir Carel Robberts, ‘n graad 12-leerling aan Hoërskool Bergvlam, sal Dinsdag gehou word. Dié matriuklant is die afgelope Dinsdagaand in ‘n motorongeluk oorlede. Hy het op 5 September 18 jaar oud geword en was besig met die eindeksamen. Die diens Dinsdag is om 11-uur by die NG Kerk…
Daar is ‘n toename in die hoogs aansteeklike parvovirus, wat katgriep veroorsaak, in Mbombela. Van Wijkstraat Dierehospitaal sê hulle het die afgelope week 10 gevalle gehad. Volgens dokter Christo Nortjé is die siekte baie dodelik vir honde. Hy voeg by dat inentings baie effektief is teen die siekte, maar mense…
Mpumalanga Rugby se nuut aangestelde uitvoerende hoof wil hê klubrugby moet so gou moontlik hervat. Marius van Rensburg sal vanaf 1 Januarie die pos beklee wat in Augustus deur Pieter Burger vakant gelaat is. Van Rensburg sê die aanstelling is ‘n groot eer en verantwoordelikheid. Hy voel sterk dat die…
2 Dec 2020 7AM
1 min
1680 – 1700
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.