Die feesseisoen is hier, en met dit saam is misdadigers geneig om meer aktief te wees. Die polisie het reeds hul Veiliger Feesseisoen-operasie geloods met die tema tema is “Stywe greep”. Hulle sal in dié tyd hul sigbaarheid verhoog met die doel om die welstand enveiligheid van alle Suid-Afrikaners in…
Die polisie in Barberton het ‘n mannejag geloods, nadat ‘n paartjie vroeg vanoggend in hul huis vermoor is. Volgens die Mpumalanga-polisie se kol. Donald Mdluli het die paartjie, wat in hul middel 30’s is, ‘n kamer op ‘n erf gehuur. Die verdagtes het in die slagoffers se kamer ingebreek en…
Dit is vandag 8 maande sedert die staat van inperking in werking getree het. Die ekonomie is op sy knieë en duisende mense het hul werke verloor. Toerisme is in sy peetjie in. Maar dit is nie alles verdoemenis en somberheid nie. Welwillendheidsorganisasies stem saam dat mense in hierdie tyd…
Die Phakisa Pumas skop vanaand die Curriebeker af teen die Cell C Sharks. Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, het ses veranderinge aan sy beginspan gemaak. Die pienk truie se krukkelys is lank, maar hy sê die span het gewys hulle het meer diepte as wat hy gedink het. Die Sharks is egter…
‘n Beplande protesaksie kan na verwagting more toegang tot die Krugerwildtuin ontwrig. Dit is glo weens ‘n arbeidsdispuut op ‘n plaas buite die wildtuin. Die plaas is langs die R570-pad wat na die Malelane-hek lei. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Krugerwildtuin, Ike Phaahla, kan dit toegang tot die hek…
‘n Graad 6-leerling van die Gekombineerde Skool Bankfontein is vanoggend dood, na ‘n Jojo-tenk by die skool glo op haar geval het. Die skool is in die Steve Tshwete-munisipalitiet geleë . LUR vir die Mpumalanga departement van onderwys, Bonakele Majuba, sal Donderdag die skool en die dogter se familie besoek…
Sanparke het aangekondig dat die soektog na hul vermiste veldwagter steeds voortduur. Checkers Mashego het verlede Dinsdag in die Krugerwildtuin vermis geraak. Hy is laas in die Stolsnek-area gesien. Die polisie, Sanparke en gemeenskap soek sedertien na hom. Volgens die wildtuin se Ike Phaahla, hoop en bid hulle vir Mashego…
TRACN4 borg vanjaar weer ‘n ronde van die nasionale tydren-kampioenskap. Die TRACN4 Nasionale Tydren sal op 27 en 28 November in Dullstroom plaasvind. Dit tel as ronde vyf en ses van die kampioenskap, wat vanjaar 60 jaar oud is. Van die land se topryers sal deelneem. TRAC se Solange Soares…
Die man wat Etienne van Wyk in 2007 glo in sy huis in Steiltes gemartel en vermoor het, het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Die 42-jarige Mafika Ronnie Nkosi is amper twee weke gelede deur die Valke en Elukwatini speurders vasgetrek. Die Valke se woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, sê Nkosi…
Danie Bester van Balfour is gisteraand aangewys as TLU SA se Jongboer vir 2020. Dié 35-jarige boer al die afgelope 12 jaar saam met sy pa op die plaas Rietbult, waar hy mielies en sojaboontjies verbou. As wenner van die kompetisie ontvang Bester ‘n oorsese reis na die Manitou fabriek…
Sanparke soek onverpoosd na die veldwagter wat Dinsdagaand in die Krugerwildtuin vermis geraak het. Checkers Mashego is ses dae gelede laaste in die Stolsnek-area gesien. Volgens die wildtuin se Ike Phaahla het hulle geen nuwe leidrade nie. Hulle soek ook ‘n ent buite die grensdraad. Die polisie het ‘n ondersoekspan…
Die Phakisa Pumas sal hierdie naweek hul wedstryd teen die Vodacom Blue Bulls kan speel. Dit was in die weegskaal na verskeie Pumas-spelers verlede week positief getoets het vir Covid-19. Die voorry was daarom in kwarantyn, maar hul toetse wys hulle kan speel. Net Dewald Maritz is nie vir die…
Die Blue Moon-konsertreeks is uiteraard ook ‘n huldeblyk aan Anthony Bumstead, wat Blue Moon amper 20 jaar gelede begin het. Hy is in Augustus vanjaar dood. Kaartjies beloop R180 per persoon en is beskikbaar by itickets. ‘n Paar sal ook by die hekke te koop wees, maar net 500 mense…
Die legendariese Blue Moon hou vanaf Vrydag vir die eerste keer in ‘n jaar weer konsert. Van jou gunsteling-kunstenaars tree tot 12 Desember elke Vrydag en Saterdag hier op. Die Blue Moon-konsertreeks skop af met Jay en Lianie en Nicholis Louw, en Robbie Wessels saam met Nádine Saterdagaand. Conrad Jamneck…
‘n Ervare veldwagter is sedert Dinsdagaand vermis in die Krugerwildtuin. Volgens woorvoerder, Ika Phaahla, is Checkers Mashego 51 jaar oud. Hy was saam met ‘n kollega op patrollie in die Nsilikazi-rivierbedding in die Stolsnek-area. Hulle het uitmekaar gegaan om iets te ondersoek. Mashego het nooit by die afgespreekte ontmoetingsplek opgedaag…
Die Mpumalanga-Rugbyunie het gisteraand die Mpumalanga Rugbyinstituut by Mbombela Stadion bekendgestel. Dit is in samewerking met UXI Sport, wat reeds sulke institute by die WP, Cheetahs, Griekwas en Boland bedryf. Chumani Booi, voormalige afrigter van die Cheetahs se Pro-14-span, is bevestig as die hoofafrigter by die instituut. Thea Visagie van…
Nelspruit Mediclinic is weer oop, nadat dit vanoggend gedeeltelik ontruim is weens 'n bomdreigement. Die hospitaal is gesluit en die polisie sebomeenheid het die perseel met snuffelhonde deursoek. Volgens Mediclinic se Robyn Baard, is slegs sekere dele van pasiënte en werknemers ontruim. Die polisie het die hospitaal intussen weer oopgestel. Baard sê dit was skrikwekkend, maar…
Die provinsiale regering se begroting vir die res van die finansiële jaar is met een miljard-Rand gesny. LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Pat Ngomane, het sy aangepaste begroting gister ter tafel gelê. Daarvolgens het die regering net onder 40 persent van hul beplande inkomste gemaak in die eerste…
Nelsville se water sal Woensdag vir sowat 12 ure afgesit word, sodat ‘n gebarste pyp onder ‘n elektriese transformator vervang kan word. Inwoners sukkel sedert Sondagaand met watertekorte, sedert die pyp op verskillende plekke gebars het. Woordvoerder van Silulumanzi, Richmond Jele, verduidelik dat die pyp nou tydelik herstel is. Die…
Plaaslike toerisme is hoopvol dat hulle van die inperking kan herstel. President Cyril Ramaphosa se aankondiging dat internasionale reis oop gestel word, is wyd verwelkom. Maar na maande van inperking die bedryf erge skade berokken het, is die konsensus dat herstel moontlik is. Soos Cobus Tomlinson van die Nelspruit LTO…
16 Nov 2020 8AM
1 min
1700 – 1720
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.