Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat R40 miljoen van die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap ontneem is om die Covid-19-pandemie te beveg. Volgens die party dui die tweede kwartaal se verslag daarop dat die provinsiale tesourie die geld van veral klein besighede wat deur die agentskap ondersteun word, geneem het…
Hoërskool Bergvlam se Jerusalema-uitdaging is nou reeds 3,4 miljoen keer op YouTube gekyk. Meer as 'n duidend mense het ook reeds daarop kommentaar gelewer. Die meeste opmerkings is oor Alex Etsebeth, oftewel die seun met die rooi masker, wat die kollig steel. Volgens hierdie matrikulant het hy glad nie die…
AfriForum in die Laeveld het die Vrystaatse boere bygestaan ná verwoestende veldbrande. Plaaslike takke kon dié week brandstof van sowat 40 000-Rand skenk, sodat voer na die brandgeteisterde gebiede gestuur kan word. Verder het hulle aflaaipunte vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek reg oor die Laeveld gereël. Volgens Chanté…
Mbombela skuld Eskom tans R530 miljoen. Dit het die afgelope week aan die lig gekom, na 'n spesiale raadsvergadering. Die munisipaliteit se maandelikse rekening beloop egter slegs sowat R70 miljoen. Volgens die munisipaliteit, is die wanbetaling weens hul ernstige kontantvloeiprobleme. Sanley van der Merwe, die leier van die DA in…
Elf mense, onder hulle die voormalige minister van staatsveiligheid, adv. Bongani Bongo, het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery. Hulle word ook beskuldig van die oortreding van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies (PFMA). Bongo was ten tyde van die vermeende…
Radio Laeveld se luisteraars het voorwaar harte van goud. Die stasie het hande gevat met AfriForum en Skankane Transport om hulp te verleen aan brandgeteisterde boere. Na raming is minstens 200 000 ha verlede week in verskeie brande verwoes. Die uitgestrekte gebied sluit in dele van die Wes-Vrystaat, Noord-Kaap en…
Mpumalanga se onderwysdepartement is gereed vir die grootste eksamen wat hulle tot nog toe moes bestuur. Die eindeksamen skop Donderdagoggend af. Jasper Zwane sê 'n totaal van 93 899 leerlinge sal in 556 eksamensentrums die vraestelle skryf, nadat die Junie-eksamen weens die Covid-19-pandemie gekanselleer is.
Graskop se belastingbetalersvereniging (GRA) het ‘n dispuut verklaar met Thaba Chweu-munisipaliteit (TCLM) en weerhou nou hul tariewe en belasting. Volgens Lance Gibson het die meeste inwoners in Augustus reeds opgehou om die plaaslike owerheid te betaal. Buiten dat min dienste gelewer word, is die groep se hoofrede dat Thaba Chweu…
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Gabisile Shabalala, het ‘n beroep gedoen op die polisie en Mpumalanga ekonomiese reguleerder (MER) om kuierplekke wat nie by inperkingsregulasies hou nie, op te skroef. Volgens haar woordvoerder, Moeti Mmusi, word die departement oorval met klagtes van die publiek oor kuierplekke wat na middernag oop is…
Hoërskool Bergvlam se Afrikaanse departementshoof, Louise Fullard, sal eersdaags Suid-Afrika by die internasionnale onderwystoekennings verteenwoordig. Fullard is in Februarie aangewys as die beste onderwyser in tegnologie in die land. Die minister van onderwys het haar daarna genomineer vir die internasionnale toekenning. 'n Totaal van 110 neem deel. Die seremonie is…
KANSA Laeveld se jaarlikse Skakerings van Pienk-pretloop vind Vrydagmiddag by Mbombela-stadion plaas. Dit het ten doen om bewusmaking oor kanker te bevorder, maar is ook 'n pret uitstappie vir die hele gesin. Jou R100-inskrywingsfooi gee elke vrou ook 'n gratis borsondersoek. Organiseerder, Pauline Moller, vertel vanjaar is die Pinky Phosa-Foundation…
Die skole het gesluit en die eindeksamen begin eersdaags. Hoërskool Nelspruit het Woensdagaand hul prysuitdeling gehou. Sport-, kultuur- akademiese- en diensleweringtoekennings is gemaak. Die gr. 12's se laaste skooldag op 16 Oktober was met ‘n gepaste afsluitingsdiens. Hoof, Johan Hattingh, het tydens die laaste skooldag die martriukalente bedank vir die…
Die twee mans wat Gerrit Stander verlede week glo tydens ‘n huisroof in Plaston doodgeskiet het, het vanoggend in die Witrivier-hof verskyn. Daar was ‘n groot polisieteenwoordigheid en paaie is vir verkeer afgesper. Die twee verdagtes is Donderdag aangekeer. Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale vervolgingsgesag, het bevestig dat die…
Daar is vanoggend streng polisieteenwoordigheid by Witrivier-landdroshof, waar die vermeende moordenaars van Gerrit Stander sal verskyn. Stander is 'n week gelede tydens 'n roof by sy huis doodgeskiet. Die twee mans is Donderdag aangekeer. Joe Pelser van AfriForum Witrivier verduidelik dat die paaie rondom die hofgebou afgeblok is deur die…
Rudy Oosthuyse van Grove Superspar het sy 10de Cleaver-toekenning gewen. Die jaarlikse toekennings beloon kwaliteit, higiëne, diens en waarde vir geld onder slaghuise. Grove Superspar is nou amptelik die tweede beste vleismark onder alle supermarkte in Suid-Afrika. Die slaghuis se 20 spanlede het vanoggend elk ‘n R250-geskenkbewys van SPAR Lowveld…
Drie verdagtes wat na vermoede die Badplaas-polisiestasie in September beroof het, is aangekeer. Die Mpumalanga Valke se kaptein Lloyd Ramovha, sê hulle is gister in Mbombela vasgetrek. Die gesteelde vuurwapens, ‘n R5-aanvalsgeweer en twee pistole, is ook gekonfiskeer. Dit sal getoets word om te bepaal of dit in ander misdade…
Twee mans is gisteroggend in KaBokweni in hegtenis geneem vir die moord op Gerrit Stander. Hy is Maandagoggend verskeie kere geskiet tydens ‘n roof by sy huis in die Plaston-omgewing. Volgens die Valke is die mans aangekeer toe hulle ‘n selfoon, iPad, en naaldwerkmasjien wat tydens die roof gesteel is,…
Pastoor Cyzelle Fincham van die Grace Family Fellowship Nelspruit, sterk goed aan by die huis. Dit is vandag ses weke sedert sy ernstig beseer is in ‘n fratsongeluk toe ‘n jagvoertuig omgeslaan en op haar te lande gekom het. Na verskeie operasies om haar gebreekte bene te heg, ondergaan sy…
Die Phakisa Pumas speel môre hul eerste rugbywedstryd van die jaar op hul tuisveld. Hul wedstryd teen die DHL Stormers skop om 19:00 by Mbombela-stadion af. Pumas-breier, Jimmy Stonehouse, sê hulle gaan die toeskouers mis, maar sien uit na die kragmeting. Hy het byna geen veranderinge aan sy span, wat…
Karen Britz se skielike afsterwe het Hoërskool Bergvlam vanoggend geruk. Sy was vir amper 32 jaar by die skool werksaam. Haar kollega en vriendin, Sanet Steyn, sê sy het einde verlede jaar ‘n beenmurg-oorplanting ondergaan. Dit was suksesvol maar sy het so twee weke gelede weer siek begin word. Britz…
22 Oct 2020 8AM
1 min
1720 – 1740
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.