Môre se kragmeting tussen die Phakisa Pumas en Emirates Lions is uitgestel. Volgens SA Rugby het twee Pumas-spelers vanoggend positief getoets vir Covid-19. ‘n Speler het vroeër die week ook positief getoets. Al die spelers wat positief getoets het, het saam aan ‘n skrumoefening deelgeneem. Verskeie voorspelers is in kwarantyn…
‘n Ondersoek na ongeruimdhede in Covid-19-aankope in die provinsie wat twee weke moes duur, is na 12 weke nog nie afgehandel nie. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het gister bevestig dat sy nog net ‘n tydelike verslag daaroor ontvang het. Die provinsiale departemente van sport en samewerkende regering, die tesourie, Mpumalanga-toerisme-en-parkeraad en…
Sanparke is gereed om alle Suid-Afrikaners volgende week gratis toegang tot hul parke te gee. Sanparke vier Nasionale Parkeweek gewoonlik in September, maar het dit vanjaar uitgestel weens die Covid-19-pandemie. Woordvoerder vir die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, bevestig mense kan steeds bespreek om volgende week die park te besoek. Dit is…
Ses mense is sedert Saterdag in hegtenis geneem weens uitstaande verkeersboetes in Mpumalanga. Die departement van gemeenskapsveiligheid benadruk dat dit heroortreders is wat versuim om hul boetes te betaal, en dan in die hof te verskyn. Volgens die departement se Sibandiso Nkuna, is 15 mense met die meeste lasbriewe vir…
Die Nelspruit DBV se kosvooraad is tans weer baie laag. Hulle verwag dat veral die droë hondekos slegs nog ‘n week sal hou. Lize Pienaar, voorsitter van die Nelspruit DBV, sê hulle benodig veral kleiner korrels omdat al die verskillende honderasse dit kan eet. Verder het inperking ‘n negatiewe impak…
Vyf verdagtes word deur die polisie gesoek, nadat hulle vanoggend ‘n transito-roof by The Square-sentrum in Mbombela probeer uitvoer het. Die voorval het om ongeveer 10:30 plaasgevind. Wahl Bartmann, die hoof van sekuriteit by Fidelity, het bevestig dat 'n wag aangeval is net nadat hy die Pick n Pay-winkel met…
‘n Vlieënier is Vrydagmiddag dood toe sy vliegtuig buite Nelspruit-vliegveld neergestort het. Netcare911 se helikopter-nooddienste was by die vliegveld toe die voorval plaasgevind het en het hulle na die toneel gehaas. Die ligte vliegtuig is deur vlamme verswelg. André van Heerden van Summerfields Rose Retreat & Spa se liggaam is…
Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat R40 miljoen van die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap ontneem is om die Covid-19-pandemie te beveg. Volgens die party dui die tweede kwartaal se verslag daarop dat die provinsiale tesourie die geld van veral klein besighede wat deur die agentskap ondersteun word, geneem het…
Hoërskool Bergvlam se Jerusalema-uitdaging is nou reeds 3,4 miljoen keer op YouTube gekyk. Meer as 'n duidend mense het ook reeds daarop kommentaar gelewer. Die meeste opmerkings is oor Alex Etsebeth, oftewel die seun met die rooi masker, wat die kollig steel. Volgens hierdie matrikulant het hy glad nie die…
AfriForum in die Laeveld het die Vrystaatse boere bygestaan ná verwoestende veldbrande. Plaaslike takke kon dié week brandstof van sowat 40 000-Rand skenk, sodat voer na die brandgeteisterde gebiede gestuur kan word. Verder het hulle aflaaipunte vir AfriForum se Boks vir ’n Boer-projek reg oor die Laeveld gereël. Volgens Chanté…
Mbombela skuld Eskom tans R530 miljoen. Dit het die afgelope week aan die lig gekom, na 'n spesiale raadsvergadering. Die munisipaliteit se maandelikse rekening beloop egter slegs sowat R70 miljoen. Volgens die munisipaliteit, is die wanbetaling weens hul ernstige kontantvloeiprobleme. Sanley van der Merwe, die leier van die DA in…
Elf mense, onder hulle die voormalige minister van staatsveiligheid, adv. Bongani Bongo, het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery. Hulle word ook beskuldig van die oortreding van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies (PFMA). Bongo was ten tyde van die vermeende…
Radio Laeveld se luisteraars het voorwaar harte van goud. Die stasie het hande gevat met AfriForum en Skankane Transport om hulp te verleen aan brandgeteisterde boere. Na raming is minstens 200 000 ha verlede week in verskeie brande verwoes. Die uitgestrekte gebied sluit in dele van die Wes-Vrystaat, Noord-Kaap en…
Mpumalanga se onderwysdepartement is gereed vir die grootste eksamen wat hulle tot nog toe moes bestuur. Die eindeksamen skop Donderdagoggend af. Jasper Zwane sê 'n totaal van 93 899 leerlinge sal in 556 eksamensentrums die vraestelle skryf, nadat die Junie-eksamen weens die Covid-19-pandemie gekanselleer is.
Graskop se belastingbetalersvereniging (GRA) het ‘n dispuut verklaar met Thaba Chweu-munisipaliteit (TCLM) en weerhou nou hul tariewe en belasting. Volgens Lance Gibson het die meeste inwoners in Augustus reeds opgehou om die plaaslike owerheid te betaal. Buiten dat min dienste gelewer word, is die groep se hoofrede dat Thaba Chweu…
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Gabisile Shabalala, het ‘n beroep gedoen op die polisie en Mpumalanga ekonomiese reguleerder (MER) om kuierplekke wat nie by inperkingsregulasies hou nie, op te skroef. Volgens haar woordvoerder, Moeti Mmusi, word die departement oorval met klagtes van die publiek oor kuierplekke wat na middernag oop is…
Hoërskool Bergvlam se Afrikaanse departementshoof, Louise Fullard, sal eersdaags Suid-Afrika by die internasionnale onderwystoekennings verteenwoordig. Fullard is in Februarie aangewys as die beste onderwyser in tegnologie in die land. Die minister van onderwys het haar daarna genomineer vir die internasionnale toekenning. 'n Totaal van 110 neem deel. Die seremonie is…
KANSA Laeveld se jaarlikse Skakerings van Pienk-pretloop vind Vrydagmiddag by Mbombela-stadion plaas. Dit het ten doen om bewusmaking oor kanker te bevorder, maar is ook 'n pret uitstappie vir die hele gesin. Jou R100-inskrywingsfooi gee elke vrou ook 'n gratis borsondersoek. Organiseerder, Pauline Moller, vertel vanjaar is die Pinky Phosa-Foundation…
Die skole het gesluit en die eindeksamen begin eersdaags. Hoërskool Nelspruit het Woensdagaand hul prysuitdeling gehou. Sport-, kultuur- akademiese- en diensleweringtoekennings is gemaak. Die gr. 12's se laaste skooldag op 16 Oktober was met ‘n gepaste afsluitingsdiens. Hoof, Johan Hattingh, het tydens die laaste skooldag die martriukalente bedank vir die…
Die twee mans wat Gerrit Stander verlede week glo tydens ‘n huisroof in Plaston doodgeskiet het, het vanoggend in die Witrivier-hof verskyn. Daar was ‘n groot polisieteenwoordigheid en paaie is vir verkeer afgesper. Die twee verdagtes is Donderdag aangekeer. Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale vervolgingsgesag, het bevestig dat die…
26 Oct 2020 6AM
1 min
1720 – 1740
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.