Daar is vanoggend streng polisieteenwoordigheid by Witrivier-landdroshof, waar die vermeende moordenaars van Gerrit Stander sal verskyn. Stander is 'n week gelede tydens 'n roof by sy huis doodgeskiet. Die twee mans is Donderdag aangekeer. Joe Pelser van AfriForum Witrivier verduidelik dat die paaie rondom die hofgebou afgeblok is deur die…
Rudy Oosthuyse van Grove Superspar het sy 10de Cleaver-toekenning gewen. Die jaarlikse toekennings beloon kwaliteit, higiëne, diens en waarde vir geld onder slaghuise. Grove Superspar is nou amptelik die tweede beste vleismark onder alle supermarkte in Suid-Afrika. Die slaghuis se 20 spanlede het vanoggend elk ‘n R250-geskenkbewys van SPAR Lowveld…
Drie verdagtes wat na vermoede die Badplaas-polisiestasie in September beroof het, is aangekeer. Die Mpumalanga Valke se kaptein Lloyd Ramovha, sê hulle is gister in Mbombela vasgetrek. Die gesteelde vuurwapens, ‘n R5-aanvalsgeweer en twee pistole, is ook gekonfiskeer. Dit sal getoets word om te bepaal of dit in ander misdade…
Twee mans is gisteroggend in KaBokweni in hegtenis geneem vir die moord op Gerrit Stander. Hy is Maandagoggend verskeie kere geskiet tydens ‘n roof by sy huis in die Plaston-omgewing. Volgens die Valke is die mans aangekeer toe hulle ‘n selfoon, iPad, en naaldwerkmasjien wat tydens die roof gesteel is,…
Pastoor Cyzelle Fincham van die Grace Family Fellowship Nelspruit, sterk goed aan by die huis. Dit is vandag ses weke sedert sy ernstig beseer is in ‘n fratsongeluk toe ‘n jagvoertuig omgeslaan en op haar te lande gekom het. Na verskeie operasies om haar gebreekte bene te heg, ondergaan sy…
Die Phakisa Pumas speel môre hul eerste rugbywedstryd van die jaar op hul tuisveld. Hul wedstryd teen die DHL Stormers skop om 19:00 by Mbombela-stadion af. Pumas-breier, Jimmy Stonehouse, sê hulle gaan die toeskouers mis, maar sien uit na die kragmeting. Hy het byna geen veranderinge aan sy span, wat…
Karen Britz se skielike afsterwe het Hoërskool Bergvlam vanoggend geruk. Sy was vir amper 32 jaar by die skool werksaam. Haar kollega en vriendin, Sanet Steyn, sê sy het einde verlede jaar ‘n beenmurg-oorplanting ondergaan. Dit was suksesvol maar sy het so twee weke gelede weer siek begin word. Britz…
Groot dele van Mbombela het gister kragonderbrekings ervaar. Thea Rix van die Mbombela Water and Electricity-groep, sê die West Acres-omgewing was sedert gisteroggend vir sowat 18 ure sonder elektrisiteit. Daar word verstaan dat ‘n boukontrakteur kabels beskadig het. Die Delta-omgewing se krag is so 7-uur gisteraand onderbreek. Toevoer na Steiltes,…
Terwyl die parlement die regering se ekonomiese herstelplan bespreek, sê plaaslike toerisme hulle het nog geen herstel gesien sedert inperking begin lig het nie. Oupa Pilane, die voorsitter van Satsa in Mpumalanga, kritiseer reeds maande al die regering se lukrake benadering tot die regulasies. Volgens Pilane hou hulle vol om…
Innibos het aangekondig dat die fees vir 2020 gekanselleer is. Dit sou in Desember plaasgevind het. Volgens die organiseerders is dit 'n hartseer besluit, en was hulle slaggereed om die fees aan te bied, maar is daar te veel onsekerheid weens die voortslepende Covid-19-pandemie. Die risiko is net te groot…
Inwoners van Barberton het nie net ernstige beurtwater nie, maar moet nou glo ook baie meer daarvoor betaal. Inwoners kla dat hul onlangse waterrekeninge uitermatig hoer is as gewoonlik. Raadslid, Philip Minaar, sê mense moet fisiese klagtes daaroor by die munisipaliteit indien sodat dit ondersoek kan word.
Die DA het ‘n beroep gedoen op alle politieke partye in Mpumalanga om hul landelike veiligheidsplan te steun. Dit volg op Gerrit Stander se moord op ‘n plaas by Plaston gister. DA-LPW Bosman Grobler sê die plan is nasionaal ontwikkel. Daarvolgens word spesiale eenhede in die polisie benodig om dit…
Gerhard Stander is vanoggend in die hospitaal dood, nadat hy geskiet is op sy plaas. Die voorval het ongeveer rondom 02:00 op die Standers se plaas in die Plaston-area naby Witrivier gebeur. Volgens Joe Pelser van AfriForum Witrivier het hulle tans beperkte inligting oor die aanval. 'n Onbekende aantal mans…
LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Pat Ngomane, en sy vrou, Zinhle, het gister hul tweede kind in die wêreld verwelkom. Sy is na in vitro-bevrugting in Surgiclinic Fertility in Nelspruit gebore. Embioloog, Cornelia van Zyl, verduidelik dat Nala en haar vyfjarige boetie eintlik ‘n tweeling is, aangesien hul…
Die Phakisa Pumas pak more die Griquas in hul tweede Vodacom Super Rugby Unlocked-wedstryd. Beide spanne benodig ‘n wen, nadat hulle verlede naweek nederlae gely het. Afrigter Jimmy Stonehouse het verskeie veranderinge aan die Pumas-span gemaak. Pieter Jansen van Vuren sal kaptein wees. Hy maak sy debuut in die pienk…
President Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan fokus veral op die skep van werk, infrastruktuur en alternatiewe energie. Volgens Linda Grimbeek, uitvoerende beampte van die Kruger-Laeveld-sakekamer, is dit goeie nuus, ook vir die Laeveld. Sy voeg by dat die plan hopelik sinvol geïmplementeer sal word. “Dit is sinvol om te kyk…
‘n Jong man het gister ure op Rob Ferreira-hospitaal se dak gedreig om selfdood te pleeg. Die Mpumalanga Valke se kaptein Dineo Sekgotodi, het in haar hoedangheid as onderhandelaar ingegryp. Sy kon hom na amper twee ure oortuig om van die dak af te klim. Sekgotodi sê hy is aanvanklik…
Boere en ondersteuners van regoor Suid-Afrika sal na verwagting Vrydag saam in Senekal bymekaar kom. Die massarit begin Vrydag broegdag in Midrand. Een van die organiseerders van die massarit, Mbombela se past. TJ Mare van die 911Riders, sê egter dit gaan vir hulle daaroor om ondersteuning te wys aan die…
Die taxi-bestuurder wat beskuldig word dat hy Maandag twee graad 12-meisies hul lewens gekos het in Bosbokrand, is borgtog geweier. Hy het in die Mhkuhlu-landdroshof verskyn op twee klagte van moord. Hy het ‘n groep matrikulante glo met sy voertuig getref terwyl hulle op pad was huis toe na ‘n…
Die Laeveld het die afgelope paar weke baie goeie reënval ervaar. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê dit is te danke aan ‘n La Niña-stelsel en is nie regtig ongewoon vir hierdie tyd van die jaar nie. Mense kan wel ‘n bogemiddelde reënseisoen hierdie somer verwag. Edward Engelbrecht van die weerdiens sê…
6 Oct 2020 6AM
1 min
1740 – 1760
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.