100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,805 Episodes
1760 – 1780

TRAC ervaar besigste naweek van 2020

Die afgelope langnaweek was die besigste op die N4 van die jaar sover. Trac se woordvoerder, Solange Soares, sê verkeersvolumes het gister hul piek bereik. Meer as een-duisend-nege-honderd voertuie is per uur deur die Middelburg-tolplaza in beide rigtings. Machadodorp was amper so besig, met meer as een-duisend-vyf-honderd voertuie deur die…
28 Sep 2020 9AM 1 min

Mpumalanga sporttoekennings gekritiseer oor lokaal

Vanjaar se Mpumalanga sporttoekennings was egter nie sonder omstredenheid nie, met verskeie mense wat die kwessie opgebring het dat dit glad nie in die provinsie gehou is nie, maar in Gauteng. Woordvoerder vir die provinsiale departement van kultuur, sport en ontspanning wat die geleendheid reel, Sibongile Nkosi, sê die toekennings…
28 Sep 2020 6AM 1 min

Twee brande in wildtuin steeds ondersoek

Woordvoerder, Ike Paahla, voer aan dat die onlangse brande in Letaba- en Berg-en-dal-kampe steeds ondersoek word. Die uitslae sal aan die publiek gekommunikeer word sodra dit bekend is.
28 Sep 2020 6AM 1 min

Besige naweek in die Kruger

Die Krugerwildtuin het ‘n besonder besige langnaweek ervaar. Dagbesoekers is vooraf gewaarsku om hul plekke te bespreek of om vroeg op te daag omdat die park se besoekerskwota daagliks streng toegepas sou word. Woordvoerder Ike Phaahla sê die meeste hekke se kwotas is vroeg elke oggend reeds gevul. Hy voeg…
28 Sep 2020 6AM 1 min

Pediatric Care tevrede met motorfietsrit vir operasies

Pediatric Care Africa is tevrede met hul fondsinsamelings-rit die afgelope naweek om geld in te samel vir kinders se operasies. Stigter dr. André Hattingh het van Donderdag tot Sondag verskeie groot dorpe in Gauteng en Mpumalanga per motorfiets besoek. Hy het net meer as ‘n duidend kilometer afgelê. Hulle moet…
28 Sep 2020 2AM 1 min

Pediatric Care vertrek op duisend kilometer motorfietsrit

Pediatric Care Africa het vanoggend vanaf Witrivier op ‘n fondsinsamelings-rit vertrek. Die groep motorfietsryers sal oor vier dae ‘n duisend kilometer aflê om geld in te samel vir operasies vir kinders in nood. Pediatric Care-stigter, dokter André Hattingh, sê hulle het tydens inperking al hul fondse gebruik om kospakkies aan…
24 Sep 2020 5AM 1 min

Strenger beurtwater vir Barberton aangekondig

Inwoners van Barberton het nou nog meer waterbeperkings. Die Lomati-dam, wat die dorp van water voorsien, is tans net 18% vol. Die gevolg is dat hulle slegs die helfte van wat hulle normaalweg sou suiwer, mag gebruik. Alle inwoners het daarom sedert gister twee dae per week - van 08:00…
23 Sep 2020 11AM 1 min

Toerisme nog erg onseker

Dit is die eerste langnaweek sedert die land na vlak 1 van inperking geskuif het, en sommige plaaslike toerisme rolspelers is vanjaar onseker wat om te verwag. Solange Soares, woordvoerder van Trac, die operateurs van die N4, sê hulle verwag dat verkeersvolumes vanmiddag en môreoggend aansienklik sal verhoog, maar dat…
23 Sep 2020 8AM 1 min

Verdagtes gesoek na mislukte transitoroof

‘n Onbekende aantal verdagtes word deur die polisie gesoek, nadat hulle gisteraand ‘n transitoroof probeer uitvoer het. Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Brenda Muridili, het dit voorval kort na 18:00 op die R40 naby Da Gama-dam, tussen Witrivier en Hazyview, plaasgevind. Die aanvallers het glo verskeie kere op die gepantserde geldwa…
23 Sep 2020 2AM 1 min

Thaba Chweu-inwoners sê hul sê oor tariefverhogings

Inwoners van Thaba Chweu het hard en duidelik “nee” gesê vir die munisipaliteit se nuwe elektrisiteitstariewe. ‘n Omstrede elektrisiteitsfooi van honderd-vyf-en-tagtig-Rand en tariefverhogings van tien persent is in Julie ingestel. Na burgerlike aksies is dit tydelik afgeskaf tot ‘n openbare deelnameproses kon plaasvind. Dit is nou afgehandel. Die gemeenskap se…
22 Sep 2020 6AM 1 min

Mbombela-pastoor herstel goed na fratsongeluk

Pastoor Cyzelle Fincham van die Grace Family Fellowship in Nelspruit sterk goed aan in die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria. Sy is elf dae gelede ernstig beseer in ‘n fratsongeluk toe ‘n jagvoertuig op haar omgeslaan het. Haar man Kelvin sê dit gaan baie beter en al haar gebreekte bene is…
22 Sep 2020 5AM 1 min

Polisie maan teen verspreiding van fopnuus

‘n WhatsApp-boodskap wat waarsku dat ‘n vrou vanoggend amper in Mbombela gekaap is, het vanoggend soos ‘n veldbrand deur die dorp versprei. Dit voer aan dat die skrywer se vriendin amper ‘n slagoffer was. ‘n Swart Corolla sou voor haar gestop het. Drie mans het glo uitgespring en aan haar…
21 Sep 2020 8AM 1 min

Dra Woensdag weer pienk vir Mienke

Mienke Mulder se pa, Ryno, sê dat amper 60 000 ondersteuners op die Please pray for Mienke blad op Facebook, baie help om hom en sy vrou, Verna, te bemoedig. Hy het elke mens vir hul ondersteuning bedank, in besonder die Mbombela-gemeenskap waar Mienke se ongeluk in 2017 gebeur het…
21 Sep 2020 5AM 1 min

Mienke Mulder volgende week begrawe

Mienke Mulder se begrafnis sal volgende Dinsdag plaasvind. Die driejarige dogtertjies is Woensdag oorlede. Sy het in twintig-sewentien ernstige breinskade opgedoen en sedertien die land aangegryp met haar veggees. Pa Ryno sê haar dood was ‘n groot skok, omdat sy die laaste ruk baie gesond was. Hy is dankbaar dat…
21 Sep 2020 5AM 1 min

Provinsie neem lisensiefooi oor by Mbombela

Die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid het motoriste gevra om die fooie vir hul voertuig - en bestuurslisensies voortaan direk aan hulle te betaal. Woordvoerder, Moeti Mmusi sê die departement is besig om die lisensiëring oor te neem. Dit het reeds in Julie in werking getree, maar hulle vind mense betaal…
18 Sep 2020 8AM 1 min

Noodlottige ongeluk naby Sudwala ondersoek

Die oorsaak van ‘n ongeluk naby Sudwala vanoggend, word ondersoek. Drie mense, insluitende die bestuurder, is dood toe ‘n bakkie op die D421-pad omgeslaan het. Die ongeluk het omstreeks 07:30 plaasgevind. Volgens die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Moeti Mmusi, is twee passasiers ernstig beseer. Nog ses…
18 Sep 2020 7AM 1 min

Plaaslike toerisme verheug dat grense eersdaags open

Plaaslike toerisme het die nuus verwelkom dat Suid-Afrikaners Maandag in vlak 1 van inperking wakker gaan word. President Cyril Ramaphosa het gister ondermeer aangekondig dat internasionale reis eersdaags toegelaat sal word en dat die aandklokreël verkort word. Dit is goeie nuus vir Mpumalanga-toerisme, sê sakekamer president, Oupa Pilane. Hy voeg…
17 Sep 2020 8AM 1 min

Barberton se damvlak nou onder 20%

Barberton se water is nou so min, dat die meeste mense slegs ‘n deel van elke dag water het. Beurtwater is aan die begin van Augustus ingestel. Water is volgens ‘n skedule een keer ‘n week na areas afgesny. Dit is egter nie meer moontlik nie en inwoners ervaar nou…
17 Sep 2020 7AM 1 min

Baba Mienke Mulder sterf

Die drie-jarige Mienke Mulder is gisteroggend in haar ouerhuis in haar slaap oorlede. Sy het drie jaar gelede die land aangegryp nadat sy ernstige breinskade opgedoen het. Sy het by haar dagmoeder in Mbombela aan ‘n bottel melk verstik. Die gesin het intussen na Benoni verhuis. Mienke was ‘n groot…
17 Sep 2020 2AM 1 min

Plaaslike pastoor Pretoria toe verplaas na fratsongeluk

Pastoor Cyzelle Fincham van die Grace Family Fellowship in Nelspruit is oorgeplaas na die Eugene Marais-hospitaal. Sy is Vrydag ernstig in ‘n fratsongeluk beseer toe ‘n jagvoertuig waarin sy ‘n passasier was, op haar geval het. Sy het twee nekwerwels gekraak en haar wangbene, ses ribbes en bekkenbeen gebreek. Sy…
14 Sep 2020 11AM 1 min
1760 – 1780