100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1760 – 1780

Mnr. en Mej. NHS aangewys

JG Pansegrouw en Lourese Kempen is Donderdag as 2020 se Mnr. en Mej. NHS aangewys. Meer as ‘n duisend toeskouers het die regstreekse uitsending op Digitv bygewoon. Twintig Nellies het deelgeneem en geskitter in hul formele drag. Virtuele uitsendings van die sangers Appel, opkomende ster Bernice West en Jo Black…
5 Oct 2020 8AM 1 min

Mpumalanga vier Wêreld-onderwysersdag by Bergvlam

Vandag is Wêreld-onderwysersdag. LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het die vieringe by Hoërskool Bergvlam bygewoon. Leerlinge van Bergvlam, Hoërskool Nelspruit, Lowveld High en studente van MRTT het saam ‘n 20-meter koek gebak om onderwysers mee te bedank. Dit sal aan spesiale skole in die provinsie geskenk word. Majuba…
5 Oct 2020 7AM 1 min

Mankele sluit hul deure

Mankele het aangekondig dat hulle van volgende Maandag amptelik toe sal wees. Dit is al sedert 2007 ‘n welbekende bestemming vir kamp, fietsry en avontuur in die Laeveld. Die eienaars het die aankondiging gister op hul Facebook-blad gemaak. Volgens hulle is die sluiting weens die ekonomiese klimaat. Hulle sê hulle…
3 Oct 2020 6AM 1 min

Ereveldwagters lewenslyn vir Kruger se honde-eenheid

Die Krugerwildtuin se sukses teen renosterstropery is grootendeels te danke aan die snuffelhonde, sê Johan de Beer, bestuurder van die wildtuin se honde-eenheid. Hy het gisteraand by Trappers ‘n praatjie gelewer oor hoe suksesvol hulle stropers aankeer. Die eenheid het egter hierdie jaar sewe honde verloor. Weens inperking is hul…
1 Oct 2020 5AM 1 min

Mpumalanga-swemmers terug in die water

Plaaslike swemmers kon weens die Covid-pandemie nie soos gewoonlik vir die seisoen voorberei nie, maar hulle is terug in die water. Van Riebeeck Park-swembad in Mbombela het onder vlak een van inperking, heropen vir oefening en kompetisies, maar nie die algemene publiek nie. Swemmers en klubs moet by Mpumalanga Swem…
30 Sep 2020 8AM 1 min

Mienke Mulder se lewe vandag herdenk

Klein Mienke Mulder se gedenkdiens sal vanoggend op haar Facebook-blad uitgesaai word. Die driejarige is sowat twee weke gelede oorlede, nadat sy ernstige breinskade opgedoen het in twintig-sewentien. Haar ouers, Ryno en Verna Mulder, sê dit is baie moeilik om slegs honderd mense na die diens toe te mag nooi,…
29 Sep 2020 1AM 1 min

Ehlanzeni-voorsitter vereer vir krieketontwikkeling

Peet Welthagen is die naweek by die Mpumalanga-sporttoekennings spesiaal vereer deur die LUR vir sport en ontspanning vir sy bydrae tot die ontwikkeling van krieket in die provinsie. Welthagen is die voorsitter van Ehlanzeni Krieket en dien op die bestuur van Mpumalanga Krieket. Hy sê tot dusver is sy eie…
28 Sep 2020 11AM 1 min

TRAC ervaar besigste naweek van 2020

Die afgelope langnaweek was die besigste op die N4 van die jaar sover. Trac se woordvoerder, Solange Soares, sê verkeersvolumes het gister hul piek bereik. Meer as een-duisend-nege-honderd voertuie is per uur deur die Middelburg-tolplaza in beide rigtings. Machadodorp was amper so besig, met meer as een-duisend-vyf-honderd voertuie deur die…
28 Sep 2020 9AM 1 min

Mpumalanga sporttoekennings gekritiseer oor lokaal

Vanjaar se Mpumalanga sporttoekennings was egter nie sonder omstredenheid nie, met verskeie mense wat die kwessie opgebring het dat dit glad nie in die provinsie gehou is nie, maar in Gauteng. Woordvoerder vir die provinsiale departement van kultuur, sport en ontspanning wat die geleendheid reel, Sibongile Nkosi, sê die toekennings…
28 Sep 2020 6AM 1 min

Twee brande in wildtuin steeds ondersoek

Woordvoerder, Ike Paahla, voer aan dat die onlangse brande in Letaba- en Berg-en-dal-kampe steeds ondersoek word. Die uitslae sal aan die publiek gekommunikeer word sodra dit bekend is.
28 Sep 2020 6AM 1 min

Besige naweek in die Kruger

Die Krugerwildtuin het ‘n besonder besige langnaweek ervaar. Dagbesoekers is vooraf gewaarsku om hul plekke te bespreek of om vroeg op te daag omdat die park se besoekerskwota daagliks streng toegepas sou word. Woordvoerder Ike Phaahla sê die meeste hekke se kwotas is vroeg elke oggend reeds gevul. Hy voeg…
28 Sep 2020 6AM 1 min

Pediatric Care tevrede met motorfietsrit vir operasies

Pediatric Care Africa is tevrede met hul fondsinsamelings-rit die afgelope naweek om geld in te samel vir kinders se operasies. Stigter dr. André Hattingh het van Donderdag tot Sondag verskeie groot dorpe in Gauteng en Mpumalanga per motorfiets besoek. Hy het net meer as ‘n duidend kilometer afgelê. Hulle moet…
28 Sep 2020 2AM 1 min

Pediatric Care vertrek op duisend kilometer motorfietsrit

Pediatric Care Africa het vanoggend vanaf Witrivier op ‘n fondsinsamelings-rit vertrek. Die groep motorfietsryers sal oor vier dae ‘n duisend kilometer aflê om geld in te samel vir operasies vir kinders in nood. Pediatric Care-stigter, dokter André Hattingh, sê hulle het tydens inperking al hul fondse gebruik om kospakkies aan…
24 Sep 2020 5AM 1 min

Strenger beurtwater vir Barberton aangekondig

Inwoners van Barberton het nou nog meer waterbeperkings. Die Lomati-dam, wat die dorp van water voorsien, is tans net 18% vol. Die gevolg is dat hulle slegs die helfte van wat hulle normaalweg sou suiwer, mag gebruik. Alle inwoners het daarom sedert gister twee dae per week - van 08:00…
23 Sep 2020 11AM 1 min

Toerisme nog erg onseker

Dit is die eerste langnaweek sedert die land na vlak 1 van inperking geskuif het, en sommige plaaslike toerisme rolspelers is vanjaar onseker wat om te verwag. Solange Soares, woordvoerder van Trac, die operateurs van die N4, sê hulle verwag dat verkeersvolumes vanmiddag en môreoggend aansienklik sal verhoog, maar dat…
23 Sep 2020 8AM 1 min

Verdagtes gesoek na mislukte transitoroof

‘n Onbekende aantal verdagtes word deur die polisie gesoek, nadat hulle gisteraand ‘n transitoroof probeer uitvoer het. Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Brenda Muridili, het dit voorval kort na 18:00 op die R40 naby Da Gama-dam, tussen Witrivier en Hazyview, plaasgevind. Die aanvallers het glo verskeie kere op die gepantserde geldwa…
23 Sep 2020 2AM 1 min

Thaba Chweu-inwoners sê hul sê oor tariefverhogings

Inwoners van Thaba Chweu het hard en duidelik “nee” gesê vir die munisipaliteit se nuwe elektrisiteitstariewe. ‘n Omstrede elektrisiteitsfooi van honderd-vyf-en-tagtig-Rand en tariefverhogings van tien persent is in Julie ingestel. Na burgerlike aksies is dit tydelik afgeskaf tot ‘n openbare deelnameproses kon plaasvind. Dit is nou afgehandel. Die gemeenskap se…
22 Sep 2020 6AM 1 min

Mbombela-pastoor herstel goed na fratsongeluk

Pastoor Cyzelle Fincham van die Grace Family Fellowship in Nelspruit sterk goed aan in die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria. Sy is elf dae gelede ernstig beseer in ‘n fratsongeluk toe ‘n jagvoertuig op haar omgeslaan het. Haar man Kelvin sê dit gaan baie beter en al haar gebreekte bene is…
22 Sep 2020 5AM 1 min

Polisie maan teen verspreiding van fopnuus

‘n WhatsApp-boodskap wat waarsku dat ‘n vrou vanoggend amper in Mbombela gekaap is, het vanoggend soos ‘n veldbrand deur die dorp versprei. Dit voer aan dat die skrywer se vriendin amper ‘n slagoffer was. ‘n Swart Corolla sou voor haar gestop het. Drie mans het glo uitgespring en aan haar…
21 Sep 2020 8AM 1 min

Dra Woensdag weer pienk vir Mienke

Mienke Mulder se pa, Ryno, sê dat amper 60 000 ondersteuners op die Please pray for Mienke blad op Facebook, baie help om hom en sy vrou, Verna, te bemoedig. Hy het elke mens vir hul ondersteuning bedank, in besonder die Mbombela-gemeenskap waar Mienke se ongeluk in 2017 gebeur het…
21 Sep 2020 5AM 1 min
1760 – 1780