Mienke Mulder se begrafnis sal volgende Dinsdag plaasvind. Die driejarige dogtertjies is Woensdag oorlede. Sy het in twintig-sewentien ernstige breinskade opgedoen en sedertien die land aangegryp met haar veggees. Pa Ryno sê haar dood was ‘n groot skok, omdat sy die laaste ruk baie gesond was. Hy is dankbaar dat…
Die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid het motoriste gevra om die fooie vir hul voertuig - en bestuurslisensies voortaan direk aan hulle te betaal. Woordvoerder, Moeti Mmusi sê die departement is besig om die lisensiëring oor te neem. Dit het reeds in Julie in werking getree, maar hulle vind mense betaal…
Die oorsaak van ‘n ongeluk naby Sudwala vanoggend, word ondersoek. Drie mense, insluitende die bestuurder, is dood toe ‘n bakkie op die D421-pad omgeslaan het. Die ongeluk het omstreeks 07:30 plaasgevind. Volgens die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Moeti Mmusi, is twee passasiers ernstig beseer. Nog ses…
Plaaslike toerisme het die nuus verwelkom dat Suid-Afrikaners Maandag in vlak 1 van inperking wakker gaan word. President Cyril Ramaphosa het gister ondermeer aangekondig dat internasionale reis eersdaags toegelaat sal word en dat die aandklokreël verkort word. Dit is goeie nuus vir Mpumalanga-toerisme, sê sakekamer president, Oupa Pilane. Hy voeg…
Barberton se water is nou so min, dat die meeste mense slegs ‘n deel van elke dag water het. Beurtwater is aan die begin van Augustus ingestel. Water is volgens ‘n skedule een keer ‘n week na areas afgesny. Dit is egter nie meer moontlik nie en inwoners ervaar nou…
Die drie-jarige Mienke Mulder is gisteroggend in haar ouerhuis in haar slaap oorlede. Sy het drie jaar gelede die land aangegryp nadat sy ernstige breinskade opgedoen het. Sy het by haar dagmoeder in Mbombela aan ‘n bottel melk verstik. Die gesin het intussen na Benoni verhuis. Mienke was ‘n groot…
Pastoor Cyzelle Fincham van die Grace Family Fellowship in Nelspruit is oorgeplaas na die Eugene Marais-hospitaal. Sy is Vrydag ernstig in ‘n fratsongeluk beseer toe ‘n jagvoertuig waarin sy ‘n passasier was, op haar geval het. Sy het twee nekwerwels gekraak en haar wangbene, ses ribbes en bekkenbeen gebreek. Sy…
Besoekers kan tot Saterdag gratis toegang verkry tot nege van Mpumalanga-Toerisme-en-Parke-Agentskap se natuurreservate. Nasionale Parkeweek vorm deel van Erfenismaand. Die agentskap se Londiwe Ngwenya Sê die doel is om mense aan te moedig om plaaslik te reis. Volgens haar het hulle sedert die verslapping van inperking, minder besoekers ontvang as…
Die polisie is steeds op soek na drie verdagtes wat die Badplaas-polisiestasie Saterdagoggend beroof het. Volgens die polisie se kolonel Brenda Muridili het drie mans om ongeveer half een die oggend die stasie met pistole binne gegaan. Polisielede wat aan diens was is aangehou en hul wapens is afgeneem. Hulle…
Die oorsaak van die reuse-brand wat gisteraand in die wildtuin se Letaba-kamp ontstaan het, sal deur ‘n onafhanklike span ondersoek word. Volgens Ike Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, is hulle kort na half-nege van die vuur in kennis gestel. Dit het glo in die kamp se winkel begin. Die televisiekamer…
‘n Groepie werkers van Mbombela-munisipaliteit het vanoggend groot dele van die middedorp met vullis bestrooi. Sommige paaie is ook met klippe en dromme geblok en van die rommel is aan die brand gesteek. Daar word verstaan dat hulle ‘n grief het met hul salarisstruktuur. Die munisipale bestuurder, Wiseman Khumalo, het…
Suid-Afrikaners het net ‘n week oor om te registreer vir kaartjies vir die Britse en Ierse Leeus se toer na Suid-Afrika volgende jaar. Mbombela-stadion is gasheer vir die groep se wedtryd teen die SA A-span op Woensdag, 14 Julie. Kaartjiepryse vir hierdie wedstryd wissel tussen honderd en drie-honderd-en-vyftig-Rand. Stadionbestuurder, Roelf…
GRIP, die plaaslike organisasie wat kinders en slagoffers van geslagsgeweld bystaan, moes weens geldnood onlangs vyf sorgkamers in polisiestasies sluit. Drie nuwe wette is verlede week ter tafel gelê om geslagsmisdaad te beveg, en R1,6 miljard is daarvoor bewillig. GRIP het egter so min gekry dat hulle nou net sorgkamers…
Die Departementshoof vir menslike nedersettings, Kebone Masange, is deur die premier op spesiale verlof geplaas. Dit volg op sy arrestasie verlede week. Masange het Donderdag in Pretoria verskyn op aanklagte van bedrog ingevolge die immigrasiewet. Volgens die Valke is hy na bewering sedert 1995 onwettig in die land. Hy kom…
Die VF+ het Mbombela-munisipaliteit by die menseregtekommissie gaan verkla oor rou riool wat glo in die Sabierivier inloop. Dit sypel na bewering van die Hazyview-rioolplaas in by Langspruit, ‘n sytak van die rivier waaruit die dorp sy drinkwater kry. Volgens die party se Ken Robertson, het die dam by die…
Hoërskool Nelspruit se algemene assistent, Fanie Themba, het na 36 jaar by die skool afgetree. Pligsgetrou en altyd vriendelik het hy hard gewerk aan verbeteringe op die skoolterrein sedert 1984. Skoolhoof Johan Hattingh sê hy het baie groot waardering vir Fanie se karakter en dat hy te alle tye die…
Hoërskool Bergvlam se Jerusalema Challenge het die miljoen-kerf op Youtube verbygesteek. Die video is sowat ‘n maand gelede opgelaai. In dit dans die skoolhoof, Deon Visser, en die adjunkhoofde saam met die graad twaalfs. Die kinders se passies is selfs deur Breyton Paulse op die program, “Toks en Tjops” as…
Twee mense wat elk meer as 500 klagte verwant aan bedrog in die gesig staar, is Woensdag borgtog van R10 000 in die Komatipoort-landdroshof toegestaan. Hugo Christiaan le Roux (41) en Rochelle Edith du Plessis Bekker (35) word hulle van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla. Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi,…
Die Move One Million-groep beplan Saterdag vreedsame betogings regoor die land en internasionaal. In Mbombela word ‘n rit vanaf Halls om 09:00 beplan, asook ‘n staande protes langs Madibarylaan in Riverside vanaf 10:00. Plaaslike organiseerder, Danielle Hayman, sê Move One Million is nie polities nie: Dit poog bloot om Suid-Afrikaners…
Ubuntu het hom die afgelope week in die Krugerwildtuin afgespeel. Muhammed Vawda se bejaarde ouers was naby Satara-kamp in ‘n motorongeluk. Die kar het meganiese probleme ondervind. Hulle het beheer verloor en is ‘n ent van die pad af, die bosse in. Hy sê hulle is oorval deur hulp -…
1 Sep 2020 8AM
1 min
1780 – 1800
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.