100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
360 – 380

Raad keer dat Thaba Chweu onreëlmatige uitgawes afskryf

Die DA in Thaba Chweu sê hulle kon daarin slaag om te verhoed dat die ANC-meerderheid in die stadsraad 500-miljoen-Rand in ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes afskryf. Volgens die DA-raadslid, Comfort Sibiya, is die raad Woensdag tydens ‘n spesiale raadsvergadering aangeraai om die uitgawes wat sedert 2021 oor twee…
5 Feb 2024 6AM 1 min

Landelike veiligheid lede help polisie om poskantoor-rowers aan te keer

Vier verdagtes verskyn vandag in die hof in Wakkerstroom vir sakeroof en besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Hulle is Vrydag gearresteer na ‘n poskantoor in Wakkerstroom beroof is. Drie gewapende mans het glo tydens die betalings van maatskaplike toelaes toegeslaan en werknemers forseer om die kontnantkluis oop te maak. Hulle…
5 Feb 2024 4AM 1 min

Man vas wat glo plofstof aan onwettige myners verskaf in Barberton

‘n 35-jarige Zimbabwiese burger verskyn vandag in die Barberton-landdroshof vir die besit van plofstof en oortreding van die Wet op Immigrasie. Hy is Vrydag tydens ‘n multidissiplinêre operasie in Barberton gearresteer. Verskeie ploftoestelle en -toebehore is by sy huis gevind. Volgens die Valke is dit vanuit Zimbabwe ingevoer om aan…
5 Feb 2024 4AM 1 min

Vermeende inbreker in hospitaal na hy uit aanhouding probeer ontsnap

‘n 28-jarige verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal na hy beserings opgedoen het terwyl hy Saterdagoggend in Kwamhlanga uit aanhouding probeer ontsnap het. Die man is aanvanklik vir huisbraak gearresteer. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hy ‘n polisiebeampte gestamp en oor ‘n muur gespring, maar…
5 Feb 2024 4AM 1 min

Waarskuwing na leerling geneser in rivier verdrink

‘n 25-jarige leerling tradisionele geneser het gisteroggend by Majembeni Trust naby Bosbokrand verdrink. Volgens die polisie het drie mans saam met ‘n vroulike tradisionele geneser rituele in die Reênboogrivier uitgevoer. Die een man het onder die water verdwyn. Sy liggaam is na sowat drie ure deur polisieduikers na die oppervlak…
5 Feb 2024 4AM 1 min

Nog 'n gebou brand in Barberton af

Nog 'n gebou het gisteraand in Barberton afgebrand. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, sê vrywillige brandbestryders kon saam met sekuriteitsmaatskappye en 'n Barberton Mines-brandweerwa verhoed dat die brand na naburige ondernemings versprei. Mbombela-brandweerwaens het ’n uur later opgedaag, maar die gebou was reeds afgebrand. Volgens Minnaar het hy na die laaste…
2 Feb 2024 6AM 2 min

Vermiste narkotiseur vermoor gevind in Mbombela

# Die narkotiseur wat gisteroggend in Mbombela as vermis aangegee is, is gistermiddag dood gevind in 'n woonstel in die stad. Dokter Nicholas Procter is na vermoede vermoor. Hy is as vermis aangemeld toe hy nie vir werk opgedaag het nie. Sy voertuig is by die Elawini-brug opgespoor en die…
2 Feb 2024 3AM 1 min

Valke soek bestuurder wat restaurant in Krugerwildtuin glo besteel

Die Valke vra die publiek om hulle te help om 'n verdagte op te spoor wat gesoek word in verband met beweerde bedrog en diefstal wat in Julie 2022 by 'n restaurant in die Krugerwildtuin plaasgevind het. Amos Tineyi Kampinya, 44 jaar oud, is 'n Zimbabwiese burger. Volgens die woordvoerder…
31 Jan 2024 11PM 1 min

Vrou vas weens kabels wat glo aan Eskom behoort

'n 52-jarige vrou is Maandag deur die Calcutta-landdroshof in aanhouding gehou na sy deur die Valke in hegtenis geneem is vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, is koper- en aluminiumkabels wat glo aan Eskom behoort sowel as seil…
30 Jan 2024 11PM 1 min

DA maak alarm oor tekort aan brandweerwaens

Die DA het die Mpumalanga LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, gevra om finansiering te verseker vir munisipaliteite om brandbestrydingstoerusting aan te koop. Dit provinsie het tans slegs 39 funksionerende brandweerwaens vir 'n bevolking van meer as 4 miljoen. Die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, sê dit is van kritieke belang dat…
30 Jan 2024 11PM 1 min

Mpumalanga polisie pleit vir kalmte na groepsgeweld in Phiva

Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het 'n beroep gedoen op kalmte na groepsgeweld Maandag en Dinsdag by Phiva naby Kamhlushwa uitgebreek het. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, het gemeenskapslede van Phiva huise en 'n kantoor van die sektormisdaadforum asook 'n patrollievoertuig afgebrand uit wraak vir die noodlottige…
30 Jan 2024 11PM 1 min

Verdagte aangekeer weens skietdood van vroulike mybestuurder

Die polisie in Mpumalanga het ‘n verdagte aangekeer in verband met die moord Donderdagoggend op ‘n 27-jarige vroulike mynbestuurder in Carolina. Luidens berigte was Zanele Zwane op pad werk toe, toe sy in haar voertuig geskiet is. Sy was in die bestuurdersitplek van haar wit Toyota-bakkie wat geluier het met…
29 Jan 2024 4AM 1 min

Geregtelike doodsondersoek gelas na vliegtuig in Ermelo neerstort

‘n Man in sy 60’s is Saterdagoggend in Ermelo dood toe die ligte vliegtuig waarin hy was langs die vliegveld in Ermelo neergestort het. Volgens die polisie in Mpumalanga was hy die enigste insittende. Hy was onderweg vanaf Bethlehem in die Vrystaat toe hy probeer land het. Die burgerlugvaartowerheid het…
29 Jan 2024 4AM 1 min

Taxibaas in Delmas afgemaai

Drie mense, insluitende ‘n 34-jarige taxibaas, is Saterdagaand in Delmas doodgeskiet. Volgens die polisie in Mpumalanga sluit die slagoffers twee van die taxibaas se lyfwagte in. Die verbyry-skietery het in Botleng plaasgevind toe ‘n groep gewapende mans op die twee voertuie waarin die slagoffers gery het, losgebrand het. ‘n Vrou…
29 Jan 2024 3AM 1 min

Lig in tonnel met nuwe waterplan vir Govan Mbeki

Die DA het die onderneming van die burgemeester in Govan Mbeki-munisipaliteit verwelkom om die party se oplossing vir die waterkrisis te implementeer. Hele gemeenskappe, skole en selfs Bethal-hospitaal sukkel al geruime tyd met watertoevoerprobleme. Die DA-raadslid, Teboho Sekaledi, sê hul voorstel is dat grondwater gebruik word en behoorlike infrastruktuur ontwikkel…
25 Jan 2024 3AM 1 min

Vermeemde moordenaar gevind waar hy hang van 'n boom

Die polisie in Secunda vermoed dat die liggaam van 'n man wat die naweek in Secunda ontdek is, dié is van 'n verdagte in 'n moordsaak. Die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê dat die ontbindende liggaam van die 42-jarige man na vermoede die is van 'n verdagte waarna die…
24 Jan 2024 1PM 1 min

Vermeende ontvoerders vandag weer in die Vaalbank-hof

Twee buitelandse burgers verskyn vandag weer in die Vaalbank-landdroshof op aanklagte van roof en ontvoering. Volgens die Valke in Mpumalanga het die 24-jarige Knowledge Komichi en die 26-jarige Chrispin Taona reeds verskeie kere verskyn sedert hul arrestasie vir die ontvoering van 'n winkelier en roof van 'n winkel op 14…
24 Jan 2024 1PM 1 min

Stroper wat twee renosters onthoring moet 16 jaar sit

Die polisiekommissaris van Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het die vonnis van 16 jaar wat Vrydag deur die Skukuza-streekhof aan 'n renosterstroper opgelê is, verwelkom. Million Masilane het in Maart 2020 saam met sy maker, Lot Baloyi, die Krugerwildtuin by Pretoriuskop-seksie binnegegaan met 'n ongelisensieerde vuurwapen. Hulle het twee witrenosters gestroop…
24 Jan 2024 10AM 1 min

Vier mense noodlottig gewond in taverne skietery

Vier mense is noodlottig gewond en nog drie word vir skietwonde in hospitaal behandel na 'n skietery by 'n taverne in Siyabuswa die naweek. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê 'n groep gewapende verdagtes het met hoë kaliber vuurwapens lukraak losgebrand in die drinkplek. Drie mense is op…
22 Jan 2024 5AM 1 min
360 – 380