Dis Clausthaler Finkenstein Trail Run op 5 Oktober!

--:--
Die Clausthaler Finkenstein Trail Run vind op 5 Oktober by die Finkenstein Bosmark plaas, en behels 4km- en 8km-roetes. Vroeë registrasie kos 150 Namibiese dollar en 50 dollar vir kinders onder 12, terwyl laat registrasie 200 dollar is. Registrasie maak 7-uur oop en die wedloop begin om half-agt. Deelnemers wat drie van hul Clausthaler Finkenstein Trail Run-medaljes inbring, sal 'n gratis T-hemp ontvang. Die organiseerder, Francois Steynberg, gesels met Kosmos 94.1 Nuus en gee meer inligting.
18 Sep 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Vyf kameelperde op pad na Okongo-bewarea

Die omgewing-ministerie gaan vyf kameelperde vanaf die Waterberg Plato-park naby Otjiwarongo na die Okongo-bewarea en gemeenskapswoud in die Ohangwena-streek verplaas. Dit vorm deel van die regring se deurlopende pogings om kameelperde weer te vestig in gebiede waar hulle eens volop was. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, gee meer inligting.
19 Sep 11AM 1 min

'Regering bang', daarom is openbare ooreenkomste-wetsontwerp van tafel af

Binnelandse sake-minister Albert Kawana het die omstrede Wetsontwerp op Openbare Byeenkomste en Openbare Optogte tydelik teruggetrek. Hy het erkenning gegee aan die wydverspreide negatiewe reaksie wat dit ontvang het. Die wetsontwerp het tronkstraf van tot 'n jaar ingesluit vir die organiseerders van betogings binne 500 meter van belangrike regerings- en…
19 Sep 11AM 1 min

SA Doeane-unie-ooreenkoms moet verander: Akkerbouraad

Die Namibië Akkerbouraad bied jaarliks ​​die Nasionale Akkerbou- en Tuinbou-toekennings aan om erkenning te gee aan rolspelers wat beduidende bydraes tot die bedryf gelewer het. Hubertus Hamm, die raad se voorsitter en uitvoerende hoof, het tydens die toekenningseremonie die kwessie van invoerbeperkings in Namibië aangespreek. Dit kom na Suid-Afrika se…
19 Sep 11AM 1 min

VN-hoof waarsku oor eskalasie van konflik in Midde-Ooste

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, doen 'n beroep vir 'n einde aan die toenemende geweld in die Midde-Ooste, en sê alle partye moet maksimum selfbeheersing aan die dag lê. Dit volg ná ontploffings van tweerigtingradios wat aan die militante groep Hisbolla behoort, waartydens meer as 30 mense omgekom…
19 Sep 9AM 1 min