Siya in afrigtershokkie in Bok-toets teen Pumas

--:--
Rugby: Siya Kolisi sal in die afrigterslokaal wees wanneer die Springbokke die Argentyne Saterdag in die Rugby-kampioenskap in Santiago pak terwyl hy herstel van 'n gesigsbesering. Salmaan Moerat gaan die span lei. Kolisi het in die tweede ontmoeting teen die All Blacks in Kaapstad met 'n gebreekte neus gespeel na 'n stamp teen Sam Cane in hulle eerste kragmeting op Ellispark, en sy operasie is uitgestel. Die afrigter Rassie Erasmus sê hulle wil Kolisi blootstelling gee aan wat in die afrigtershokkie aangaan.
18 Sep 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Vyf kameelperde op pad na Okongo-bewarea

Die omgewing-ministerie gaan vyf kameelperde vanaf die Waterberg Plato-park naby Otjiwarongo na die Okongo-bewarea en gemeenskapswoud in die Ohangwena-streek verplaas. Dit vorm deel van die regring se deurlopende pogings om kameelperde weer te vestig in gebiede waar hulle eens volop was. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, gee meer inligting.
19 Sep 11AM 1 min

'Regering bang', daarom is openbare ooreenkomste-wetsontwerp van tafel af

Binnelandse sake-minister Albert Kawana het die omstrede Wetsontwerp op Openbare Byeenkomste en Openbare Optogte tydelik teruggetrek. Hy het erkenning gegee aan die wydverspreide negatiewe reaksie wat dit ontvang het. Die wetsontwerp het tronkstraf van tot 'n jaar ingesluit vir die organiseerders van betogings binne 500 meter van belangrike regerings- en…
19 Sep 11AM 1 min

SA Doeane-unie-ooreenkoms moet verander: Akkerbouraad

Die Namibië Akkerbouraad bied jaarliks ​​die Nasionale Akkerbou- en Tuinbou-toekennings aan om erkenning te gee aan rolspelers wat beduidende bydraes tot die bedryf gelewer het. Hubertus Hamm, die raad se voorsitter en uitvoerende hoof, het tydens die toekenningseremonie die kwessie van invoerbeperkings in Namibië aangespreek. Dit kom na Suid-Afrika se…
19 Sep 11AM 1 min

VN-hoof waarsku oor eskalasie van konflik in Midde-Ooste

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, doen 'n beroep vir 'n einde aan die toenemende geweld in die Midde-Ooste, en sê alle partye moet maksimum selfbeheersing aan die dag lê. Dit volg ná ontploffings van tweerigtingradios wat aan die militante groep Hisbolla behoort, waartydens meer as 30 mense omgekom…
19 Sep 9AM 1 min