210 000 Sassa-begunstigdes verklaar nie ander inkomste nie

Loading player...
Die Suid Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid sê 'n hersiening in samewerking met geregistreerde kredietburo's het 210 000 begunstigdes geïdentifiseer wat versuim het om ander inkomste te verklaar. Die hoof- uitvoerende beampte, Themba Matlou sê dit skend die Wet op Maatskaplike Bystand, wat tot opskortings of beëindigings van voordele kan lei wat moontlik die herwinning van oorbetaalde fondse insluit. Hy sê die hersieningsproses wil verseker dat slegs geldige ontvangers ondersteuning kry, dat openbare fondse beskerm word, en dat die integriteit van die stelsel behoue bly:
15 Jul 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onderwysaktivis kap stygende privaatskool-fondse

Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê privaat skole se stygende skoolfondse bedreig toegang tot gehalte-onderwys. Hy sê sommige skole kos nou meer as 400 000 Suid-Afrikaanse rand per leerder per jaar. Makaneta sê die styging is hoër as inflasie en plaas druk op huishoudings, sluit ouers uit en vererger ongelykheid. Hy…
5 Jan 7AM 1 min

Bafana moet hul regruk voor Wêreldbeker: kaptein

Sokker: Bafana Bafana se kaptein, Ronwen Williams, sê hy is teleurgesteld omdat hulle nie hul doelwit bereik het in die Afrikabekertoernooi nie. Suid-Afrika het gister in Marokko 2-1 teen die vyfmalige kampioen, Kameroen, verloor in die ronde van 16. Williams sê hulle het nie hul bes gedoen nie, en hulle…
5 Jan 7AM 1 min

Cosatu veroordeel VSA-aanval op Venezuela

Die vakverbond Cosatu sê Amerika se aanval op Venezuela is ʼn regstreekse aanval op die regte en soewereiniteit van alle mense, veral in die Globale Suide. Amerika het die Venezolaanse president, Nicolás Maduro en sy vrou, Cilia Flores, die naweek in hegtenis geneem. Cosatu se internasionale sekretaris, Bongani Masuku, sê…
5 Jan 5AM 1 min

Gaza hongersnood afgeweer maar dinge is steeds bedroef

Terwyl hongersnood in Gaza vir nou afgeweer is, groei die behoeftes van inwoners vinniger as wat hulp kan inkom. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres sê meer oorgange, die opheffing van beperkings op kritieke items, die verwydering van burokrasie, veilige roetes binne Gaza, volgehoue befondsing en onbelemmerde toegang dringend nodig…
5 Jan 5AM 1 min

DBV gee oorsig oor Kerstyd, Nuwe Jaar

Troeteldiere loop jaarliks deur tydens die feestyd, agter gelaat deur mense wat op vakansie gaan. Dan is daar die Oujaarsvieringe wat vuurwerke insluit. Die DBV sê daar is diere-eienaars wat steeds na hulle vermiste diere soek. Kosmos 94.1 Nuus het met Sylvia Breitenstein, die operasionele direkteur van die DBV gepraat…
5 Jan 5AM 1 min