16 Dae van Aktivisme herinner ons: Bewustheid is die beginpunt. Wat gebeur stil-stil in jou verhouding?

Loading player...
Wanneer iemand wat jy liefhet vasgevang is in mede-afhanklikheid, kan dit maklik voel asof jy hulle nie kan help nie. Ware hulp begin egter by jou eie bewustheid en genesing. Deur eerlik na jou eie rolle en patrone te kyk, leer jy hoe om grense te stel, te ondersteun sonder om op te offer, en ander te lei na gesonder maniere van leef en liefhê. Hierdie gesprek is vir almal wat wil verstaan hoe ons onsself en ander kan help om uit die siklus van pyn en afhanklikheid te breek.
27 Nov Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

Hoekom ons oor en oor baklei

Ons ondersoek hoekom paartjies vasval in dieselfde argumente en wat werklik agter die herhalende konflikte lê – plus praktiese maniere om die siklus te breek.
4 Dec 9 min

Godsdiens in 'n verhouding

Hoe kies ons om ons geloof in 'n verhouding te navigeer? Madeleen en Pulane bespreek die neem van moeilike besluite, die respekteer van mekaar en die aangaan van kompromieë, veral met die toekoms en die grootmaak van kinders in gedagte.
20 Nov 6 min

Om met deernis op te breek

Om met iemand uitmekaar te gaan is nooit maklik nie. Dit maak seer. Die ander kant is ook nooit maklik nie. Niemand wil op breek nie, maar soms besluit mense hierdie verhouding werk nie meer vir hulle nie. Om self met iemand op te breek is ook moeilik. Madeleen Steenkamp…
6 Nov 8 min

Hoe hanteer ons hartseer en 'n verhouding wat eindig?

Statistiek toon dat 15% van verhoudings 'suksesvol' is, wat beteken dat daar 'n 85% kans is dat 'n verhouding in 'n gebroke hart kan eindig. Dit beteken nie dat ons nie 'n kans op liefde moet waag nie, ons moet, want dit is die mooiste ding. Maar hoe hanteer ons…
25 Sep 7 min

Hoe beïnvloed kindertrauma 'n verhouding?

Kindertrauma is bagasie wanneer dit in 'n verhouding ingedra word. Verhoudings hou 'n spieël op en daarom kan ou trauma weer opduik hoe beter jy iemand leer ken. Om dit te hanteer en te erken, kan jou verhouding help groei.
28 Aug 10 min