Wat is die perfekte hoeveelheid intimiteit?

Loading player...
Pulane en Madeleen gesels oor 'n onderwerp wat party paartjies kan gryshare gee, as hul nie hul maat se spesifieke behoeftes in ag neem nie.
Hoeveel intimiteit is die regte hoeveelheid? Wanneer is dit te veel of te min?
Kom luister saam en leer meer op hierdie "Truth Thursday" praatjie.
23 Apr Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

'n Opvolg vraag oor intimiteit neem 'n interesante draai...

Na die vorige gesprek met Madeleen Steenkamp, het 'n luisteraar se vraag ingekom: Die raad is gevolg, hul het gepraat en 'n middeweg gevind... maar hoe nou gemaak as die 1 maat dan nie by die beplanning wil hou nie? Pulane en Madeleen se gesprek neem dan ook 'n dieper…
6 Jul 13 min

Ervaar jy geaardheidsveranderinge tydens familiebyeenkomste?

Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp bespreek 'n vraag wat vanaf 'n luisteraar ingekom het. Hoe gemaak as jou lewensmaat skielik snaaks, ongeskik, of buite karakter optree gedurende familiebyeenkomste? Hoe benader jy so 'n gesprek met jou maat, om seker te maak jy verstaan dalk die rede agter dit.
3 Jul 9 min

'Workaholic' op vakansie... hoe nou gemaak?

Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein, antwoord die vraag: Hoe gemaak as jou maat aanhou werk wanneer jul met vakansie gaan. Sy verduidelik hoe belangrik dit is dat jy nie aanvallend moet wees as jy met jou maat daaroor praat nie, maar moet kom met 'n plan en met die…
2 Jul 8 min

Wie dra die broek in die verhouding?

Die 1 wat wel die broek dra, moet daardie eer en voorreg verdien deur 'n goeie leier te wees, en nie 'n diktator wat alles op almal wil afdwing nie. Dalk is dit nodig dat daar meer as 1 broek in die huis gedra word, afhangend van watter sterkpunte elke…
5 Jun 9 min

Wat is liefde vir jou?

Madeleen Steenkamp, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein, raak vandag aan die hartsnare met haar gesprek oor: Wat is liefde? Hoe jy liefde ervaar, kan heeltemal verskil van jou maat se behoeftes. En as daardie "gee-en-neem"-verhouding nie gebalanseerd is nie, gaan een van die maats afgeskeep voel en nie geliefd voel…
4 Jun 8 min