Aidan Kade praat oor "Hoor Jy My?" 'n Kreet wat gehoor wil word

Loading player...
In 'n eerlike gesprek by die radiotafel vertel Aidan Kade van die storie agter haar nuwe enkelsnit "Hoor Jy My?" 'n diep persoonlike alternatiewe Afrikaanse lied wat kwesbaarheid, selfgelding en die stryd om jou stem te laat tel, verken. Die snit, wat op 19 Junie 2026 vrygestel is, meng alternatiewe pop met elektroniese atmosfeer en organiese klanke, en is vervaardig deur Kyle Botha by Son Studios. Aidan deel ook hoe die lied spruit uit gevoelens van ongehoord wees in beide die musiekbedryf en 'n vorige verhouding "’n gehuil, ’n fluister en ’n brul alles tegelyk.
2 Jul English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

Roux Cloete steek die vuur aan met splinternuwe enkelsnit "ZIPPO"

Na jare agter die skerms as die pen agter Afrikaanse treffers soos "Tekkies Brand" en "Haar Naam Was Somer", tree Roux Cloete nou self in die kollig met "ZIPPO" 'n nostalgiese blik op 'n liefde wat nooit heeltemal uitgewerk het nie. In hierdie onderhoud gesels hy oor die verhaal agter…
13 Oct 7 min

Dian Roux groet die pyn met nuwe enkelsnit "Groet"

Dian Roux is terug met "Groet", 'n eerlike afskeidslied oor die oomblik wanneer liefde alleen nie meer genoeg is nie. Die lied neem luisteraars na daardie stil plek na 'n verhouding se breekpunt, 'n woonstel vol herinneringe, reën teen die venster en die drang om iemand te bel. "Groet" het…
24 Sep 7 min

Sentiment se Regardt oor 'Ek Wil Jou Sien'

Ek het met Regardt van Sentiment gesels oor hul debuut-enkelsnit, Ek Wil Jou Sien. 'n Liedjie oor daardie een persoon vir wie jy enigiets sal doen net om te sien. Die Afrikaanse rockgroep bestaan uit Jako Meyer (sang) en Regardt Scheepers (kitaar), met 'n klank vol groot kore en emosie…
15 Sep 7 min