
Twee geliefde gesigte groet Diepe Waters: Jean Henry en Altus Theart se laaste draaie
Loading player...
Hierdie week neem twee bekende Boskruin-inwoners afskeid. Jean Henry (Arno) maak Woensdag 23 September sy finale verskyning, terwyl Altus Theart (Rossouw) Donderdag 24 September sy laaste buiging maak. Albei karakters verlaat die dorp onder heel verskillende omstandighede, Arno ná die ineenstorting van sy huwelik met Karla, en Rossouw wat die rekenmeesterstafel vir die dansvloer in Kaapstad verruil. Jean Henry gesels oor sy karakter se hartseer reis en sy afskeidsboodskap aan kykers, terwyl Altus Theart terugkyk op sy tyd as Rossouw Swarts. Moenie die laaste hoofstukke misloop nie.

